Seisoen van genade

“Seisoen van genade”, deur Alta Cloete, is die eerste boek in die Seisoen-reeks. Ek het dit tweede gelees, maar eintlik maak dit nie regtig saak nie. Hulle volg nie regtig op mekaar nie, mens herken net soms van die karakters.

 Dis ‘n pragtige liefdesverhaal, maar weer eens, nes Seisoen van Vergifnis, ‘n verhaal met baie meer. Dis maklik om te assosieer met die karakters, hulle is gewone mense, met gewone bagasie wat hulle saamdra, nes ons almal. Onnodige skuldgevoelens wat hul rûe breek. Ken jy daai gevoel, van skuldlas dra vir iets waarvoor jy nié skuldig is nie? Soms het jy dit self opgeneem, soms het ander dit op jou skouers kom plaas.

Hulle verwerk hulle bagasie, en kry baie genade… en deel genade uit.

‘n Pragtige boek wat ek graag sal wil aanbeveel.

Die boek is deel van ‘n reeks. Dit bring my by iets anders. Wanneer ek boeke oor die internet koop, besef ek nie altyd dis deel van ‘n reeks nie. Mens kom dit eers later agter. Ek wens nogals dat dit so aangeteken kan word by die boekbeskrywings, sodat ‘n mens die reeks in die regte volgorde kan lees. Bv. Watter boek volg op Seisoen van Vergifnis?  (Dis nie bedoel as kritiek nie, ek voel dit by baie skrywers wie se boeke op mekaar volg.)

Intussen, lekker lees. Op Pinterest lys ek al die boeke waaroor ek al geskryf het. Kliek daarop en jy kom by die bloginskrywing uit. En op ons faceboekblad plak ek skakels na oulike bloginskrywings.

Groete

Toortsie

11 thoughts on “Seisoen van genade

Gesels saam, asseblief!