The Tinderbox -Beverley Lewis

The Tinderbox deur Beverley Lewis.

The Tinderbox is een van Beverley Lewis se nuutste boeke oor die Amish gemeenskap en vertel van ‘n pragtige gesin wat se lewe totaal omver gewerp word deur die oopmaak van ‘n kissie (tonteldoos) wat nog al die jare op ‘n rak gestaan het en wat niemand mag oopmaak nie. Toe hierdie kissie oopgesluit word, word geheime van ‘n leeftyd ontbloot, tot groot ontwrigting van die gesin, maar ook die hele Amish gemeenskap.

Saam met die Millers beleef ek as leser die skok, die hartseer, die berou, die vergifnis van die gesin. Ek beleef hoe hulle met God praat om hulle probleme uit te sorteer. Ek beleef hoe hulle eerder kies om die regte ding te doen. Ek beleef hoe hulle as gesin saamstaan en sterker anderkant uitkom. Ek beleef ook die worsteling om die self te vergewe.

Met die vorige Amish-boek het ek soms gevoel dis bietjie langdradig, tot ek nou besef het dat dit stadig geskryf móét word sodat ons as lesers die rustigheid van die gemeenskap kan beleef. ‘n Boek kan nie teen vliegtuigspoed geskryf word terwyl die mense nog op perdekarre ry nie!

Ek beveel hierdie boek beslis aan en sien uit na sy opvolg, The Timepiece, wat later hierdie jaar verskyn. Ek het die Engels geniet waarin die boek oorspronklik geskryf is.

Dankie aan CUM-boeke vir die voorreg om al hierdie boeke te kan lees.

Toortsie

Vir nog boekbesprekings, kliek HIER, of volg my by Pinterest.

2 thoughts on “The Tinderbox -Beverley Lewis

Gesels saam, asseblief!