Meer as tien jaar gelede het ek op ‘n dag ‘n blog begin, nadat ek die fliek, Julie, Julia gesien het. Die oorspronklike blog het ek een nag afgevee. Daarná is Toortsie gebore. Ek het oor enige ding geskryf: my geloof, sommer hier en daar ‘n resep gedeel, laf gewees, die opheffingswerk wat ek met die plaaskinders doen, ens. Vóór ek my blog begin het, het ek reeds in my bidboek geskryf. ‘n A4 blad op ‘n keer. Sodat ek kan fokus. Ek glo dat dit daar is wat ek leer skryf het, aan God se voete. Hy het my geleer om my gedagtes neer te skryf.
Toe begin ek Bant. Want ek was moedeloos van wipplank ry tussen vetsugtig en brandmaer. Moedeloos van ‘n kas vol klere waarvan niks pas nie. Toe vra ek God een oggend om my te help en Hy wys vir my van Banting. Dis ook al geskiedenis. Omdat ek nie aan ‘n verslankingsgroep behoort het nie, het ek sommer hier op my blog kom vertel hoe dit gaan, sommer net om my aanspreeklik te hou. In my eie lewe het ek reseppies verander om dit Bantingvriendelik te maak en dit sommer in ‘n swart A4-boek geskryf om dit vir myself bymekaar te hê.
‘n Jaar nadat ek begin Bant het, het ek my eerste resepteboekie vrygestel: Toortsie se Bantingboerekos. Bang, onkundig, waagmoedig het ek dit gedoen. God het my gelei. Hy het die meeste ‘toevallighede’ laat gebeur. Ek moes net die pad stap. Ek het letterlik niks geweet van boeke publiseer nie. Ek was te bang om my poginkie vir ‘n publiseerder te stuur, want ek was te bang vir enige iets wat my sou ontmoedig. Die bloggers het my aangemoedig. Seegogga het raad gegee. My skoondogter het aangebied om die boek se uitleg te doen.
Een dag wat ek die radio aansit op pad terug van Ladismith af, sê die aanbieder: “Goeiemôre. Ons praat vandag met xx oor die skryf van resepteboeke.” Daardie oggend kry ek die heelpad terug ‘n wonderlike lesing wat ek soos ‘n spons opsuig. Toe ek ‘n sekere boek gesoek het, beland ek by Smashwords. Voor ek egter die e-boek wat ek wou hê, kon aflaai, moes ek egter ‘n ander boek aflaai. Daardie boek se naam was Secrets to E book publishing success.
Hierdie boek het ek woord vir woord gelees, ingedrink, deurdink, nagevolg tot die letter. Toe ek op my blog terloops noem dat ek ‘n resepteboek wil uitgee, was die bloggers vuur en vlam en ondersteunend, net soos ons hulle mos maar ken. Seegogga sê ek moet ‘n goeie fotograaf kry en ek skrik my boeglam. Fotograaf? Net daar vra ek ‘n oulike vriendin en haar fotograafdogter om my te help met die stilering van die kos. Iemand bel my uit die bloute en daar kry ek hulp met die befondsing van die boek. Om ‘n boek self uit te gee is duuuuuurrrrrrr. Alle kostes is joune.
Ná baie harde werk, nagte se wakkerlê, hare wat letterlik regop gestaan het vir elke ietsie wat gebeur, bangwees, skaamwees, want wie is ék nou om ‘n boek te wil uitgee?, het Toortsie se Bantingboerekos op 16 Desember 2015 die lig gesien. Die Here was so goed vir my! Sy trek al by die sesde druk. Dit het uitstekend verkoop en verkoop steeds. Weekliks stuur ek boeke uit. Sy is nou al naby topverkoperstatus. Ek staan verstom. Ek doen die bemarking, die verspreiding, alles self. Heerlik. Ek geniet dit. Intussen het boek 2, Hier’s die Toortsie Weer! en Toortsie’s Banting Bash! ook die lig gesien en is My Kinderjare met betrekking tot vandag tans by die drukkers. U kan na voorlesings uit my kinderjareboek HIER luister.
Daardie tyd wou ek graag die boek ook as e-boek uitgee, maar hy was te groot om net as e-boek opgelaai te word. Ek was te moeg om regtig te bestudeer hoe om dit te doen en die lewe het gebeur. Aanvanklik wou ek dit by Smashwords uitgee, maar het besluit om eerder Amazon te probeer. Tog het ek nooit regtig tyd gekry om dit behoorlik in te studeer nie. Tot Scrapydo vir my sê dat sy beter by Smashwords regkom. Sy het vir my ‘n wonderlike artikel aangestuur oor selfpublikasie en net daar het die gogga my weer gebyt. Ek het KM Weiland se raad gevolg en dadelik aan die werk gespring om ‘n gratis e-boek te skryf. Daarin is al die Banting soetighede wat in my eerste twee boeke is. Sonder foto’s, want foto’s maak dit onnodig groot. Net die resepte.
Vir dae bestudeer en volg ek die Smashwords Style Guide woord vir woord. Ek maak presies soos wat hy voorstel. ‘n Uitstekende boek. Duidelik geskryf. Regtig aanbevelenswaardig.
Joh-Mari van Heerden het weer eens gesorg vir die voor- en agterblad.


Uiteindelik kon ek by Smashwords ‘publish’ druk. Ná een of twee klein veranderings kry ek toe die boodskap: Congratulations! My e-boek is gepubliseer! Ek het dit reggekry. En vir my is dit mos die groot uitdaging: Om iets reg te kry en te voltooi.

So, dames en here, hier is vir jou ‘n gratis e-boek! Vertel vir jou vriende. Deel dit uit. Maak die lekker soetgoedjies en dink aan Toortsie: https://www.smashwords.com/books/view/1043640
Jy kan dit in enige formaat aflaai by Smashwords.


Groete
Toortsie
Veels geluk met jou lang pad wat jy reeds geloop het en mag elke horison ‘n nuwe avontuur bring!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie. Dis ‘n pad wat ek nie eers in my wildste drome voorsien het nie. Ek staan elke dag verstom.
LikeLike
Baie baie BAIE geluk! Nou kan jy asb tog weer vir my leer.
LikeLiked by 1 person
Ek kom netnou by jou tee drink.
LikeLike
Wel gedaan Toorts, jy is n insperasie. Gaan nou eers kyk of ek die boek kan kry. BAIE, baie geluk.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie. Jy het my hand vasgehou.
LikeLike
So groei mens maar na mekaar en vul mekaar aan. Dis so lekker om dinge saam te beleef.
LikeLike
Ek het al so baie geleer deur blogging. Dis een van die beste dinge wat ek ooit begin het.
LikeLike
Stem volkome saam met jou. Ek het ook baie geleer dmv aanlyn uitdagings en kursusse.
LikeLiked by 1 person
Het hom afgelaai in my kindle biblioteek. Sommer eerstes al deurgekyk. Lyk HEERLIK.
LikeLike
Om een of ander rede is sy linkerkantlyn nie mooi op die Kindle nie. Ek weet nie hoekom nie. In EPUB is dit reg. Dis mos maar die resepte wat jy reeds het in jou twee boeke. Dankie dat jy dit afgelaai het.
LikeLike
Ek kyk nie op my kindle nie. Ek het kindle library afgelaai omdat veral die kindle kindrboeke nie goed vertoon op my ou kindle nie. OP my laptop lyk dit alles reg.
LikeLiked by 1 person
Dan is ek bly.
LikeLiked by 1 person
Baie geluk, Toortsie! Ek gaan aflaai en probeer as ek gaste kry.
LikeLike
Dankie 🙂
LikeLike
Toets dit vooraf om te sien of jy daarvan hou. ❤️
LikeLike
Baie geluk Toortsie. Ek bewonder jou deursettingsvermoë!
LikeLiked by 1 person
Dankie Perdebytjie. Ek waardeer dit.
LikeLiked by 1 person
Amper-nig, ons is trots op jou.
LikeLiked by 1 person
Dankie liefste Appeltjie.
LikeLike
Ek dink dis amazing en baie geluk Toortsie
LikeLiked by 1 person
Baie dankie Virgo. Weet jy wat vir my wonderlik is, is dat dit regtig die Here is wat vir my hierdie pad uitlê. Dit was nie in my beplanning of wildste drome dat ek ‘n boek wou skryf nie.
LikeLike
🙏🙏
LikeLiked by 1 person