Lê jou eier: Gesels saam oor boererate, in opdrag van Hester.
Hierdie opdrag laat my gedagtes ver terugloop na my hoërskooljare. Ons moes een keer in pare mondeling praat, dialoog, en ek en ‘n meisie het ‘n dialoog gevoer oor boererate. Ons het só gegiggel, ek dink nie ons het enige raat uitgedeel nie!
Watter boererate pas ons toe, vra Hester.
Vir stinkneus gebruik jy ‘n sout/koeksoda oplossing. Stinkneus? As jou sinusholtes verstop en dit regtig nie meer lekker ruik nie, werk dit wondere as jy jou neusholtes uitspoel met ‘n mengsel, as volg voorberei: 1 liter kookwater, met 1 teelepel sout en 1 teelepel koeksoda. Laat dit afkoel. Wil julle die gory detail weet van hoe dit gedoen word? Regtig? Urg!
Vir ernstige hoes glo die Toortsie gesin aan witblits en heuning. Meng gelyke hoeveelheid, omtrent ‘n eetlepelvol van elk, witblits en heuning. Sit dit in die mikrogolf sodat dit smelt. Eet teelepelsvol.
Antoinette Pienaar se kasterolie. As ek vir ou mense die woord kasterolie noem, gril hulle by voorbaat. As ek klaar gebad het en my vel nog warm is na die afdroogslag, smeer ek my hele lyf in met ‘n klein bietjie kasterolie. Dit werk baie beter as enige lyfroom. Net ‘n klein bietjie, anders is dit taai.
Van dieselfde kasterolie sit ek saans ‘n druppelvol op twee wattetjies, daardie plat watte wat ‘n mens deesdae kry, wat is hulle naam? Dan sit ek so ‘n wattetjie op elke oog en lê ‘n paar minute op my rug. Die oogkundige het nou die dag amper op sy rug geval toe ek dit vir hom vertel. Blykbaar baie sleg vir jou oë, sê hy. Ná ‘n vreeslike klop onnodige toetse op al wat masjien is, kondig hy ernstig aan dat ek kroniese droë oë het, waarop ek gesê het, ek weet, ja.
Ag, en dan smeer ek ook Vics, soos vele Suid-Afrikaners. Ek hét op ‘n stadium met ‘n aartappel in die bed geslaap, maar of dit regtig gewerk het, kan ek nie meer onthou nie. Nou bant ek en het nie meer aartappels in die huis nie, wat nog te sê in die bed.
Gaan stap ‘n ent in die veld vir die senuwees en kom weer terug na die eenvoudige dinge: Eenvoudige kos sonder fieterjasies, maak jou eie groentetuin, jy sal nie glo hoeveel beter jy voel van jou eie, gesonde groente nie, en dis natuurlik ook terapeuties om in die tuin te werk, sê hulle. Maar Toortsie werk nie eintlik in die tuin nie!
Genoeg raad uitgedeel. Gaan lees bietjie HIER wat skryf die ander bloggers oor dieselfde onderwerp, en dalk het jy self ook lus om hieroor te skryf?
Groete
Toortsie
Ek glo steeds in Vicks. Soos jy sê, gesond eet en leef is eintlik die antwoord op baie kwale.Baie interessant dankie , Toortsie!
LikeLiked by 2 people
Maar ook ek is soms lui vir gesonde keuses. 😊
LikeLiked by 2 people
My man vra of hy die hoesmengsel kan aanmaak met goue stroop – hy hou nie van heuning nie. En presies hoeveel lepelsvol mag hy op ‘n slag eet? Ek verstaan nie jou oogarts se beswaar oor kasterolie nie. My huisdokter het my ma aangeraai om dit te gebruik. Om die waarheid te sê, die verskriklike duur oogdruppels wat ek in my bedkassie se laai aanhou, bevat ook ‘n olie, nou nie noodwendig kasterolie nie, maar regtig …
LikeLiked by 2 people
Ek dink die heuning smeer en het genesingseienskappe. Dis natuurlik, en nie ‘n gekookte stroop soos goue stroop nie. Hy hou aan totdat hy beter voel, of dronk genoeg is en nie meer hoes nie! 😂
LikeLiked by 2 people
Of totdat sy vrou hom teen die kop klap. Dan moet hy boonop nog ‘n ou panado’tjie ook drink.
LikeLiked by 3 people
Ai toggie
LikeLiked by 1 person
Haha lag ek vir jou
LikeLiked by 2 people
Toortsie, ek sien nie jou skakel op InLinkz nie?
LikeLike
Dis vir my moeilik omdat ek met selfoon werk. Moet mens password gee? Nóg ‘n hekkie.
LikeLiked by 1 person
Ons het almal sommer die verifikasie gedoen deur op die facebook icon te kliek. InLinkz aanvaar dus facebook se verifikasie van die e-pos-adres wat gebruik om op facebook aan te teken. Jy hoef dit net die eerste keer te doen.
LikeLike
Ek het geregistreer met ‘n password. Dié lê in my kantoor op die plaas.
LikeLiked by 1 person
Ek dink in daardie geval sal jy moet aanteken met die password – wat nou op die plaas lê 😜 Ek sal jou skakel gaan opsit.
LikeLiked by 1 person
Ek het so gehoop jy bied dit aan! Dankie. 😊
LikeLiked by 1 person
Hier is ń paar idees wat ek net dalk gaan probeer uittoets. Sal jou laat weet as iets werk.🤗
LikeLiked by 1 person
Oppas vir te veel witblits! 😳
LikeLiked by 1 person
My gunsteling in jou skrywe is om in die veld te gaan stap…
LikeLiked by 2 people
Nou toe! 😊 Doen daai ding.
LikeLiked by 1 person
Jy kan vir my witblits as geskenk stuur. Die heuning sal ek hanteer 😊
LikeLiked by 2 people
O né. 😂
LikeLiked by 1 person
Jy verwag nie ek moet in ‘n bottelstoor inloop nie Toorts….ek weet nie eers wat witblits is nie. 🙄
LikeLiked by 1 person
Die mans weet!
LikeLiked by 1 person
Jy hoef nie te weet wat dit is nie, maar weet dat dit erg brand as jy ‘n shot net so wegsluk. Dit slaan jou asem behoorlik weg.
LikeLiked by 1 person
Geen wonder jy hou op hoes nie…asem weggeslaan!!!
LikeLiked by 1 person
Net so! Dis glad nie so sterk as dit in die mikeogolf was en met heuning gemeng is nie. Jy gebruik mos ook baie min dan. My dogter het vreeslik daarin geglo. Hoesstroop maak jou mos later naar. Sy het selfs haar botteltjie witblitsmengsel saamgeneem skoolkoshuis toe! 😳
LikeLiked by 1 person
Julle Transvalers ken witblits as mampoer. Een en dieselfde ding.
LikeLiked by 1 person
Mampoer is van perskes en witblits van druiwe, maar die eindproduk is naby aan mekaar.
LikeLiked by 1 person
Goeie rate wat jy hier het. Ek’t nog nie die witblits probeer omdat ek nie soiets in die hiuis het nie.Gemmer ook n belangrike hulpmiddel/raat. Ek gebruik nie sommer vics nie. Gaan dit in my blog verduidelik. Dis soos jou kasterolie en jou oë.
LikeLiked by 2 people
My ma het ‘n pons gemaak as ons suek was met gemmer en heuning en wat nog alles.
LikeLike
Gemmer en n knerstie brandewyn en jy sweet daardie verkoue skoon weg!
LikeLiked by 1 person
Vicks o ja, die kasterolie lyfroom gaan ek probeer maar jou heel laaste stukkie raad is voorwaar die beste xx
LikeLike
Nou moet ek eers weer loop kyk wat was die laaste raad! 🙂 O, die onthougoed werk nie so lekker nie.
LikeLike
Net nie te baie kasterolie nie, hoor. In die begin voel dit maar vreemd, maar ‘n mens raak gou gewoond daaraan.
LikeLike