Eeue gelede het koning Ahasveros vir ‘n hele week lank ‘n groot partytjie gehou en sy hele dorpie, Susan, se mans trakteer vir ‘n hele week, terwyl koningin Vasti weer die dames bederf het in die paleis.
By die mans het dinge lekker geraak, die soppies het gevloei, terwyl die koning lekker gespog het met al sy rykdom.
Toe kry hy ‘n blink plan: Dis tyd om te spog met sy baie mooi vrou!
Maar sy voel, aikona, dit gaan nie só werk nie. Sy gaan haar nie deur ‘n dronk man laat hiet en gebied nie, selfs nie eers as hy die koning is nie!
Die koning was in sy eer gekrenk. Kyk, mens kan suip soveel jy wil, maar jy word nie deur ‘n vrou verontagsaam nie!
Nou ja, dit was eeue gelede. Vroue het nie teen hulle mans opgestaan nie, veral nie in die openbaar nie. Sy het haar man verneder, selfs al sou dit uiters vernederend vir haar wees om voor die dronk spul te verskyn.
Nou wonder ek sommer, sou dit vandag wees, wat sou die regte optrede wees? Sou sy dit dalk een keer toelaat sodat hy nie verneder word nie, maar op die regte oomblik dit met hom bespreek en sê, ‘Nooit weer nie’? Of is die regte manier om hom totaal te ignoreer? Of sal sy elke keer moes gaan paradeer?
Wat is die regte manier in die 21e eeu waar vroue EN mans veronderstel is om waarde te hê? Waar ons veronderstel is om mekaar en ons huwelike te respekteer?
Ja, die koning het beslis buite perke opgetree. Ek en jy tree ook soms buite perke op. Maar hoe hanteer ons dit sodat beide beter aan die ander kant uitkom? Sodat ons huwelike staande kan bly?
(Lees die verhaal in die Bybelboek, Ester.)
Groetnis
Toortsie
Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page
Toortsie se Facebook page
Finesse Blogger of the week
Finesse: Toe kom die lorrie
Toortsie by Pinterest
Dit is maklik om te “preek”
– hy moes in die 1ste plek nie te veel gedrink het nie
– sy vrou is nie sy besitting nie
– hy maak n bespotting van homself en van haar
maar ai ons almal val… in sy dronkenskap onthou hy van sy MOOI vrou en wil met haar SPOG
Ek het al geleer mens redineer nie met n dronk man nie, praat eers die volgende oggend.
Ek het al geleer haal jouself uit die situasie uit en stap weg, moeilike een want as jy wegstap sal jy nie weet wat hy alles se en doen in sy dronkenskap nie…
Respek sal ek se… vir jouself en vir die ander person.
Vra vir vergifnis en sorg dat dit nie weer gebeur nie.
Leer iets daaruit.
LikeLiked by 2 people
Sjoe! Watter goeie raad!
LikeLike
Ek glo ook dat respekte die gom is wat ‘n huwelik aanmekaar hou.
LikeLiked by 1 person
Ek gaan vanaand lekker by jou lees.
LikeLike
Mooi beskrywing van die paartie en ook ‘n interessante vraag. Ek gaan nie hierdie een probeer antwoord nie, want my haat vir dronkenskap lê diep gewortel. Ek het geen idee hoe ek (veral hier op my oudag) beheer sal hou oor my humeur nie. Dink jy ook ‘n mens tree soms onbedagsaam op vanweë “bagasie” uit jou verlede?
LikeLiked by 1 person
Ons tree beslis op danksy gebeure uit ons verlede. Ek lees nou hierdie fantastiese boek, ‘Taste Life, healing the wounded’ deur Francois Mostert.
Ons ontwilkkel beskermingsmeganismes en begin goed van jouself en ander mense en ook omstandighede glo wat nie altyd heeltemal reg en bevrydend is nie en ons op die lang duur strem.
LikeLiked by 1 person
Dit kan jy weer sê; die lewe slaan ‘n mens hard in sekere opsigte, maar jy leer ook nie altyd die regte les uit die ervaringe nie. Wel, ons probeer darem.
LikeLiked by 1 person
O ja ons probeer. En die les help jou dalk oorleef op daardie stadium, maar in die proses begin jy leuens glo soos dat jy nie goed genoeg is nie.
LikeLiked by 1 person
Mmm, die drinkende persoon, byvoorbeeld, glo nooit dat hy/sy enige skuld het aan die ongelukkige atmosfeer nie – hulle blameer hulle naaste vir alles. Ja, en dan begin jy later glo dat jy dalk die oorsaak is daarvan dat die persoon eerder aan ‘n bottel vasklou as aan familie en vriende. Ek glo dit geld ook in die geval van egbreuk, fisiese aanranding, verslawing aan dobbel, ens. Ek reageer nie goed in sulke omstandighede nie.
LikeLiked by 1 person
Hiermee praat ek nie alkoholisme goed nie. Die probleem is dat die alkoholis nie beheer het oor sy drinkgewoontes nie tensy hy totaal stop met alkohol inneem. Die alkohol neem die beheer oor.
Alkoholiste is gewoonlik ook nie slegte mense nie. Dit het hierdie koning ook bewys deur later vir Esther en die Jode goed te wees.
Maar dat alkoholisme geweldige skade doen kan nooit wegredeneer word nie. Gesinne ly daaronder. Dis ‘n verskriklike siekte. Soos jy skryf, die ander persoon ontwikkel later sielkundige probleme van glo dat hy altyd verkeerd is.
En ja, die alkoholis is nooit verkeerd nie en het altyd ‘n grondige rede hoekom hy drink.
Dis oraait dat jy nie in sulke omstandighede goed reageer nie. M
LikeLiked by 1 person
Sy het te veel respek vir haarself gehad…. en ek haal my hoed vir haar af…. want dit kon haar haar lewe gekos het. Nie ‘n manier waarop ek myself voor dronk mans gaan paradeer om my gesuipte man te behaag nie. Die volgende dag praat die drank nie meer nie en ek glo jou man sal meer respek vir jou hê.
LikeLiked by 2 people
Jaaa. Maar in daai dae het dit haar koninginskap gekos.
LikeLiked by 1 person
Ons sal nie weet hoe sy daarna gevoel het nie… maar sy het haar selfrespek behou en kon haar kop ophou. Dit is juis dat dit in daardie dae was waar ‘n vrou absoluut onderdanig moes wees wat hierdie verhaal so opbouend maak.
LikeLiked by 1 person
In die Bybel klink dit bietjie anders. Sy was voorbok tot ononderdanigheid!
LikeLiked by 1 person
Omtrent 486 vC
LikeLike
Ek het dit ook met respek gelees. Hoeveel moed sou dit nie gekos het nie?
LikeLiked by 1 person
En sou jy hierdie storie reverse dink ek daar gaan ‘n tyd kom wat ons voor dieselfde keuse gestel gaan word. Gaan ons vir ons hemelse Bruidegom opstaan voor ‘n dronkgesuipte wêreld van goddeloosheid; al kan dit jou lewe kos… of gaan jy Hom verloën?
LikeLiked by 1 person
Oee ek bid baie vir daardie dag, dat my ruggraat sterk genoeg sal wees om die beste keuse te maak. Ek vertrou die HG sal dan op Sy pos wees en my help!
LikeLiked by 1 person
When you are arrested, don’t worry about how to respond or what to say. God will give you the right words at the right time.
Die Heilige Gees sal op Sy pos wees.
LikeLiked by 1 person
Ekglo dit met my hele hart.
LikeLike
Ek glo natuurlik die hele probl van onderdanigheid het net mooi hier gekom. Dit staan nie in d skeppingsplan nie en nerens lees jy daarvan nie totdat ou Ahasveros so in sy eer gekrenk was dat hy ‘n wet gemaak het wat in alle tale en alle lande uitgevaardig moes word. Hierdie wet het beveel dat vroue aan hulle mans onderdanig moet wees. En daar het eeue verbygegaan van onderdrukking. Ons moes selfs voor die preekstoel beloof om aan ons mans onderdanig te wees – en dit alles agv ‘n gekrenkte manlike ego van ‘n heidense koning.
LikeLike
Sien jy nou! ☹️ Is ek nou sommer van voor af kwaad! 😟
LikeLike
Nie vir jou nie! Vir die simpel koning en sy ego!
LikeLiked by 1 person
Ha ha! ek het dit darem so verstaan, liewe ou Toortsie!
LikeLike
🤡
LikeLike
😤
LikeLike
ja, kan jy glo dat die wereld so deur die ou beinvloed is!
LikeLiked by 1 person
Hy was darem goed vir Esther!
LikeLike
ja, maar sy hetmos geweet hoe om hom te benader.
LikeLike
Dit het haar duur te staan gekom.
LikeLike
O Esther. Sy het gemaak soos hy sê.
LikeLike
Hie-hie. Dis ‘n taai een hierdie, seegogga! Ek weet in die skeppingsverhaal was Eva geskape as die man se HULP, iemand wat hom moes bystaan. (Dis hoekom ek altyd sê;”‘n man sonder ‘n vrou wat hom komplimenteer, is voorwaar ‘n kaal…vaal…paal”)
LikeLiked by 2 people
Oee ek geniet vandag al die kommentare! En so uiteenlopend soos dit is, stem ek met almal saam!
LikeLiked by 1 person
Toortsie, hier vra jy nou ń ander ‘dink”. Ek het nie die ander kommentare gelees nie, liewer nie. As dit ek was: Ek weet wie en wat my man is. Ek ken sy swakhede. Ek weet hoe om hom te manipuleer, wat en wanneer om wat te sê en te doen om hom tevrede en rustig te kry. Hom goed oor homself voor sy vriende te laat voel. Ek is slim, want ek is ń vrou. Sy vrou. Soms doen ek net. Vir vredes onthalwe. Maar ek baat ook daarby. Ek ken my perke. Ek weet hoe ver om te gaan, vir hom. Maar ook vir myself. Dit is vir my lekker as sy vriende ‘goed’ van hom dink. Ek baat ook daarby. Dalk slinks? Wat daarvan. Punt is, ek het ń verstand, en ek gebruik hom. Soms sit ek emosies bietjie eenkant en tree net op. En eerlik, meeste van die tyd werk dit alle kante toe uit. Dit was my keuse, en ek het self besluit.
LikeLiked by 1 person
Ek dink jy is ‘n goeie vrou! Staan soms terug, ander keer wanneer die tyd reg is, praat jy jou hart uit. 🙂 En jou huwelik is steeds heel. Xx
LikeLiked by 1 person
Partykeer amper nie!!! Maar mens leer uit ondervinding.
LikeLike
Ons almal doen maar so! 😊
LikeLiked by 1 person
Aagwat, ek dink Ahasveros was ook in God se doel en plan, anders sou Ester nooit haar volk kon verlos het nie. Drank bly egter ‘n euwel.
LikeLiked by 1 person
Absoluut.
LikeLiked by 1 person
Iets ligs en sommer net. Jare gelede kry ek n staffie persent en met die naam gee tyd, spring hierdie einste verhaal in my kop en net daar besluit ek haar naam sal Vasti wees. Sy sal trots wees, nie bang nie en nie buig voor n lawwe man nie
LikeLiked by 1 person
Oulik! 😁
LikeLike