‘n Doodledagboek vir Meisies

Is ek nou sowaar beïndruk met hierdie Doodle-dagboek vir meisies! Ek dink regtig dis ‘n oulike boek om vir enige tienermeisie as geskenk te gee.

Dit is ‘n Christelike boek, uitgegee deur Cum Boeke, en geskryf deur Nancy Taylor. Dit het 150 bladsye, op lekker dik papier gedruk. Elke dubbelbladsy bestaan uit ‘n dagstukkie op die een blad en dan ‘n lekker inkleurblad of aktiwiteitsblad of sommer net krapblad, as jy dit so wil noem. Dis ook in ‘n lekker kindervriendelike skrif geskryf wat nie te klein is nie, ook nie te groot nie.

Dit behels geloofsake, maar ook sommer net gewone leefsake. Sonde word aangespreek, maar ook die redding wat Jesus bring. Die verskillende afdelings is: Ek en God; Wie is ek?; O, die vreugde!; Tevredenheid; Familie maak saak; Vriende en vyande; Ware liefde; Ware skoonheid.

Een van die stukkies wat vir my regtig oulik is, nooi die tiener uit om op die uitkyk te wees vir ‘n ander meisie wat dalk eenkant sit en nie maats het nie, dat sy, die een wat hier lees, die een moet wees wat uitreik en vriendelik is met daardie meisie, wat by haar gaan sit, vir haar ‘n saamrygeleentheid bied. ‘n Ander oulike stukkie gaan oor reinheid, oor seks wat bedoel is vir die huwelik.

Ken jy ‘n oulike tienermeisie vir wie jy ‘n geskenk wil koop? Kry gerus ‘n Doodle-dagboek vir Meisies deur Nancy Taylor. Dis oorspronklik uitgegee in Engels as Doodle Devotions for Girls.

Groete

Toortsie

2 thoughts on “‘n Doodledagboek vir Meisies

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s