Mag God jou seën

Wat ‘n wonderlike seënwens: Mag God jou seën. Die Heer van alle here, die Lewende God. Sjoe! Waarvoor meer kan ‘n mens vra dat die Enigste God jou seën?

Daarom, wanneer iemand vir my dít sê, vat ek dit met albei hande. Ek gryp dit vas en hou dit vir my en koester dit.

Soveel keer kry jy dit daar waar jy dit die minste verwag. Soos uit die mond van die persoon wat dalk ‘n blikkie eetgoed uit my hand ontvang – dankie mevrou, mag die Here jou seën. Of in antwoord op ‘n reaksie op ‘n bloginskrywing – may God bless you.

Ongeag hoe dit kom, vanwaar dit kom, deur wie dit kom, elke keer is dit lekker en sal ek die seën ook terugkaats na die persoon. Want wat is lekkerder as om ‘n seën te ontvang, of meer nog, om dit uit te deel?

Toortsie

3 thoughts on “Mag God jou seën

Gesels saam, asseblief!