My dogter het al verlede jaar vir my die wol en patroon gegee om vir my ‘n sjaal te brei. Twee dae ná die inperking begin het, het ek begin brei aan dit. Met drie stekies op ‘n lang sirkelpen.
Aanvanklik brei ek met opwinding. Hierdie sjaal gaan ek sommer gou kafdraf, nes die inperking wat ons binne drie weke sou kafdraf. Maklik. Tjoeftjaf. Hoe moeilik kan dit nou wees?
Maar sjaal is ingewikkelder as wat hy op die oog af lyk. Met versteekte uitdagings.
Aanvanklik gaan dit vinnig. Die steke raak ry vir ry meer. In die begin kan ‘n mens hom mooi uitsprei en tóg ‘n idee kry waarmee jy besig is.

Kort voor lank was die steke te veel, kon ‘n mens dit nie meer oopsprei nie, raak dit net ‘n warboel van ‘n klomp kleure, ‘n deurmekaarspul wat glad nie sin maak nie. Amper ‘n slegte smaak in die mond. Dit voel of jy brei en brei en die deurmekaarspul raak net meer en meer. Jy weet nie meer watter kant toe nie.
Die vinnige drie weke word verleng. Raak langer, so lank dat jy nie eers meer weet hoé lank nie. Die steke raak meer, opgebondel, maak die hele sirkelpen vol sodat jy die begin en einde van ‘n ry moet soek. Net ‘n bondel bont en deurmekaar breiwerk.
Ek maak foute. Tel kliphard. In die een ry moet jy steke maak wat jy die volgende ry afgooi. Die rye is só lank, ek vergeet soms daarvan. Soms werk die steke nie uit nie, dan beteken dit terugbrei.

Ek begin reikhalsend uitsien na die dag wanneer ek kan begin afheg. Ek begin visualiseer hoe die breiwerk gaan vrykom. Die grendels gaan loskom. Die meer as 500 steke nie meer ingeperk is tot een breipen nie. Vry. Begin tel die oorblywende rye. Op ‘n rit tussen Bredasdorp en Riversdal slegs een en ‘n halwe ry.
Vlak drie van inperking. Die einde is in sig. Die afheg begin. Ook hier is ekstra steke om lig en beweging toe te laat. Dit gebeur presies soos ek dit gevisualiseer het. Golwe en golwe breiwerk kom vry.

Wat ‘n plesier. Wat ‘n lekkerte. Brei bring heling. Dis terapie. Vervullend. My coronatrui is klaar. Mag die tyd van inperking ook gou verby wees.



Toortsie
Wowwwww dis pragtig. En jy lyk verskrilik mooi. Ek luv jou hare
LikeLiked by 1 person
Baie dankie. Die hare isdie gevolg van ‘n eie poging wat nou al 2 keer deur ‘n vriendin reggehelp moes wird. 😂
LikeLiked by 1 person
Dis ‘n baie goeie vergelyking en ‘n pragtige stuk handewerk.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie 😁
LikeLiked by 1 person
Pragtige stuk handewerk. Sjoe, terwyl jy so verduidelik sweet ek saam met jou. Dis darem n hengse klomp stele om deur te brei. Die wind resultaat is egter baie baie mooi. Ek hou ook van die kleure.
LikeLiked by 1 person
Baiedankie. Op die end was een TV episode nie lank genoeg om ‘n ry klaar te brei nie.
LikeLike
En dis waar die probleem meestal begin. Net een steek te veel of te min en als verskuif. Glo nie ek sien meer kans om so-iets te doen nie. Het Bea se laaste truitjie se pant aanmekaar gebrei. Die patroonrye het ek net stelselmatig neergeskryf sodat ek kon weet waar patroonry is. Dit was maar net n 150 steke!
LikeLiked by 1 person
Sjoe en vroeër kon ek enige patroon aanpak! Sonder dat jy besef raak jy ouer.
LikeLike
Beslis n ontdekking wat sommer so saggies naderskuif en net daar is as mens dinge aanpak waaraan jy gewoond was.
LikeLiked by 1 person
Ek sien dat my oë erg swaarkry met die borduurwerk wat ek doen.
LikeLike
Glo dit goed. Ek het nou n spesiale leesbril en nou is my oë besig om te verswak met die middelafstand waarmee ek al die rekenaar leeswerk doen. Sal weer moet gaan vir oogtoets want dit kannie so aangaan nie.
LikeLiked by 1 person
Ek het multifokale lense. Dit werk wonderlik. Heel in die begin het dit ‘n bietjie aanpassing gevra, maar nou wil ek niks anders hê nie. Hulle stel hom in vir alles wat jy doen, so dis altyd reg.
LikeLike
Sal bietjie daarvoor vra hier. Ek het maar altyd tri vokale lense gehad. Dis hoekom ek die leesdeel laat uithaal het sodat daar meer spasie is vir die ander twee vlakke in die gewone bril. My leesbril se lense is baie dik noual.
LikeLiked by 1 person
Hierdie sjaal gaan jy altyd onthou, Toortsie. Veral die tydperk waarin jy moes brei. Goeie vergelyking.
LikeLike
Ja. Ek sal. ❤️
LikeLike
Baie geluk met die vasbyt, ‘n besondere stuk handwerk met ‘n treffende vergelyking met die situasie waarin ons ons bevind
LikeLiked by 1 person
Dankie
LikeLike
Dis ‘n pragtige sjaal. En dit lyk so lekker snoesig.
Mal oor jou ‘funky’ kort hare ook!
LikeLiked by 1 person
Dankie 😁 Die hare is ekstra kort omdat ek op ‘n stadium daarin gaan karring het 🙈. Dit is nogal snoesig.
LikeLike
Ek hou van jou vergelyking!! Jy het deursettingsvermoë 😊 Die sjaal het nou sy naam gekry… en sal hom sekerlik behou al bestaan hy nie meer nie.
LikeLiked by 1 person
Ja, hy sal sy naam behou.
LikeLike
Man, jou coronasjaal is pragtig! En dit sal jou altyd herinner aan n baie ongewone tyd!
LikeLiked by 1 person
Erg ongewoon!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie. 😁
LikeLiked by 1 person
Pragtig. Ek hou van die kleure. Jy is werklik ‘n vrou wat kan volhard.
LikeLiked by 1 person
Dankie 😁
LikeLiked by 1 person
Dis beautiful verby!!! Geluk met jou pragtige sjaal….hierdie gaan n erfstuk word.
LikeLiked by 1 person
Dankie. 😁
LikeLike