
Vanoggend toe ek die gordyne van ons kamervenster oopmaak, begroet hierdie gesig my en die heel eerste gedagte wat in my kop opkom is dat selfs die donkerste wolke nie God se lig kan keer nie. Nie die donkerste donker nie.
Daarvan kan ek ook getuig. In die donkerste tye, daar waar dit vir jou voel of jy nie verder kan nie, daar kom skyn God se lig deur, selfs al is dit op ‘n skrefie. Hoeveel kere in my lewe het ek al uitgeroep, Here, Help! Elke keer het Hy op Sy manier Sy teenwoordigheid gewys. Op verskillende maniere. Soms het Hy getroos. Soms het iemand net op die regte oomblik ‘n boodskap gestuur. Of iets op Faceboek gesit. Of my in die oë gekyk en presies die regte woorde gesê. Of my ‘n drukkie gegee. Of raad. Of Hy het die op die regte oomblik die regte gedagte in my kop laat opkom. Of antwoorde gestuur. Hoeveel keer het Hy direk uit Sy Woord met my gepraat.
Dis nie te sê dat dit altyd op daardie oomblik die antwoord is wat ek wou hê nie, maar daarná het ek besef dat dit die regte een was. Soms moes ek langer wag omdat Hy besig was om aan my te werk. Of aan die situasie. Of aan omstandighede. Maar selfs dán het Hy my nie alleen gelaat nie.
Op die oomblik sien ek soveel onsekerheid. Ek hoor dit in gesprekke. Ons weet nie wat ons toekoms inhou nie. Ek het ook geleer dat my krisis nie kleiner of groter is as ‘n ander persoon s’n nie, want die oomblik wat jy in die krisis is, is dit vir jou erg, ongeag hoe groot of hoe klein. Weet net dat God jou (ons) nie alleen laat in ons krisis nie. Weet dat Hy saam met jou daarin is. Dat Hy jou aan die hand vat. Dat, al ken jy nie die pad nie, Hy dit ken.
En is jy nou in ‘n bitter moeilike tyd, bid ek vir jou dat jy Sy krag sal ervaar. Sy goedheid. Sy troos. Sy hand van beskerming. Mag Sy lig ook vir jou deur jou donker wolk skyn. Mag Hy jou anker wees in jou storm.
Toortsie
Don’t know who wrote this but it’s awesome! Worth the read! I can definitely relate!
Me: Hey God.
God: Hello…..
Me: I’m falling apart. Can you put me back together?
God: I would rather not.
Me: Why?
God: Because you aren’t a puzzle.
Me: What about all of the pieces of my life that are falling down onto the ground?
God: Let them stay there for a while. They fell off for a reason. Take some time and decide if you need any of those pieces back.
Me: You don’t understand! I’m breaking down!
God: No – you don’t understand. You are breaking through. What you are feeling are just growing pains. You are shedding the things and the people in your life that are holding you back. You aren’t falling apart. You are falling into place. Relax. Take some deep breaths and allow those things you don’t need anymore to fall off of you. Quit holding onto the pieces that don’t fit you anymore. Let them fall off. Let them go.
Me: Once I start doing that, what will be left of me?
God: Only the very best pieces of you.
Me: I’m scared of changing.
God: I keep telling you – YOU AREN’T CHANGING!! YOU ARE BECOMING!
Me: Becoming who?
God: Becoming who I created you to be! A person of light and love and charity and hope and courage and joy and mercy and grace and compassion. I made you for more than the shallow pieces you have decided to adorn yourself with that you cling to with such greed and fear. Let those things fall off of you. I love you! Don’t change! … Become! Become! Become who I made you to be. I’m going to keep telling you this until you remember it.
Me: There goes another piece.
God: Yep. Let it be.
Me: So … I’m not broken?
God: Of course Not! – but you are breaking like the dawn. It’s a new day.
Become!!! 🌹
LikeLiked by 1 person
Pragtig
LikeLiked by 1 person
Wat ‘n mooi gesig om vroegoggend te aanskou!! Ekself het inhehardloop om die selfoon te gryp en toe ek terugkom, was daar net grys wolke. As mens die oomblik mis……maar daar weer oomblikke wees.
LikeLiked by 1 person
Ja, kort daarná was dit net wolke 😁
LikeLiked by 1 person
Toe is ‘n hele Toortsie in die wolke!
LikeLiked by 1 person
Man, ek is gewoonlik daar! 😂
LikeLiked by 1 person
Mooi so!
LikeLiked by 1 person
Mooi Toorts!
LikeLike
Baie dankie
LikeLike