Oupas en oumas en kleinkinders

Elke keer wat die kleinkinders vir my kom kuier, is vir my ‘n spesiale geleentheid, veral as hulle alleen by my kom kuier, sonder hulle ouers. Dan los ek alles en gee my volle aandag net aan hulle. Ons speel, ons lag, ons is verspot, ons kruip, ons rol, ons spring, ons sit stil, ons geniet elke oomblik saam.

Ek het in verlede week ‘n baie spesiale geleentheid bygewoon. Bredasdorp se Boerevereniging het hulle pa’s en oupas vereer. Dr Roelof Botha, ekonoom, was die gasspreker. Voordat hy ‘n baie insiggewende toespraak oor die ekonomie van die land gemaak het, het hy ernstig gepraat oor die belangrikheid van die verhouding van pa’s en kinders, en ook oupas en kinders, dat ons ouers so ‘n uiters groot invloed op ons lewens het.

Toe my kleinkinders Saterdag by my kuier en ons vir mekaar drukkies gee, mekaar in die oë kyk, kliphard lag uit ons maag uit, sorgvry speel, beaam ek net dit in my hart. Dit is waarvoor oupas en oumas daar is. Soms sommer net om ‘n uitlaatklep vir die kinders te wees. Oupas en oumas is nie daar om die kinders te dissiplineer nie, dis die ouers se werk, tensy die kinders permanent in die oupas en oumas se sorg is. Natuurlik moet oupas en oumas nie die kinders só bederf dat die ouers moedeloos raak nie, maar saam met die oupas en oumas ervaar die kinders sommer net aandag en liefde en toegee en ‘toemaar dis okay’, wat hulle so nodig het.

Ek onthou toe ekself nog kinders moes grootmaak. Jy is so verskriklik besig om te werk en kinders groot te maak en huis te hou en wat nog alles, daar is nie altyd tyd vir sommer net tyd saam spandeer vir die lekker nie. Alles moet net gebeur en dit moet reg gebeur en die kinders moet opgevoed word en reg opgevoed word en gedissiplineer word. Dit is ook reg so. Dis hoe dit moet wees. Ons moet ons kinders goed en reg opvoed.

Op ‘n ander manier leer die grootouers vir die kinders familiewaardes, lewenslesse, laat hulle hulle ook voel of hulle behoort. Dit het onskatbare waarde. Veral in vandag se besige tye waar kinders al vroeër moet begin skool toe gaan, wat die lewe ‘n gejaag is, raak die interaksie met die oupas en oumas net nóg belangriker.

Dankie vir ouers wat hulle kinders dit gun om by die oupas en oumas te kuier.

Toortsie

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Ouerskap en ouerleiding. Bookmark the permalink.

9 Responses to Oupas en oumas en kleinkinders

  1. Dis so waar…goed geskryf,Toortsie.

    Like

  2. Dis so waar. Ek het my grootouers nie geken nie en was altyd jaloers op die ander kinders se oumas en oupas.

    Like

    • Toortsie sê:

      My oumas was al baie oud toe ek nog klein was, oupas reeds oorlede. So ons het saam sit en hekel. Nie vreeslik baljaar nie. Maar daar is goed wat ek nou nog op ‘n sekere manier doen danksy my ouma.

      Liked by 1 person

  3. Kleinkinders oftewel “kindskinders” is die grootste genade en maak die ouderdom leefbaar.

    Like

  4. Só waar! Wens ek kon ons lyfie elke dag net ‘n stywe Oumadrukkie gee! Vir eers, is die “high five” wat ek op FaceTime kry darem daar…..tot ons weer saamkuier! Eersdaags!!

    Like

  5. Dis baie waar. Ek is baie dankbaar dat ons kinders hulle oupas en oumas goed kon leer ken voor ons so ver weggetrek het. Nou sien hulle mekaar maar elke paar jaar, wat vir die oupas en oumas en die kleinkinders baie swaar is. Dis maar die prys wat ons betaal vir die keuse wat ons gemaak het.

    Like

  6. Kameel sê:

    Dit is ‘n anderste liefde wat ‘n mens vir jou kleinkinders het. My grootouers se belegging in my lewe is van onskatbare waarde.

    Like

  7. Ja ek sien hoeveel vreugde die kuiers verskaf.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s