Nie dat ek al so baie ervaring hiervan het nie, maar omdat ek ‘n navraag hieroor gehad het. Soos ek reeds geskryf het, wou ek al vyf jaar gelede my eerste boek as e-boek doen en ek is nou nog steeds daarmee besig. In dié tyd het ek probeer om die Amazonpad te loop, maar ek dink ek was te moeg en te haastig toe ek probeer uitvind het hoe dit werk.
Smashwords is die e-boekwebwerf wat my op die ou end ‘gevang’ het. Ek kan hulle regtig aanbeveel. Hulle webwerf werk maklik en hulle instruksies is uitstekend. Al wat ‘n mens moet doen, is om die instruksies stap vir stap te volg. Hulle doelwit is beslis om skrywers te help om boeke professioneel aan te bied en te verkoop. Wat vir my ook oulik is van hulle, is dat kopers die e-boeke in verskillende formate kan aflaai: Epub, Mobi, pdf. Die boeke ondergaan sekere toetse en as dit aan al die kriteria voldoen, versprei Smashwords dit ook na die ander groot e-boekhandelaars. Dit is gratis om jou boek daar op te laai, maar as dit verkoop trek hulle hulle kommissie af. Jy het ook ‘n Paypal rekening nodig, want hulle betaal jou geld daarin.
My raad?
Skep vir jou ‘n rekening by Smashwords.com
Lees al die wonderlike handleidings wat hulle gratis aanbied:
a) How to publish and distribute an ebook with Smashwords
b) The secrets to Ebook publishing success
c) Smashwords Style Guide (volg letterlik stap vir stap)
Terloops, ek sien nou dat ek nog ‘n boek of twee het om te lees! Smashwords wil jou graag help om baie boeke te verkoop. Volg gerus hulle raad. Dit is nie so moeilik nie.
Mooi dag
Toortsie
Loer gerus by my profiel by Smashwords. Ek het reeds ‘n gratis Bantingsoetighede e-boek en die Goue Vroue het ook ‘n oulike e-boek geskryf wat ook gratis is.

Dankie ou Toortsie, jy is regtig my liggir invfie kuberruim sowel as hier op Bredasdorp!
LikeLiked by 1 person
Jou ou vinnigekuiertjie saam met ‘n glasie … uhm mag ek dit sê … engelpiepie was tog te lekker!
LikeLiked by 1 person
Vir my ook! Baie geluk met jou boeke
LikeLiked by 1 person
Dankie
LikeLike
Sjoe! Dis wonderlike raad. Baie dankie. Dis goed om jou te ken. 💙💙💙
LikeLiked by 1 person
Jy steel my hart!
LikeLike
Ons blogmaats help mekaar graag.
LikeLike
👏👏👏 Ek is só bly oor hierdie goue raad.
LikeLiked by 1 person
en jou ebook is afgelaai dankie Toortsie.
LikeLiked by 1 person
Dankie Appeltjie
LikeLike
Dankie tog hiervoor, ek het my gedaan gesoek na hierdie plasing en was op pad om jou Inbox te raadpleeg toe ek nou hieroor struikel. Ek lees FA Venter se boek Die Keer Toe Ek My Naam Vergeet Het en ek het mos iets soortgelyks ervaar. Maar ek trek Blogger toe want die Block Editor laat my verbaliseer in F Majeur.
LikeLiked by 1 person
Bly jy het dit gekry.
LikeLiked by 1 person
Jy is ń slim meisie, met goeie raad
LikeLiked by 1 person
Slim? Om ander se kalwers hier te kom plak? 😎
LikeLike
Goed so. Nou oortuig jy my om tog na n paar jaar van eboek droogte verder te gaan met die ekspedisie om my boeke te voltooi en tog maar te publiseer. Het bietjie koue voete gekry, maar raak weer opgewarm.
LikeLike
Doen dit! Jy het my dan geïnspireer. 😁
LikeLike
Ek wou laas nog die kinders se stukke in n eboek uitgee sodat ouers dit aflaai. Alles is klaar reg, moet net dit doen.
LikeLiked by 1 person
Behalwe jou tyd wat daarin gaan, kos dit mos gelukkig niks nie en is dit dan die moeite werd om dit te doen. Ongelukkig is bemarking maar nodig. Ek vind dat elke keer wat ek hieroor skryf, tot verveling van seker baie, daar mense is wat die gratis e-boek aflaai. So dalk kan jy net altyd aan die onderkant van jou blog ‘n verwysing maak na jou boeke met skakels daarheen.
LikeLike
A, baie dankie sal dit onthou.
LikeLiked by 1 person
En dan as jy ‘n redigeerder en grafiese kunstenaar gebruik. Dis nogal soms baie geld.
LikeLiked by 1 person
O natuurlik die redigeerkoste en grafiese kunstenaar.
LikeLike
Ja, gelukkig het ek ouens wat vir my lees en ek gebruik my eie fotos as dit moet.
LikeLike
Lyk my ek het myself nou herhaal.
LikeLiked by 1 person
Toemaar ek het ook die draad verloor en moes eers weer kyk.
LikeLiked by 1 person