Om saam met kinders te vlieg

‘n Mens vergeet soms die wonders van gewone dinge, selfs dié van ongewone dinge wat eintlik nie vir elke persoon beskore is nie. Mens raak soms so gewoond aan ding of dalk net besig met jou eie dinge dat jy groot goed as algemeen begin aanvaar of selfs dit miskyk.

Ek was bevoorreg om saam met my kleinkinders hulle eerste vliegervaring te beleef. Die bangheid vooraf, want ouma, die vliegtuig vlieg baie hoog.

Sê nou ons klim op verkeerde vliegtuig? Waar is ons koffers nou? Waar gaan ons weer die koffers kry? Hoe weet ons watter vliegtuig? Wanneer moet ons nou opklim? Ouma dis groen ons moet nou opklim. Die bussie wat ons na die vliegtuig neem. Die opwinding geleidelik al hoe meer raak. Die vliegtuie wat opstyg. Die aanloopbaan.

En dan begin die vliegtuig vorentoe beweeg. Staan weer stil om sy beurt af te wag. DAN BEGIN DIE VLIEGTUIG BEWEEG … al hoe vinniger … en lig … en lig! Gilletjies van opwinding! Die flappe op die vlerk … al die knoppies … die inligtingsblad …

En dan kom die wiele weer uit, vlieg die vliegtuig stadigter, laer … en land.

Ouma, waar gaan ons ons koffers kry?

Ons is reg om dit weer te doen. 😁

Toortsie

17 thoughts on “Om saam met kinders te vlieg

  1. Ek kan self ook nie genoeg van vlieg kry nie. My oorlede Pa het vir die Lugdiens gewerk, so ek het amper met vlerkies grootgeword. Maar selfs op 40+ raak ek nog elke keer nog net so opgewonde oor elke vlug!

    Jou pragtige vertelling maak my nou sommer lus om te gaan soek vir n “special” op vliegkaartjies…

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!