Die Krugergeheim is toe nié waar oom Paul sy miljoene begrawe het nie, die Towerinne het mos in elk geval lank gelede daardie geheim ontrafel.
Wat die Transvalers wel vir ons Kapenaars geheim hou, is hoe ongelooflik mooi die wildtuin hierdie tyd van die jaar is. Ons Kapenaars kom mos tradisioneel Junievakansies Kruger Wildtuin toe, ander tye is dit te … te uhm … wat nou weer?
Nadat ons ‘n paar jaar gelede in September by die wildtuin was, het ek gesê: van nou af kom ek altyd September. Die veld is só droog, jy sien baie diere. En leeus. Sommer langs die pad. Of dalk was ons net ekstra gelukkig?
Elke keer sê my man dat hy graag wil kom as die veld mooi is. In die reënseisoen. Dan dink ek dat jy min diere sal sien, want die veld is mos dan ruig.
So besluit ons om vir Paasnaweek wildtuin toe te kom. Wat ‘n wonderlike verrassing! Wag! Eintlik moet ek nie eers vir julle vertel nie, dan stroom almal van julle in die toekoms in April hierheen en dan is dit vol as ek wil kom. Die veld is onbeskryflik mooi. Dis ‘n lushof! Tot Satara, waarvoor ek nooit lief is nie omdat dit altyd so droog is, is lieflik groen.
Hier is heeltemal genoeg diere om ons te vermaak en hulle doen behoorlik moeite om vir ons plesier te verskaf.
Hier is ook heelwat kleintjies (babatjies) wat aanmekaar ‘n koor van aaaaauuuu veroorsaak. Die olifante geniet hulleself in die poele wat diep genoeg is sodat hulle sommer kan diep insak daarin. Dis nou sommer poele langs die pad waar daar gewoonlik nie eers water lê nie. Tot die seekoei maak ‘n lekker omdraai sodat haar voetjies bo die water uitsteek. Ons verkyk ons aan hulle en geniet elke sekond.
Ek is van voor af verlief op die wildtuin en dink nou by myself dat April beslis die tyd is om hier te wees.

Kyk nou net vir Leeupan. Ek het hom nog nooit so mooi gesien nie. Die vorige keer wat ons huer was, was dit kurkdroog en nie ‘n dier in sig nie. ‘n Ander keer wat ons hier op ‘n bossafari was, is ons te viet om die pan en het ons twee olifante, ‘n renoster, buffels en kameelperde raakgeloop.
Het ek gesê dat ek van voor af verlief is op die wildtuin? Ag, dan sê ek dit sommer weer! Hopeloos verlief, dis wat dit is.
Toortsie
Ns, Transvalers, julle het sekerlik nóg geheime, maar ek het julle nou uitgevang op hierdie een!
Wêreldbekend,ja🤩
LikeLiked by 1 person
April? Is ek al weer die agteros?
LikeLike
Nooit!
LikeLike
Ons het gewoonlik in Junie gegaan. Enige maand na goeie reën is ‘n wenner.
LikeLiked by 1 person
O ek is mal oor die wildtuin.
LikeLike
Nou is ek plein common jaloers oor waar jy is! My hartsland. Die mooiste tyd is vir my September. Al die nuwe groen is pragtig. In Desember is daar weer baie kleintjies en pragtige blomme. Junie gaan jy weer groen wees, want dan gaan ons vir twee weke soontoe. Baie Noord. Tot by Phunda.
LikeLiked by 1 person
Oeeee ek gun dit vir jou.
LikeLike
Ons gaan dan vir 2 weke kamp????
LikeLiked by 1 person
Lekker
LikeLike
Die Kruger Wildtuin is puik enige tyd van die jaar. Ongelukkig is dit baie ver van die Kaap af – anders sou ek gereeld daar gaan kuier. Geniet die Paas naweek daar!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie
LikeLike
Ek stem saam met april vakansie dat dit beste is om te gaan. Ons het altyd april gegaan.
LikeLiked by 1 person
Ek is bly jy kon die voorskrif kry vir jou Wildtuinkoors, Toortsie! Dit werk enige seisoen. Kom kuier volgende keer in die laaste week van November en eerste week van Desember wanneer die rooiboklammetjies almal op een slag aankom!
LikeLiked by 1 person
Ek onthou jy het so gesê van die rooiboklammetjies. Is die donderweer dan swaar?
LikeLiked by 1 person
Ek dink darem nie buitengewoon swaar nie, Toortsie – die donderweer hier op die Hoeveld is vir my erger – en min dinge ruik darem lekkerder as swaar druppels op rooi stof, nie waar nie?
LikeLiked by 1 person
Ja reën ruik lekker, maar jy moet onthou dat ek ‘n Kapenaar is.
LikeLiked by 1 person
Die probleem van wildtuinkoors is dat dit ongeneeslik is en erger raak oor tyd. Amper soos alkoholisme.
LikeLiked by 1 person
Oeee, dit weet ek darem al te goed!!! As die liefde vir die bos eers onder n mens se vel inkruip en met jou are langs tot in jou hart vesprei is die koeel deur die kerk…
LikeLiked by 1 person
Totaal. Die woord wat ek gesoek het: Die koors is progressief.
LikeLiked by 1 person
Geniet elke oomblik.
LikeLiked by 1 person
Dankie
LikeLike