Toortsie se Toeka Tokkel oor Vuurwerke

In opdrag van Scrapydo.

Ons het ‘n lewendige gesin, ‘n vurige een, vuurwerke is nie ‘n heel vreemde konsep in ons huis nie. Genadiglik gaan die vuurwerke weer oor ook en kan ‘n mens weer asemhaal daarná en die lewe weer normaal verloop. Die vuurwerke is oor en verby.

Tog het ek ook al ervaar hoe ‘n oorlog dreig, en dreig en dreig, daar nie eintlik vuurwerke kom nie, dis eerder ‘n koue oorlog oor dae en weke en maande en sou daar wel ‘n ontploffing wees, die kouete aangaan en aangaan … dis genoeg om enige iemand te versmoor.

Watter een die beste is, weet ek nie, maar ek sal gek word in ‘n koue oorlog situasie. Totaal gek. Dis demoraliserend. Gee maar vir my die vuurwerke wat ontplof dat die krisis kan uitwoed en die lewe kan aangaan. Onthou, ‘n koue oorlog is nie ‘vrede’ nie.

Die ánder vuurwerke is Nuwejaar se vuurwerke. ‘n Klapper kan ek nie vat nie, van kinderdae af al nie. Ek word g a t v o l vir die bure se kinders wat al op oukersaand begin klappers skiet tot omtrent op 8 Januarie en my hond die hele tyd in ‘n angstoestand het. Net sodra sy weer rustig is, dan is daar weer een of ander kind wat ‘n klapper te veel het. Ek het al lankal geleer dat dit nie help om met hulle te probeer praat nie, dis soos olie op die vuur. Tog het ek een keer behoorlik ontplof … gaan lees maar daar. En het jy nie raad met die rasers langs jou op oujaarsnag nie, lees maar hier.

Tog is dit nou al ‘n jarelange instelling dat ons oujaarsaand saam met sekere vriende braai, ons braai al sedert ons universiteitsjare saam op oujaarsaand. Dan, so van kwart voor 12 af kyk ons die ‘vuurwerke’. Sommige jare voel ek dis net ‘n spul rook en geraas, maar party jare is dit pragtig en word daar regtig uitsonderlike vuurwerke afgeskiet.

Die nuwejaar wat egter vir my uitstaan, was toe ons in Perth was op nuwejaar. Daar was ‘n ordentlike vuurwerkvertoning soos net ‘n wêreldstad dit kan doen, nie sommer net ‘n klomp mense wat almal hulle eie vuurwerke afskiet soos wat hulle lus het nie. Wat ‘n belewenis!

Sterkte met al die vuurwerke!

Groetnis

Toorts

Toortsie @ Finesse https://www.voelgoed.co.za/blog/blomme-van-geluk

Toortsie @ Finesse https://www.voelgoed.co.za/blog/n-beter-jy

Toortsie se Faceboekblad

Toortsie by Finesse:

Capture

 

 

20 thoughts on “Toortsie se Toeka Tokkel oor Vuurwerke

  1. Ons kry darem nie te veel vuurwerke in die voorstede nie, daar is heelwat georganiseerde vuurwerke. Sydney se nuwejaarsvuurwerke is seker die beste in die land. Ons kyk dit altyd op TV. Baie geluk met die Finesse insluiting van jou blog!

    Like

  2. Hier het hul ook georganinseerde vuurwerke. In Wellington word dit in die hawe gedoen. Die water gee nog n ekstra effek daaraan. Ek haat ook die “back yard blasters” wat alles wat hond en kat bang maak. Dankie vir jou deelneem. Lyk of net jy vuurwerke het. (Ek toets net my link. As hy nie werk nie haal hom asb uit as jy nie omgee nie. ) I scrap 2

    Like

Gesels saam, asseblief!