Honeymoon met die Here (4)

 Die volgende dag nooi God my om saam met Hom te gaan stap langs die see. Dit was my laaste dag voor ek moes teruggaan en ek het gewag vir Sy ‘take home’ message. Ek het uitgesien na die dag. Het besef dit gaan ‘n ver stap wees en het my bewapen met ‘n waterbottel, sonblok , ‘n paar sparkles en my handdoek en sarong.

 Die gesprek was eers lig:

 ‘Ek is bly jy kom saam met My vandag My kind.’

 ‘Sjoe Here wat ‘n lieflike dag. Dankie dat ek hier kan wees om net weer my batterye te laai…..’

 En ek sing  ‘I love You Lord, and I lift Your Name….There is none like You….’

‘Dit is lekker as jy vir My sing. Ek hou van jou stem….. En …Ek wil meer vir jou doen as net ‘jou batterye laai!’ – so droogweg sê Hy dit

‘…..SIen jy al die wonderlikhede en die detail van wat Ek  gemaak het: hier op die sand….in die golwe……..in die lug … voel jy die koel wind ….die warm son? Ek’t dit gemaak vir jou. Om te geniet…..Jy is spesiaal vir My.’ – en ek voel gekoester

‘Sjoe Here, dit IS heerlik hier. U ‘t seker geweet ek is mal oor die see, dis hoekom U my hierheen gebring het om te herstel, né?’

‘My kind, Ek weet alles van jou af….. Onthou, Ek het jou gemaak, ja, ook jou liefde vir die see…..Ek het jou versigtig aanmekaar gesit, sodat alles net mooi pas…. Jy is die kroon van my skepping! Ek jou mos al gesê, Ek is so bly Ek het jou gemaak! As Ek na jou kyk, is Ek opgewonde, want Ek sien al jou potensiaal, hoe jy al gegroei het, hoe jy die regte ding probeer doen, al is dit soms op die verkeerde manier…….Maar Ek sien ook jou hartseer en verdriet…’

‘Here, ek is so eensaam in my huwelik. My man gee regtig nie meer vir my om nie ….. of het jare terug al vergeet hoe om dit te wys. Sy liefde vir my is net….opgedroog….En ek het nie meer ‘n maat soos eers toe dit wonderlik was nie. Dis of hy sy rug op my gedraai het en emosioneel van my geskei het…..Ek het al soveel keer probeer praat, briewe geskryf, toenadering gesoek …….maar dit werk nie. Niks wat ek doen verander sy hart nie. Ek kan nie die breuk herstel nie……’

‘Ek weet My kind. Ek weet. Ek sien al vir jare dit wat aangaan. Ek sien jou seer … maar ook syne. Want dis sy seer wat gemaak het dat hy sy rug op jou ….en ook op My draai. Maar dis nie die einde nie, dis net die begin….’

‘Here, maar ek kan nie meer nie. Hoe lank dan nou nog??!’

‘Jy verstaan nie. Dis net die begin van ‘n Nuwe lewe vir jou ……. en vir hom as hy dit sou kies en na My toe kom. Dis ALTYD ‘n nuwe begin as jy na my toe kom …. soos nou. Want by My is daar Hoop en Herstel en Waarheid vir leuens en Troos vir verlies…net by My.

En ja, Ek weet jy’s my kind al van hoërskool af, maar dis tyd dat jy groot word. Want jy’s ‘n pragtige vrou van buite, maar jou verstand en emosies, jou siel, moet nog volwasse word. Terwyl jy arme ekke bly, kan Ek jou nie gebruik nie. En kan jy nooit gee in jou huwelik en ander verhoudings wat Ek wil hê jy moet gee nie. En dis anders as wat jy tot dusver probeer gee het …. Terwyl jy soos ‘n needy kind is, kan jy ook nie ontvang van My en ander, selfs van jou man, dìt wat Ek bedoel het dat jy moet ontvang nie.

Niemand kan regtig gee of ontvang…… terwyl hulle kies om soos babietjies te bly nie.

Ek het ‘n roeping vir jou weet jy. Die nasies ken My nie. Hulle weet nie van My goedheid en liefde vir hulle nie. Ek wil jou stuur….. Maar Ek kan nie ‘n babietjie stuur nie!So Ek wil jou help om volwasse te raak. Ek wil jou mooi maak, pragtig en vol vertroue, nes Esegiel 16 se babie. As jy wil?

(vervolg)

13 thoughts on “Honeymoon met die Here (4)

  1. Ek weet so hoe jy gevoel het. Net vir my het dit oornag gebeur en ek weet ek het my man aan sy midlife crises verloor. Ek het in n paar maande ook allerhande goed probeer om hom terug tekry maar al wat ek nou kan doen is om God te vra om daar te wees om hom uit die tonnel te dra wanneer hy nie meer die krag het om vorentoe te gaan nie. Soos n wyse vriendin van my se ek moet dieselfde geduld en toewyding aan hom bewys wat God aan ons bewys as ek dink dat hy vir my so kosbaar is as wat ons vir God is
    Die moelikste ding wat ek die jaar moes doen .was om vir God te se hier staan ek met die wereld se woede in my hande voor U en ek wil he U moet dit by my vat want ek wil dit nie meer he nie.Dit word by die dag swaarder om te dra en ek kan nie meer verby dit sien nie ,ek kan eenvoudig nie meer voorentoe solank ek dit het nie.
    Die verligting was ongelooflik. Ja alles is nog nie beter nie maar daar is klein treetjies vorentoe soos die roomys waarmee hy Donderdag by die huis gekom het na n hele dag weg Ek het dit sak en al in die vrieskas gesit ,vandag sien ek dis my gunsteling. Mens kry dit al meer as n jaar nie maklik nie En ek se dankie Vader want ek weet dis my klein tekentjies dat hy nog onthou,nog omgee en in sy hart nog wil bly

    Like

    1. Ja liewe Annelie, woede is ‘n swaar ding om te dra. Het jy dit toe laat los?
      Daar’s 2 goed wat ek geleer het oor kwaadwees.
      1. Ek weet dat wanneer iemand my seermaak, mag ek kwaad wees.
      Dis ‘n valid response to an injustice that was done. Maar as ek dit reg verstaan, raak woede ‘n probleem as ek na ‘n lang tyd nog daaraan vasklou. Dan sê dit vir my, dat ek (meestal) my woede gebruik as beskerming, maw ek glo iets soos: ‘As ek my kwaad laat gaan, dan sal ek weer weerloos wees.’ of ‘Hy moet eers gestraf word of jammer sê voor ek my kwaad kan laat gaan.’ En terwyl ek sulke goed glo, kan ek nie my kwaad laat gaan nie!
      Maar as ek vir die Here Sy opinie vra oor wat ek glo oor my kwaad, dan sal Hy vir my antwoord met iets soos:’Vengeance is Mine en My kwaad is 10 x groter as joune oor injustice. Op die einde sal Ek straf uitdeel aan almal wat nie bely het nie.’ Rom 12:19 of Hy sal sê: ‘Ek, God, is jou Beskermer. …Jy het nie jou kwaad nodig nie, want Ek beskerm jou’ …..
      En dan kan ek my kwaad los by Hom….en dan is ek vry!! Nevermaaind wat die ander ou doen of nie doen nie!
      MAAR: Die 2de ding is: Agter my kwaad sit ek dan nog steeds met my verlies, teleurstelling, hartseer wat ek ervaar het. Dit moet ek ook (apart) na die Here toe bring. NET HY kan ons verliese van ons oplig en ‘the weight of our burdens’ Ps 55:22 oplig en wegvat….as ons dit vir Hom wil gee…(want ons wil nie altyd nie..)
      Dan is dit soos iemand vir my gesê het: Dis asof God al haar verliese in ‘n heliumballon geblaas het…en sy kon net kyk hoe dit oplig en wegraak in die lug. En toe hoef sy nie meer die las van die verlies te dra nie…..
      Sterkte Annelie! Ek dink die Here is besig IN jou situasie.
      (Eks bly oor die roomys! Dit sê darem daar was ‘n bietjie moeite né!) 🙂

      Like

      1. So saam die kwaad wees wat weg is het berusting gekom oor wat verby is en hoop vir wat kom Hy dink deur hom fisies van my te onttrek hy nie fals hoop skep dat hy sal bly nie maar elke nag in ons huis en in ons bed maak my net meer glo hy se een ding maar weet so goed soos ek n ander

        Like

  2. Baokbaai , ek hert al jou ander inskrywings ook gelees. Dit was so goed om van jou te hoor en jy skryf met soveel wysheid. jy gee ook goeie raad hierbo oor kwaaswees en vergiffenins. Ek hoop jy vertel verder .

    Like

Lewer kommentaar op dromer777 Kanselleer antwoord