Moet ‘n mens jou boek self publiseer, of nie? Dit is ‘n baie moeilike vraag wat ek nie namens jou kan beantwoord nie. Ek ken slegs die selfpubliseerpad en weet glad nie hoe dit werk om deur ‘n publiseerder te werk nie.
Hoekom het ek eerder self gepubliseer?
Want ek was aanvanklik eenvoudig te bang om my eerste boek aan ‘n publiseerder te stuur. Te bang hulle keur dit af. Te min selfvertroue om ‘n ‘nee’ in die gesig te staar. (Is dalk steeds te bang.) Ek was ook te haastig. Ek wou die Bantinggolf ry solank hy daar was. Ek wou nie deur al die prosesse gaan en die boek dalk eers ‘n jaar later publiseer en die golf mis nie.
Want Seegogga het my aanbeveel om my eie boek te publiseer. Want ek het ‘n redelike wil van my eie en wou my eie ding doen. Want ek is ‘n redelike waaghals en hou van ‘n uitdaging. Die waarheid is, ek raak al hoe meer waaghalsig, al hoe meer gewoond daaraan om buite my gemaksone te beweeg. Ek wou sien of ek dit regkry sonder om enigsins verantwoordelik teenoor iemand anders te voel.
‘n Groot mate van die selfpublikasiekeuse of nie, dink ek, hang van jou persoonlikheid af. Is jy net ‘n skrywer en wil jy net skryf, maar nie betrokke raak by al die res wat daarmee saamgaan nie? Dan sou ek beslis sê, gaan deur ‘n publiseerder. Deur ‘n publiseerder kry jy beslis meer publisiteit. Ek wil selfs dink dat as jy ‘n publiseerdersgoedkeuring vir jou boek gekry het, jy redelik goed kan voel. Hulle sal tog nie sommer enige boek publiseer nie.
Wat behels selfpublikasie?
- Dat jy SELF verantwoordelik is vir alles. Soos vir ALLES. Die KOSTE, die BESLUITE, DIE BEPLANNING, die ONDERHANDELINGS MET DIE DRUKKERS, die REDIGERING, die BEMARKING, die … foute wat ontstaan …
- Dat jy EIENAARSKAP neem van jou boek en soms, soos ek, vir ‘n grafiese ontwerper, nadat sy al baie ure aan ‘n boek spandeer het, moes betaal vir haar werk en sê dat ek eerder iemand ander sal moet gebruik …
- Die besluite is JOUNE. Die lettergrootte. Die uitleg. Hou jy daarvan of nie? Die voorblad. Wat het JY in gedagte? Is dit uitvoerbaar? Sal dit verkoop?
- Eerstens moet jy self sorg dat jou produk goed is (wat ek hoop myne is!), jy moet bereid wees om mense te betaal om jou goed te redigeer, dis nie sommer net ‘n vinnige deurlees nie. Dis jou eie verantwoordelikheid om te verseker dat jy ‘n professionele produk lewer en die nodige mense kry en betaal om daarmee te help.
- Uiteindelik staan jy met die boek in jou hand, en nou? Mission Accomplished? Toe nie! Nou begin die groot werk eers! Eintlik het dit al lankal begin, want jy moes jouself bekendstel. Laaaaank voor jy die boek begin skryf het. Op watter maniere ookal. Maar as daardie boeke jou hele spaarkamer volstaan, is dit ook jou werk om dit te bemark, te versend, te … want op daardie stadium het jy reeds BAIE MEER GELD spandeer as wat jy gedink het. En dán moet jy ‘n klomp boeke weggee … vir elkeen wat gehelp het met die boek, sommer vyf boeke vir die Nasionale Biblioteek, vir hulle wat ná aan jou hart lê.
Selfpublikasie, seker enige publikasie van ‘n boek is ‘n groot en lang proses, maar uiters bevredigend. Ek sou dalk beter gedoen het deur my boeke deur ‘n publiseerder te laat doen, maar ek hou van die proses. Ek geniet dit. Die hele proses.
Toortsie



Weereens beïndruk jou vasbyt my! Welgedaan.
LikeLiked by 1 person
Baie baie dankie. Ek waardeer dit opreg!
‘n Mens raak verslaaf aan die uitdagingsapek daarvan.
LikeLike
Dit is nogal erg as n uitgewer sê hulle hoy baie van jou boek en jou skryfstyl, maar hulle dink de teikenmark is te klein. Of hulle hou baie van jou storie maar het besluit om hierdie jaar te bespaar en geen meer kinderboeke uit te gee nie. Ens. Selfpublikasie was vir my nie net n makliker en beter opsie nie, ek het ook dubbeld die wins gemaak as wat ek by n uitgewer sou maak. Toegegee, jy werk baie harder en moet bereid wees om tyd af te staan om te bemark. Dit is die enigste rede waarom ek op my ouderdom huiwerig is om weer te selfpubliseer. Uitgewers is nie vir my ‘n opsie nie. Geluk met al jou boeke!
LikeLiked by 2 people
Jy was so ‘n groot aansporing veral in die begin en nou nog steeds.
LikeLiked by 1 person
En jy het uitstekend met jou bieke gedoen.
LikeLiked by 1 person
Vertel my van jou boeke.
LikeLiked by 1 person
Christa, ek het 2 boeke geskryf en dogter 1. 1ste was n aktiwiteirsboek oor d Overberg. Die uitgewer wat een vd Krugerwildtuin gedien het, het voor hy boek gesien het gesê hy gee nie meer sulke boeke uit nie. Ek was te lui om verder te soek, toe doen ek dit self. My 2de boek is deur 1ste uitgewer afgekeur omdat hulle reeds in proses was om nbabder biek oor dueseldfde obderweo uit te gee as ej eerste was, is ek uutgegee. 2de uitgewer se beswaar: te beperkte teikenmark. Toe dien ek self. Dogter se biek: kinderboek. Ons het hom nig nie verder gevat nie. Sy is op hierdie stadium te besig.
LikeLiked by 2 people
En albei jou boeke het uitstekend gedoen.
LikeLiked by 1 person
Gelukkig!
LikeLiked by 1 person
Dit klink baie interessant. En ja, waar ‘n wil is, is ‘n weg. Dink ekke.
LikeLiked by 1 person
Absoluut. Is dit nie ook ‘n kwessie vn smaak nie? Jou boek val nou net nie in die persoon wat dit hanteer se smaak nie.
LikeLiked by 1 person
Baie goed gedoen, Toorts. Dit wys ook wat gedoen kan word as jy fokus op wat die einproduk gaan wees. Ek stem ook saam dat die redigeer en uitleg ook baie belangrik is, selfs die fotograaf as jy fotos by het. Ek is baie bly ek ken jou en kan saam met jou opgewonde raak en hoera skree as die boek in jou hande is. Baie geluk met jou suksesvolle publiseer “loopbaan”. (Ek sien jy het jou ponsho aan, pragtig hoor.)
LikeLiked by 1 person
Dankie. Baie dankie. Jy is een van sie groot inspireerders langs die pad wat self ook al ‘n boek of twee uitgegee het. ❤️
LikeLike
Is so, ongelukkig doen ek nie op groot skaal soos jy met die bekendstelling en self verkoop nie. Ek is half jaloers op jou maar ek weet ek hoef nie want elkeen gebruik maar sy eie talente en gawes om dinge te kan doen( dis nou vir die selfkritiek wat hier by my kop uitsteek. Sal blikkie doom vat en hom bietjie spuit, ha ha)
LikeLiked by 2 people
Spuit dit, ja. Jy is ‘n volwaardige mens in eie reg. ❤️
LikeLike
Party dae maar moeilik maar ek is darem 97% eie mens deesdae.
LikeLiked by 1 person
Wonderlik. Jy is kosbaar.
LikeLiked by 1 person
Onthou ek is lief vir bemarking. Almal hou nie daarvan nie.
LikeLike
Dis soos dit is. Ek wil eerder skep as aanbied as mens dit so kan stel.
LikeLike
Persoonlikhede verskil en daar is niks daarmee verkeerd nie. ❤️
LikeLiked by 1 person
Dit is ‘n interessante skryfstuk. Klink n duur proses.
LikeLiked by 1 person
Dit is maar duurderig. ❤️
LikeLiked by 1 person
Eerstens talent en dan inisiatief, bravado en kapitaal…en jy het vir ons almal gewys dit wérk!
Trots op jou,Toortsie.
LikeLiked by 1 person
Dankie letty-Ann.
LikeLike
Jy is ń dapper vrou. Ons kan by jou leer van deursettings vermoë
LikeLiked by 1 person
Dankie Trommeltjies ek waardeer dit opreg. In my oë is jy ook ‘n dapper vrou. Jy weet dit, nè?
LikeLike
Ai, weet nie so mooi nie
LikeLike
Ek kom nog lees by jou, hoor! Dit gaan net ‘n bietjie dol.
LikeLike
Ek wens jou geluk met die bemarking van jou boeke.
LikeLiked by 1 person
Baie baie dankie.
LikeLike
Dit verg durf en deursettingsvermoe, en dit het jy in oormaat!
LikeLiked by 1 person
Dankie. Dis groot woorde! Ek doen gewoonlik voor ek dink en skrik daarná my boeglam. 😳
LikeLiked by 1 person
Jy lyk so pragtig, Toorts. Hierdie is waardevolle inligting oor selfpublikasie.
LikeLiked by 1 person
Dankie Una.
LikeLike
Ons leer baie by jou. Kan jy advies gee vir ‘n e-boek? (Soos die rowerinne se boek wat jy help saamstel het.)
LikeLike
Dankie, ek sal ‘n blog daaroor skryf.
LikeLike
Ek het geskryf. 🙂
LikeLike
Baaaaie dankie!
LikeLike
Ek hoop dit help. Eintlik het ek niks gesê nie, net jou verwys na hulp.
LikeLike
Ek het presies wat ek nodig het gekry. Baie dankie. 💙
LikeLiked by 1 person
Ek is bly.
LikeLike