Ek, ‘n middeljarige, geniet hierdie boek wat bedoel is vir tieners en jong vroue dalk selfs meer as wat die teikengroep dit geniet. Skitter, deur Priscilla Shirer, handel oor ons identiteit in Christus.
Sommer oor daardie ‘nie goed genoeg nie’- gevoel waarmee soveel van ons loop, daardie onsekerheid oor onsself wat ons soveel keer het, daardie twyfel.
Sy vertel dat sy so graag die guns van iemand wou wen, maar nooit reggekry het nie, dat dit ‘n obsessie geraak het. Totdat iemand vir haar gesê het dat dit so is dat almal nie van haar sal hou nie en dat dit okei is. Dat hulle reaksie nie ‘n weerspieëling is van wie sy regtig is nie.
As persoon in die openbare oog is sy vandag steeds blootgestel aan baie kritiek. Hierdie opmerking van haar vriendin help haar steeds in moeilike tye, dat hulle reaksie op haar nie ‘n weerspieëling is van wie sy regtig is nie. Mooi, né? Dis ook iets vir elkeen van ons om te onthou wanneer die storms oor ons koppe slaan en ons onseker voel.
‘As ons God gekies het, is ons uitgekies, vergewe, aanvaar, geliefd, het ons ’n ewige erfdeel, het ons die krag van Christus in ons, volle toegang tot God en is ons Sy woonplek. En niemand kan dit ooit van ons wegneem nie. Niemand.’ Sê sy.

Toortsie
Vir nog boekbesprekings, kliek HIER, of volg my by Pinterest.
Klink inderdaad na ‘n skitterende boek met groot wysheid
LikeLiked by 1 person
Ek geniet hom. Glad nie ingewikkeld geskryf nie.
LikeLiked by 1 person
Hoe awesome is dit! Toe ek nou my Bybel leesplan oopmaak, is daar hierdie toepaslike aanhaling van dieselfde skrywer:
Taking thoughts captive means controlling them instead of letting them control you. — Priscilla Shirer
LikeLiked by 2 people
Sowaar! 😁
LikeLike
Mooi resenseer, Toortsie
LikeLiked by 1 person
Dankie liewe Seegogga.
LikeLike
Ek het hom nou by Book Depository bestel. Dis nou wel in Engels maar dis ook goed so. Nou gaan ek hom in my hand kan hou en regte bladsye omblaai. Ek kry steeds nie dat my eboeke gestuur word nie. En ek kry nie waar ek kan kla nie.
LikeLiked by 1 person
Is daar nie onderaan Amazon ‘n contact us nie?
LikeLike
Nee, nie wat ek sien nie. Ek het nou met my laaste terugstuur wat ek nounet gedoen het op n lysie afgekom waar hul vra hoekom jy refund wil hê. Het toe aflaai probleem gekliek. Sal nou sien hoe dit verder gaan. Halleluja ons skuif vannag 12 uur na fase 1. Jippie.
LikeLiked by 1 person
Sjoe! Fase 1. Ek kan net wens!
LikeLiked by 1 person
Perfek, Toortsie, klink na een om te lees
LikeLiked by 1 person
Ek het dit regtig baie geniet.
LikeLiked by 1 person