‘n Sterk persoonlikheid

Hierdie is ‘n vraag wat nou in my kop dwaal: Wanneer het iemand ‘n sterk persoonlikheid? Is dit iemand wat sy wil afdwing op ander? Of kan dit ‘n sagte persoon wees, maar gelukkig in haar vel? Wanneer word iemand beskryf as ‘n sterk persoonlikheid? Is dit ‘n volronde persoon? Kan ‘n persoon ‘n sterk persoonlikheid hê in sommige gebiede terwyl dit swak is in ander? Kan ‘n mens werk aan jou persoonlikheid?

Na my mening is iemand met ‘n sterk persoonlikheid nie altyd die oordonderende persoon wat sy/haar wil altyd wil laat geskied nie. Ek dink die sterk persoon is die persoon wat gelukkig is in haar vel, haar persoonlikheid aanvaar het vir wie sy is, wat haar nie maklik op ‘n dwaalspoor laat verlei nie, wat seker is van dit waaraan sy glo en dit met gemak uitleef. ‘n Persoon wat nie sommer deur groepsdruk beïnvloed word nie. ‘n Persoon met integriteit.

Ek glo ook dat ‘n mens kan werk aan jou persoonlikheid deur opbouende boeke te lees, kursusse by te woon, selfs net deur goeie mentors te hê, deur ‘n leerbare gees. Deur jouself oop te stel vir verbetering en ontwikkeling. Hierdie wonderlike artikel is die moeite werd om te lees: https://dmylogi.ru/gesondheid/36289-hoe-om-n-sterk-persoonlikheid-te-hê.html . Hulle heg baie waarde aan selfvertroue, leierskap en uithouvermoë. Dit is alles eienskappe waaraan ‘n mens kan werk.

Hulle noem ‘n baie belangrike punt, en dit is dat jy jou spesifieke, unieke persoonlikheidseienskappe moet waardeer. Waardeer ook die ander persoon se persoonlikheidseienskappe en benut dit om in ‘n span te werk, eerder as om mekaar te probeer verander.

‘n Baie goeie riglyn as jy jouself wil verbeter, is natuurlik die Bybel. Lees hom, volg wat daarin geskryf staan en ek kan jou waarborg dat jy jou persoonlikheid ten goede sal verbeter. Ons moet ook onthou dat ons maar net gewone mense is en soms foute maak. Die wonder is wanneer ons kan leer uit ons foute en verbeter.

Toortsie

16 thoughts on “‘n Sterk persoonlikheid

  1. Ek het al so deur die jare verander dat ek nie meer weet wie is ek nie. Dis definitief nie te sê ‘n oorheersende persoon het ‘n sterk persoonlikheid nie… kan van minderwaardigheid wees dat hy so oorheers.

    Liked by 2 people

      1. Ek is maar ek… lag ek nou vir die sêding. Laaaaaank gelede het ek vir ‘n vriendin gesê ek het gedog as jy ‘n kind van die Here word raak ‘n mens al sterker… maar dit voel vir my ek raak al kleiner. Nou besef ek die eie EK word met tyd weggeskuur.

        Like

  2. Ek reken mens kan jou persoonlikheidsterkte verbeter. ek was heeltemal oordonder deur my vorige man, afgebreek en geïsoleer van selfs familie. Toe ek daar uitstap, moes ek myself van vooraf ontdek. Ek moes leer om vir myself op te staan, om besluite te neem, om myself teen mense te verdedig, om ‘n “sterk persoonlikheid” te ontwikkel.
    So ja, ek kyk na die sagmoediges in my klas van 8-jariges en leer hulle om hul opinie te deel, om op te staan en besluite te neem. Dit kan in ‘n groot mate gebeur.
    Om ‘n persoon met ‘n oordonderende persoonlikheid te genees – haven’t seen that yet.

    Liked by 1 person

  3. Die soort wat oordonder en hulle sin in alles moet kry, is juis die swakstes van die werpsel. Vir my is ‘n sterk persoon een wat roepingsbewus is en dit uitleef. Of een wat nie in 2020 oor dop en twak gekerm het soos ‘n baba nie. Op daardies sien ek gewoon neer en ek is gewoonlik nie so nie.

    Liked by 1 person

  4. Is ‘n sterk persoonlikheid ‘n “moethê” ding? Ek karring maar net op my pad aan en het nog nooit ‘n behoefte aan ‘n sterk persoonlikheid gehad nie. Solank mense my net los om te maak soos ek goeddink. Ek sal hulp vra as ek dit nodig het. Ek het eintlik gedink almal voel so. Dis aaklig as mense hulle idees in jou gesig druk. Ek voeter sommer dadelik dwars in ‘n ander rigting in😃

    Liked by 1 person

  5. Gedurende een van my terapiesessie het sielkundige genoem dat ek en my man sterk persoonlikhede het. Dis hoekom die vehouding aan eenkant goed gewerk het en in ander gevalle gefaal het. Ek net nounet gelees op die volgende blog oor die Camino en gee jou die skakel dat jy gou kan gaan kyk. Dis nou 5 dae voordat Michhelle verled jaar die Camino voltooi het en sy skryf hoe dit voel na n jaar.
    https://michellewalksthecamino.com/2020/10/04/six-days-to-santiago/

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s