Wie is dit op die olifant se rug?

Wat ‘n fees! Sjoe! Het julle gelees by Kameel? WOW! Ons het gelyndans in ons lieflike rokke en toe word ons verras met Footloose, toe is dit Una in die kollig en ons staan daar verstom, want sy lyk so mooi en die skare juig en gaan mal. Terloops, ons het nog nie al die Towerinne se rokke bewonder nie, julle kan nog steeds julle rokke kom wys op julle blogs.

Dis die een verrassing op die ander. Alles gebeur so vinnig en dis of ek nie alles kan inneem nie. Die een oomblik is ons op ‘n motorfiets, net om die volgende oomblik die geleentheid te kry om die sirkuskarakter te wees waarvan ons nog altyd gedroom het.

Wel, ek het nog nooit vreeslik daaroor gedroom nie, maar sou graag op ‘n olifant se rug wou ry. Ongelukkig was daar net een Towerin wat die beurt kon kry. Mnr Barnum kom toe na my en sê dat hy weet hoe graag ek op ‘n olifant wil ry, maar dat hy eerder wil hê dat ek ‘n nar moet wees, siende dat ek die regte nargesig het! 😳

Ek het my ingehou, maar wonder stilweg wat hy dáármee bedoel. 🥺 Nargesig. 🤨Bid jou dit aan. Ek sou dink hy kies my as nar omdat ek so lank is!

Wel, voor ek my oë behoorlik kon uitvee, het ek ‘n oranje krullebolpruik op my kop en ‘n rooi neus en groot skoene aan en moes ek perform.

Julle weet van narre. Hulle is lomp en oral in die pad, hulle kan net niks behoorlik regkry nie, maar foeter oral in. Hulle val van die fietsies af, kan nie ‘n bal vang nie, noem maar op, val van die swaai af …

Wel, ek hét daai dinge gedoen, lomp en lank soos ek is. Geval oor my eie voete.

Die skare het gelê soos hulle lag.

En weet julle wat? Die bevoorregte Towerin op die olifant het nie omgegee toe ek agter haar rug op die olifant se rug klim nie, nargewaad en al. 🤣

Toortsie.

Suiwer verbeelding van die Toortsie.

Hierdie skrywe is deel van ons Towerin-storie, en indien iemand wil loer waaroor dit gaan, kliek op die volgende skakel.  https://fresh.inlinkz.com/p/556868f82eae403d9143258e74ee97b1

30 thoughts on “Wie is dit op die olifant se rug?

        1. As ek nou ‘n rukkie uit hierdie soelery kan klim, dink ek nogal ek us nie ‘n natuurlike nar nie. Ek jan sompel wees, maar raak selfbewus as die mense vir my kag. En ek is regtig lomp. Ek dink sirkusnarre is baie rats, moet wees om dit te doen wat hulle wel doen.

          Liked by 1 person

    1. Ek was mal daaroor! Ek wonder net steeds wie was die gekose Towerin wat wel op die olifant mag ry?
      Oranje is baie laag op my lys van gunstelingkleure. Gelukkig was dit ‘n helder oranje.

      Like

  1. Toorts- so bly jy het my kans gegee op Ollie- ek wou nog altyd so op n olifant ry. Ag dit was lekker toe jy saam met my opklim. Ek is mos ook n nar. Ek val sommer vanself oor my eie voete en vang al die balle mis. Ons is n wonderlike span!!!

    Liked by 1 person

  2. Ek het darem in Bali die voorreg gehad om op ń olifant te ry, nogal lekker so hoog op oom Ollie se rug, maar die snaakste ding om op te ry is ń kameel. Ek sou nogal graag op een van daai pragtige wit perde met die fensie naam wou ry. Jy was ń uitstekende nar en die oranje hare het jou gepas.

    Like

Gesels saam, asseblief!