Hekel die bobbelsteek – tutoriaal

Hierdie tutoriaal is vir linkshandiges,  deur ‘n linkshandige.  Regshandiges kan dit natuurlik ook probeer, maar onthou dis die spieëlbeeld,  dan kan jul sommer voel hoe ons linkshandiges gewoonlik voel!

image

Om ‘n bobbelsteek te maak, hekel jy 4 langbene in ‘n kettingsteekspasie in jou vorige ry.

image

Haal nou die lissie van jou hekelpen af en steek die hekelpen deur die eerste langbeen in die groepie langbene. As jy aan die regte kant van die hekelwerk werk,  steek jy die hekelpen van voor af in. Steek dan die pen ook deur die lissie wat jy van die pen afgehaal het.

image

Trek die lissie deurdie eerste langbeen.

image

Hekel twee kettingsteke en maak ‘n volgende bobbelsteek.

Indien jy aan die verkeerde kant van jou werk hekel,  steek dan die pen van die agterkant af in.

image

image

image

En só lyk die eindproduk:

image

Hoe sal so ‘n bobbelsteekkombersie lyk?

Lekker hekel!
Groete
Toortsie

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Hekelwerk and tagged . Bookmark the permalink.

19 Responses to Hekel die bobbelsteek – tutoriaal

  1. scrapydo2.wordpress.com sê:

    Ek dink dis nogal n ondervinding om links te moet wees! Ek het op n stadium n Indiese vrou gehelp met haar breiwerk. Sy was ook links so ek moes toe vir haar (volgens my) agterstevoor help brei. Sy het baie mooi gebrei. Haar patroon was nogal ingewikkeld maar ons het dit netjies uitgewerk en neergeskryf!

    Like

  2. Kameel sê:

    Dit is baie mooi Toorts….. maar dit is sovêr ek sal gaan. Bewonder ander se hekelwer maar het nooit leer hekel nie. Het vir my dogter nounet ‘n bedmatjie klaar gebrei met t-shirting, en dit is my aandeel aan brei die winter. 🙂

    Liked by 1 person

  3. Terug pieng: Alles wat jy benodig om jou passie vir hekel behoorlik aan te wakker | LAPA Uitgewers

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s