
Drie professionele ouens stap tegelyk, skertsend, saam by ‘n kuierplek in: Jackie, Jamie en Christian. Hulle het groot planne. Die gedagte is dat elkeen van hulle die ander iets nuuts moet leer. Elkeen van hulle het spesiale gawes wat hulle tog te graag met die ander wil deel.
Die kuierplek sit vol nuuskieriges, dit was regtig ‘n groot lokaas om hierdie drie manne van aansien in lewende lywe te sien en te kan ontmoet. Almal weet tog van die lof wat al drie hierdie manne al, elkeen op sy eie terrein, ontvang het.
Heel eerste is Jamie aan die beurt, Engelse sjef en restauranteur, wie se grootste droom is om kos toeganklik te maak vir almal. Hy demonstreer die gaarmaak van ‘n lieflike bladtjoppie, sodat dit sag is, selfs by die Cloete-se-oor. Hy is ‘n regte causeur en gesels vlot oor hoe om taai vleis te vertroetel sodat dit uiteindelik lieflik sag en eetbaar in die mond beland. Die ander twee manne probeer hulle bes om hom na te doen en kry dit tog reg.
Nou kom Christian aan die beurt. Almal weet hoe hy gevaarlike toertjies kan uithaal. Jackie voel gemaklik, hy is tog self ‘n akteur, ‘n noeste man met vele talente en nie ‘n lui haar op sy kop nie, iemand wat die Oosterse vegkuns bemeester het.
Jamie, aan die ander kant, voel ietwat angstig, hy weet nie wat om te verwag nie en vrees dat Christan nie by ‘n eentonige roete sal hou nie en ‘n paar aksies uitvoer wat hy nie sal kan navolg nie. Hy suig senuagtig aan die shandy wat in ‘n roemer gegooi is, slukkie vir slukkie in die hoop dat die voggies hom sal kalmeer.
Net soos Jamie verwag het, is die beweging wat Christian dink eenvoudig is, heeltemal bo sy vuurmaakplek. Christian, atleties gebou en baie slap in die lyf, doen dit, tipies in sy styl, eenvoudig en maklik. Jackie volg hom, nie heeltemal so maklik nie, maar hy ken die plan en werk daarvolgens. Hierná volg Jamie. Eers voel dit of hy knoop, dan probeer hy homself spaar, om Batman te versinnebeeld, maar selfs dít help nie. Dit voel of hy van die tafel geveeg word, en hy val neer. Elke vesel in sy lyf jeremieer terwyl hy op die vloer lê, platgeslaan. Hy voel nietig, of iemand hom streepsuiker gegee het, met platjan toegetakel het. Eintlik voel hy of hy hallusinieer, in ‘n chimera.
Die toeskouers geniet elke oomblik, ‘n klomp ramme wat aangehits word deur die opwinding.
Ná ‘n ruskansie en ‘n hele paar drankies verder, is dit Jackie se beurt. Almal verwag dat hy ‘n stukkie vegkuns gaan demonstreer, maar verras die hele gehoor. Wat min mense weet, is dat hy ‘n operasanger van formaat is, en besluit om sy twee maats ‘n stukkie te laat sing. Christian is moedeloos, maar Jamie kry ‘n tweede asem, hy kán sing. Die twee van hulle sing Barcelona soos niemand anders nog ooit gehoor het nie en stilweg wonder Christian of hulle nie agter die coulisse gekonkel het om hom terug te betaal vir die streep wat hy vir Jamie getrek het nie.
Natuurlik was alles wat julle nou hier gelees het, pure verbeelding van Toortsie, in ‘n poging om al die moeilike woorde wat Lekkervurig uitdink, te gebruik. Die woorde is almal in bold, net ingeval jy wonder watter woorde dit is.
Toortsie
Grinnik… ek bly doodstil…
LikeLike
Hoekom? Praat ek deurmekaar? 🙂
LikeLiked by 1 person
Nee jy laat my altyd glimlag…
LikeLike
Dis ‘n GROOT kompliment. 😁😎
LikeLiked by 1 person
Kyk hoe helder skyn Toorts wat Vrydag net wou bly lê! Woordtowerkuns. Dankie Toorts dat jy die woorde so oulik en glad snoer en die drie manne se geaardhede en talente ook mooi geryg het. Bravo, soos altyd.
LikeLiked by 2 people
😊 Jy smokkel met ons koppe. Toe ek Vrydag die opdrag lees, het ek gevoel soos Jamie na sy toertjie, doodgegooi. 😁
LikeLiked by 1 person
Nee wat, ons lief Afrikaans en is mos Towerinne. Julle mor en kla immer met nuwe uitdagings. Ek het amptelik Shrek se was in my ore en ‘n hartpil onder die tong daarvoor, want een vir een kom julle by en ons bou vir ons ‘n skatkis vol verbeel en blogpret. Mwah!
LikeLiked by 2 people
Pret is dit gewis. 😁 of ek al die woorde reg gebruik, betwyfel ek, maar dis maar ook reg so.
LikeLike
Puik gedoen, sommer puik. Ek gaan nie so maklik oor die lat seil kom nie. 😉
LikeLiked by 1 person
Natuurlik sal jy!
LikeLike
Jy is ‘n skrywer van formaat.
LikeLike
Daai mor en kla is sommer deel van die proses. The show must go on.
LikeLike
Oor die lat seil nir. Ai die vingers.🙈
LikeLiked by 1 person
😁
LikeLiked by 1 person
Kostelik en oulik geskryf, Toortsie!
LikeLiked by 1 person
😊
LikeLiked by 1 person
Kyk nou net wat vang jy met hierdie string woorde aan! Baie goed gedoen, Toortsie!!!
LikeLiked by 1 person
Dankie. Julle is almal net so oulik. 😁
LikeLike
Hoekom is jy nie op Link…watse naam se dinges nie? Jy het jou goed van jou taak gekwyt….welgedaan!!!
LikeLiked by 1 person
Ag man, oor ek met my selfoon werk en soveel gesukkel om daar in te kom en dan vra hulle ‘n password wat ek gewoonlik nie by my het nie, dan los ek sommer en hoop dat jy of Hester my sal opsit. 😊
LikeLiked by 1 person
Sal gou kyk of ek jou kan opsit 😊
LikeLiked by 1 person
Dankie vir goeie maatjies.
LikeLiked by 1 person
Nou toe, ek is bly jy erken dat die gesteun en gekreun deel van die pret is. Dis baie goed Toortsie – ek dink hierdie toneel sal nogal goed lyk op reality teevee.
LikeLiked by 1 person
O so? Xena het my destydsgeleer datdit deelvan die storie is. Mens moet effe kla oor die uitdaging. Terselfdertyd moet jy bly wees dat jy nie oorgelaat is nie.
LikeLiked by 1 person
Dis net so!
LikeLike
Lekker snoer jy darem nou alles hier. Dit is ook n lekker episode vir ons sepie of fliek wat ons kan saamflans. As elke Towerin n eie episode insit kan daar n heerlike kyk verhaal word.
LikeLiked by 1 person
Omtrent!
LikeLiked by 1 person
Ek dink hierdie week se uitdaging is vrek oulik, maar ek verstaan nie al die woorde nie so ek lees maar en leer by julle slimmes. 😄
LikeLiked by 1 person
Dink jy enigsins ons verstaan dit? 😳 Google moes help en vir al wat jy weet, gebruik ek hulle heeltemal verkeerd
LikeLiked by 1 person
Ha ha! Jy is baie beter as ek. Ten minste het jy die taak goed hanteer. 😁
LikeLike
Baie dankie. Daar is nog tyd, probeer gou. 😁
LikeLiked by 1 person
Jy hoef nie al die woorde te gebruik nie.
LikeLiked by 1 person
Nee man, waag! Dit gaan sommer oor die strek van jou grense en deelname as iets anders.
LikeLiked by 1 person
My grense word hopeloos teveel deur my kinders en man gestrek. 😂 Belowe ek sal meer guts hê met die volgende een. 😜
LikeLiked by 1 person
❤️
LikeLiked by 1 person