Om te buig, of nie

Voor ek enigsins verder skryf wil ek die volgende dinge sê:

Ek het nie ‘n probleem as iemand voel hy wil sy knie buig uit respek vir Black Life Matters nie. Ek het ook nie ‘n probleem as mense ‘n ander siening oor hulle eie seksualiteit of seksuele oriëntasie nie. Ook nie as iemand anders ‘n ander geloof het as ek nie. Of oor enige idee wat ek het, ‘n ander opinie het nie.

Ek het wel ‘n probleem as mense hulle sienings op ander probeer afdwing, op watter manier ookal.

Vir my is dit belangrik dat ALLE lewens tel, wil ek huil en skree as enige persoon, ongeag ras, kleur, taal, seksuele oriëntasie, opinie vergruis, vertrap, vermoor, verkrag word, gewoonlik deur boeliegedrag.

Dit is vir my ‘n probleem as iemand geboelie word om verskoning vir iets te vra terwyl hy eintlik reg is. Dat hy in die eerste plek geboelie was tot optrede en wanneer hy dan optree, geboelie word om verskoning te vra.

Vir my, as Christen, is dit belangrik dat ons, wat onsself as Christene beskou, sal nastreef wat in die Bybel staan. Wanneer kerke, predikante, moderators, kerkleiers die Bybel begin verkrag om dit wat hulle wil hê, dinge wat die Bybel pertinent voorstaan, verdraai; dit wat die Bybel pertinent teenstaan, wil inboender, net om hulle sin te kry, dan raak ek benoud.

Ja, ek het ook baie sonde. Ek doen dit elke dag. Ek is nie sondevry nie. Ek probeer my bes om te lewe soos wat die Here dit wil hê, maar steeds maak ek foute. Maar asseblief, kom ons respekteer mekaar se geloof. Sjoe! As iemand nog wil respekteer wat in die Bybel staan, hoe kan ons dit op die persoon afdwing? Hoe kan kerkleiers dan sê dat dit reg is, want die ‘saak waarvoor baklei raak’ is groter as die Here se wil? En nou praat ek nie net oor die kniebuig in krieket nie, ek praat oor BAIE MEER as dit. Oor dinge wat my bekommerd maak oor my eie kerk.

Ek is in HOD geleer dat jou kinders jou toets. Hulle toets jou om te sien hoe ver jy hulle sal toelaat en dat hulle juis wil hê dat jy hulle moet keer as hulle verkeerd doen. WANT DAARDEUR BEWYS JY VIR HULLE DAT HULLE OP JOU KAN STAATMAAK IN ‘N KRISISTYD.

Toortsie

En asb, ek wil nie ‘n moddergooiery hê of veroorsaak deur hierdie bloginskrywing nie.

15 thoughts on “Om te buig, of nie

  1. Nie idee waaroor knie buig gaan nie, ek kyk geen nuus nie, ontstel my teveel, maaaaaaar, dink dis baie mooi geskryf Toortsie. Ek stem, mense moet luister om te hoor, nie luister om te reageer nie🌻🌻

    Like

  2. Ek dink deesdae baie aan hoe doen ons God se wil? Wat doen ons regtig, gehoorsaam vir ons God, of moet Hy ons dien en gemaklik maak? Ek lees tans in Jeremia. Daarin is God baie kwaad vir kerkleier en ander leiers en mense wat hulle blindelings volg. My vraag is: wat het verander van toe tot nou?

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s