Ek sien vanoggend die aanhaling onderaan my dagboek is:
‘If I listened to the critics I’d have died drunk in the gutter.’ – Chekov
Soveel keer ís die doemprofete reg, maar soveel keer meer is hulle verkeerd. Wat is daar negatief van jóú gesê wat toe glad nie so uitgedraai het nie? Hoeveel keer is daar vir jou gesê jy gaan dit nie maak nie?
Ek kon baie keer die twyfel in mense se oë sien as ek sê ek gaan iets doen. Wat? Jy? Wil jy ‘n halfmarathon draf? Is jy ernstig, gaan jy Banting probeer? Madelé is soos skilpadjie …
Hulle vertel die storie van die klomp paddas wat tot bo op die toring wou spring. Almal het kom kyk en eenparig besluit dat hulle dit nie gaan maak nie. Die paddas spring en spring, al hoër. Een vir een val hulle uit. Net een behaal die eindpunt. Die rede? Die padda was doof en het nie die doemprofete gehoor nie!
Soveel boeke word geskryf van mense wat, teen die meeste mense se verwagtinge in, ongelooflik uitstyg bo hulle omstandighede. Miskien word daar nie eendag oor jou of oor my ‘n boek geskryf nie en sit maak ook glad nie saak nie.
Ek wil jou vandag uitdaag: Kyk ‘n bietjie hoeveel keer het jy, teen ander se verwagtinge in, dalk ook selfs teen jou eie verwagting ‘n sukses gemaak.
Daarmee sê ek nie dat ons goeie raad in die wind moet slaan nie, maar dit help om te glo in jouself en nie altyd die doemprofete se raad te volg nie.
Toortsie
Wat ‘n positiewe boodskap, dankie
LikeLiked by 1 person
Ek hou van die padda storietjie 🤔
LikeLiked by 1 person
Ek ook! 🙂
LikeLiked by 1 person
Nie my storie nie, gehoor iewers. 🙂
LikeLiked by 1 person
Dankie vir die ‘reminder’…waardeer dit so baie vanoggend
LikeLiked by 1 person
Ons kan, Woordnoot, ons kan.
LikeLike
Vir mense is dit onmoontlik, vir God is alles moontlik. Sterkte. ❤
LikeLike
Dis ‘n baie bemoedigende storie, dankie Toortsie.
LikeLiked by 1 person
Daardie uitleg oor hoekom die padda dit gemaak het is briljant!
LikeLiked by 1 person
Jip. Doofheid het soms voordele. 😁
LikeLike
Dis waar, mens moet jou nie steur aan kritiek wanneer jy ‘n droom het om te vervul nie.
LikeLiked by 1 person
Ja. Terselfdertyd moet jy ook maar hoor wat kundiges sê. Dis eintlik ‘n moeilike een hierdie. Moet jy of moet jy nie?
LikeLiked by 1 person
Natuurlik luister jy na goeie raad, maar diegene wat jou planne afskiet sonder goeie rede of geen ander oplossing aan die hand kan doen nie, ignoreer jy.
LikeLiked by 2 people
Goed opgesom. 😁
LikeLiked by 1 person
Jip goeie raad. Wees doofus vir negatiwiteid
LikeLiked by 1 person
Doof..
LikeLike
😊
LikeLike
Mooi gesê Toortsie en Hester. Mens kry altyd die wat jou wil afskiet. Doofheid in die geval is defnitief voordelig.
LikeLiked by 1 person
Ek stem so saam. Dankie vir die deel.
LikeLiked by 1 person