Niemand

Ek, ‘n middeljarige, geniet hierdie boek wat bedoel is vir tieners en jong vroue dalk selfs meer as wat die teikengroep dit geniet. Skitter, deur Priscilla Shirer, handel oor ons identiteit in Christus.

Sommer oor daardie ‘nie goed genoeg nie’- gevoel waarmee soveel van ons loop, daardie onsekerheid oor onsself wat ons soveel keer het, daardie twyfel.

Sy vertel dat sy so graag die guns van iemand wou wen, maar nooit reggekry het nie, dat dit ‘n obsessie geraak het. Totdat iemand vir haar gesê het dat dit so is dat almal nie van haar sal hou nie en dat dit okei is. Dat hulle reaksie nie ‘n weerspieëling is van wie sy regtig is nie.

As persoon in die openbare oog is sy vandag steeds blootgestel aan baie kritiek. Hierdie opmerking van haar vriendin help haar steeds in moeilike tye, dat hulle reaksie op haar nie ‘n weerspieëling is van wie sy regtig is nie. Mooi, né? Dis ook iets vir elkeen van ons om te onthou wanneer die storms oor ons koppe slaan en ons onseker voel.

‘As ons God gekies het, is ons uitgekies, vergewe, aanvaar, geliefd, het ons ’n ewige erfdeel, het ons die krag van Christus in ons, volle toegang tot God en is ons Sy woonplek. En niemand kan dit ooit van ons wegneem nie. Niemand.’ Sê sy.

Toortsie

Vir nog boekbesprekings, kliek HIER, of volg my by Pinterest.

12 thoughts on “Niemand

  1. Hoe awesome is dit! Toe ek nou my Bybel leesplan oopmaak, is daar hierdie toepaslike aanhaling van dieselfde skrywer:
    Taking thoughts captive means controlling them instead of letting them control you. — Priscilla Shirer

    Liked by 2 people

      1. Nee, nie wat ek sien nie. Ek het nou met my laaste terugstuur wat ek nounet gedoen het op n lysie afgekom waar hul vra hoekom jy refund wil hê. Het toe aflaai probleem gekliek. Sal nou sien hoe dit verder gaan. Halleluja ons skuif vannag 12 uur na fase 1. Jippie.

        Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!