Dis weer tyd vir Capital Singers! Yesssss! En ek gaan, as alles goed gaan, 1-5 Mei vanjaar saam met hulle sing!

Capital Singers is ‘n massakoor wat drie keer per jaar in Pretoria optree. Hulle word begelei deur ‘n simfonie orkes. Ons kry die musiek sowat ‘n maand voor die tyd en elkeen oefen op hul eie by die huis. Ons kom drie dae voor die tyd bymekaar wat ons vir ‘n vale oefen, om ‘n absoluut professionele produksie staan te maak.
In die verlede het hulle in die Staatsteater gesing, maar hulle het die tent groter gemaak om ‘n groter koor en natuurlik ook groter gehoor te kan akkommodeer en sing deesdae in die Sun Arena by Time Square, Pretoria.
Woon jy in Pretoria of omgewing? Het jy al ooit ‘n Capital Singers Produksie gaan kyk? Doen jouself ‘n reuse guns en gaan kyk vir hulle op Saterdag 4 Mei of Sondag 5 Mei. Ek belowe jou, jy sal nie spyt wees nie. Bespreek by Computicket.
Die gaskunstenaars is Joseph Clark, Elvis Blue en Vicky Sampson. Ons sing die goed uit die sewentiger- en tagtigerjare, die musiek van my jongweesdqe. Queen. Abba. …
Wil jy hoor hoe hulle sing? Op hierdie video is die koor nog 650 stemme groot. Mei vanjaar gaan hulle meer as 1000 lede hê! Woehooe!
Intussen het ons sangers reeds die musiek ontvang en is ons almal hard aan die oefen om van Mei se Capital Singers weer eens ‘n massiewe sukses te maak.
Kom kyk vir ons!
Groete
Toortsie
‘n Vriendin se kinders sing in die koor – ons het reeds kaartjies gekoop vir 5 Mei. Ek sien baie uit daarna! Geniet Pretoria…
LikeLiked by 1 person
Ahaaa! So julle is in die gehoor! Mooi!
LikeLike
Wonderlik! Ek het verlede jaar al ingeskryf en myself voorgeneem, hoog of laag, hierdie jaar gaan ek deelneem!
LikeLiked by 1 person
Ek het ook dadelik ingeskryf toe dit oopmaak, te bang ek kry nie plek nie. Ag, as ek een keer per jaar kan sing, is my jaar gemaak.
LikeLiked by 1 person
Is dit jou eerste Capital Singers?
LikeLike
Dit sal my eerste wees. Ek het verlede jaar toe jy daaroor geblog het, dadelik geregistreer op hulle webwerf. Elke geleentheid laat verbygaan, maar die jaar is ek in ‘n beter kopspasie so as die Here wil en solank leef kyk ek na die September of Desember optredes
LikeLike
O so ek sien jou nie Mei nie. Jy gaan dit baie geniet.
LikeLiked by 1 person
Geniet die dag, aand, week!!!!
LikeLiked by 1 person
Dankie. Dis baie opwindend
LikeLike
Ek laat Homer sommer graswewenaar word. Hy wil mos my flop helfte opvreet.
LikeLiked by 1 person
Ja! Dan kom sing jy saam!
LikeLike
Dis seker ‘n belewenis Toortsie, ek sien so uit daarna!! Wat ‘n voorreg 💖
LikeLiked by 1 person
Ek het dit nog net een keer gedoen. Dit was fantasies.
LikeLike
Yay!!
LikeLiked by 1 person
Ek het probeer inskryf maar die website was net not available. E weet nie of die fout in d paarl of by capital singers was ni
LikeLike
Jy kan nog inskryf tot 1 April
LikeLiked by 1 person
Ai Toorts ek h amper betaal ma toe sê iets ek moet kyk wanneer ek vir y Worc k8nd moet babysit: dis naweek v 5 Mei! Ai! Ga ha morw kontak en uitvind. Ma sy h my reeds lank gelede ” bespr”
LikeLiked by 1 person
Als reg. ❤️
LikeLike
Nee ek wil eintlik sooo graag gaan! Ma nouja, kan seker nie kind in steek laat ni!
LikeLiked by 1 person
Kom donderweer en bliksemlig vir Toorts gaan jy nie onderkry. Sing dié gaan sy sing; haarself met skares laat omring. 😁
LikeLiked by 1 person
Oeee dit gaan lekker wees.
LikeLiked by 1 person
Toortsie is toegerus met ‘n flip file om haar te beskerm teen die blitse. 😊
LikeLiked by 1 person
Goeie idee Toorts!!! Honderd myl per uur, hardloop Toorts “flip file” in die hand, deur die hemel se vuur!! 😂😂😂
LikeLiked by 1 person
Dit het my die vorige keer deur die storm gehelp, hoekom nie weer nie? Maar Mei is julle storms mos al oor? Né?
LikeLiked by 1 person
Ja Toorts….Mei is die storms oor 😂😂😂
LikeLike
Dankie TOG!
LikeLiked by 1 person