Ekstroverte

Ek vermoed ek is ‘n ekstrovert, of ‘n goeie mengsel van ekstrovert en introvert. So dink ek. Dit gaan blykbaar oor waar jy jou energie kry, ekstroverte kry hulle energie van mense, introverte van ander goed. Verstaan ek reg?

Ekstroverte kan soms erg oorweldigend wees, hulle is net oral. Dis vir hulle moeilik om in ‘n klein plekkie stil te sit, iewers moet iets uitborrel.

Ekstroverte kan maklik kommunikeer, hulle gesels sommer met enige persoon, blaker goed uit wat ‘n mens nooit gedink het iemand kan noem nie, hulle is lawwes wat instorm waar engele nie eers sal waag om saggies op hulle tone te loop nie!

Ekstroverte leef die lewe voluit, hulle gryp geleenthede aan, hulle lag hard, praat hard, dit lyk nie of iets hulle kan onderkry nie. Hulle het lewenslus, lewensblyheid. Soms, (dalk gereeld), trap hulle tone raak terwyl hulle deur die lewe dans. Selfs al doen hulle hulle bes om tone mis te trap, kan hulle dit soms nie help om een raak te trap nie, tone is net orals!

Of is dit?

Is ekstroverte altyd gelukkig? Is dit so dat hulle net deur die lewe sweef, dat niks hulle onderkry nie?

Die waarheid is dat ekstroverte ook seerkry, eintlik baie maklik seerkry, dat hulle ook sensitief is, dat onjuisthede teenoor hulle hulle erg raak, al wys hulle dit nie. Baie keer is ‘n ekstrovert bang, is hulle nie so sterk soos hulle voorkom nie, is hulle onseker. Soms verbloem hulle lewensblyheid die seer binne in hulle harte, soms is hulle juis ekstra oorweldigend omdat daar binne iets is wat weggesteek word.  Omdat ekstroverte die lewe so in sy volheid beleef, ervaar hulle pyn en seer ook in sy volheid.

Ekskuus as ek veralgemeen, dis nie die bedoeling nie. Daar is baie uitsonderings op die reël. Hierdie is maar hoe ék dit ervaar. Baie mense wat vertoon as ekstroverte, sal ook baie introverteienskappe in hulle hê.

Groetnis

Toortsie

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Die lewe. Bookmark the permalink.

12 Responses to Ekstroverte

  1. Jy klink na ‘n baie interessante persoon!

    Like

  2. Mmmm ja, ek stem saam, ekstroverte “share” selektief dit wat hulle wil hê ander mense moet weet. Die res bly geraamtes in die kas.

    Like

  3. Kameel sê:

    Ek het een sus ‘n ekstovert, die ander sus ‘n introvert….. dan was daar ek. Soos my ma gesê het die meer gebalanseerde een. Helfte ekstrovert… helfte introvert 😦 Weet nooit watter een gaan vandag sy kop uitsteek nie.

    Like

    • Toortsie sê:

      🙂 Ek wonder tog of ek nie ook maar eerder soos jy is nie. 🙂

      Like

      • Kameel sê:

        Ek het in my twee susters gesien dat ek def anderste is. Die een is ernstig… duld geen verspotheid nie. Rika was weer laggend en jy kon niks ernstig met haar bespreek nie. Ek gesels maklik met mense, kan uit my kassie klim en voluit lewe (mense sê jy hoor my lag nog voordat jy my sien.) Maar dan kan ek netso omdraai en voel hoe alles in my smag na stilte, alleenwees, en diep ernstige dinge. Is dit soos jy ook voel?

        Like

  4. Pixie sê:

    Ek dink ook ek is ‘n mengsel, maar meer ekstrovert as introvert. Ekstrovert is mense wat hulle stimulasie/geluk/energie van die mense om hulle kry, en introvert kry al daardie dinge van binne hulleself. Ek raak depressief as ek te geisoleerd is van mense, maar daar kom ook tye wat ek my spasie nodig het.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s