En jou ore?

My barmhartigheid teenoor die twee rottweilers op hierdie erf het gemaak dat ek noual sewe maande met verrekte spiere in my regterarm loop. Seer is nie ‘n sterk genoeg woord vir die pyn nie. Ek moes leer om linksom te werk – wat nogal ‘n groot aanpassing was. Dit is wonderlik wat ‘n mens kan regkry as jy moet. Met ons terugkeer van die Suidkus af is ek fisio toe met die vaste geloof dat hy ‘n wonderwerk gaan verrig. Dit blyk toe nie die geval te wees nie, en teen alle teenkanting van my kant af is ek dokter toe gestuur vir ‘n voorskrif vir anti-inflammatoriese middels. My dokter weet my liggaam en anti-inflammatoriese middels is aardsvyande, maar as teengif skryf hy medikasie voor wat my maagwande teen alle aanvalle sal beskerm. Vyf dae later en my maag is fyn maar die visie in my linkeroog is vaag. Nog ‘n paar ure en die linkerkant van my lyf is lam. Hospitaal is my voorland.

Drie ure in ongevalle en na scans, x-strale, ‘n EKG, en bloedtoetse krap die dokter sy kop en gaan bel ‘n neuroloog. Ek word in die hospitaal opgeneem. Mag ek sê; ek ‘het groot geskrik toe ek sien die neurologiese afdeling is soos ‘n tronk – jy kannie net daar inloop nie. Die drie vrouens in die saal waar hulle my ingestoot het, het nie my gemoedstoestand verbeter nie. Inteendeel!!! Daardie nag slaap ek so te sê niks – en nie net oor die verpleegster wat kort-kort observasie kom doen nie.

Die volgende oggend is een groot warboel van bedrywigheid. Dan word ek bed en al gehaal om my arm te laat x-ray. Dan word ek na ‘n ander afdeling toe gestuur om my kop in ‘n drom te druk. Dan word my arm gescan, dan word my hart gescan, dan word my are gescan, weer ‘n EKG gedoen. En tussendeur trek hulle buise en buise bloed, en prik my vingers kort-kort om my suiker te toets. Na middagete raak dit rustiger en ek sug verlig. Maar nie lank nie of ‘n swartman daag daar op met ‘n rystoel. “Not again,” roep ek uit, “Surely there is nothing more that they can test.” Hy lag breed, “you are going for a mri scan,” en met die woorde help hy my van die bed af. Amper in die rystoel of ek kry ‘n oorweldigende begeerte om my bril – wat ek tot dusvêr oral saam gekarring het – af te haal. Ek sit my bril op die bedkassie neer en daar gaan ons gang af.

By my bestemming aangekom word ek vriendelik gegroet en gevra om ‘n vorm in te vul. Pen in die hand staar ek na die papier hier voor my, – sonder my bril is dit ‘n onbegonne taak. Op daardie oomblik stap een van die staf verby en vra of sy my kan help. Dankbaar oorhandig ek die vorm aan haar. Haar eerste vraag aan my is, “Het jy enige metaal in jou liggaam?” waarop ek dadelik “nee” antwoord. “Is jy baie seker, geen operasies waar metaal by betrokke was nie?” Weer antwoord ek “nee.” Sy kyk na my asof sy iets weet wat ek nie weet nie, en vra, “Jou ore?” “O ja, die stiebeueltjies in my ore is dertig jaar gelede vervang” met been soos ek geglo het, maar dit sê ek nie hardop nie. “Wag, ek gaan gou vir dokter roep,” en met diè woorde verdwyn sy deur die dubbeldeure. Die dokter vra vrae, en toe moet ek hoor dat ek onder geen omstandighede ‘n mri scan mag kry nie. “Dit is metaal wat jy in jou ore het,” sê hy, “het jy daar ingegaan het jy doof uitgekom.” Ek luister geskok na hom en besef as ek my bril opgehad het sou ek self daardie vorm ingevul, en verkeerde inligting weergegee het.

Met ‘n dankbare hart keer ek terug saal toe, maar is nogsteeds verwonderd oor die dame wat my so direk oor my ore uitgevra het. Dit was asof sy iets omtrent my ore geweet het wat ek lankal vergeet het. Toe Ken die middag kom kuier gaan die lig vir my aan. Hy vertel ons skoondogter het diè oggend voor die stoof staan en bid toe ‘n benoude gevoel haar oorweldig. Sy het ons vyftienjarige kleindogter geroep om saam met haar in te treë in gebed. “Ouma is going to be fine,” het sy gesê, “but we need to pray for the doctors and the staff for insight and wisdom; they are going to need it.” En God het geantwoord.

 

 

 

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

21 Responses to En jou ore?

  1. travel460 sê:

    Ag Kameel, dit is ń pragtige getuienis jong. Ons Vader is so getrou! Hoe gaan dit nou met jou arm? Ek sukkel nou al ń jaar lank met myne. X trale en scan kon niks kry nie. So nou ploeter ek maar aan, en besef ek oorbeskerm die arm.

    Liked by 2 people

    • Kameel sê:

      Die arm is al baie beter maar nog vêr van reg. ‘n Spesialis het vir my skoonseun wat ook spierbesering in skouer en arm opgedoen het gesê dit kan tot ‘n jaar vat voordat hy pynloos en sy arm weer volkome bruikbaar is. Oorbeskerming is blykbaar nie goed nie.

      Like

  2. Ons dien n amazing God en dankie dat jou dogter gehoorsaam was. Ons mis so maklik n ding omdat ons nie luister nie. Hallelujah!!!!! Hoop die arm kom gou reg.

    Liked by 1 person

  3. Sjoe en hier wonder ek heeltyd waarom jy so skaars is. Baie bly jy is beter.

    Liked by 1 person

  4. EkWasHier sê:

    Hoop alles gaan nou goed, dink aan jou

    Liked by 1 person

  5. Dis nou gemengde gevoelens: bly om van jou te hoor maar spyt dat jy moes hospitaal toe! Sterkte en beterskap vir jou.

    Liked by 1 person

  6. Ilse Watson sê:

    Ag wonderlik. Spoedige beterskap.

    Like

  7. ekmyselff sê:

    Bly jy is beter – hoop jy herstel vining. Dinge gebeur soos dit moet en glad nie sonder toeval nie.

    Liked by 1 person

  8. BB sê:

    Toorts, ek het ‘n paar jaar gelede my arm (skouer) seergemaak – op daardie stadium het ek gedink dat maar net moontlik ‘n spier verrek het. En ja, toe begin met daardie ‘oorbeskerming’. Solank ek niks swaar opgetel het of bokant my kop moes vat het als goed gegaan. En boonop het ek ook gedink dié eina sal homself uitsort… tot groot onsteltenis van Helgard wat maande lank gekik en kerm het dat ek moet dr toe. Toe nie.
    Uiteindelik het daardie spiertjie wat seergekry het ‘n jaar vroeër blykbaar soos ‘n ou denim begin skeur; elke dan en wan nog ‘n bietjie meer.
    Lank storie kort: ek het uiteindelik ‘n jaar later ‘n hegtingsoperasie laat doen. Die volle genesing het amper nog ‘n jaar gevat. (ek kon vir maande lank nie eers my regterhand hoog genoeg oplig om selfs make-up aan te sit nie – die linker het toe maar moes slim raak).
    Probleem met ‘n skouer is juis dat ons in staat is om die pyn te beheer deur so min as moontlik klein en groot motoriese beweging en hom so teen ons lywe begin ‘hug’ (soos jy verwys na ‘oorbeskerming’).
    Laat dit regmaak. Daar is nie pille vir hardeg@tgeid nie :mrgreen:

    Liked by 1 person

    • Kameel sê:

      Moet eers sê dit is nie Toorts nie maar Kameel wat hier geskryf het. 🙂 Ek sal kyk hoe die arm hom in die toekoms gedra…. hy is darem baie meer beweeglik as voorheen. Ek weet van daardie gesukkel om jou gesig ‘n bietjie mooi te maak 😦 Dankie vir belangstelling. 🙂

      Like

  9. Gewonder waar jy was kameel, lyk my “kameel” is deur die woestyn en “spokie sny spoor” het ook haar spoor weer gevind. lekker skryf

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s