Dit is en bly vir my verstommend hoe vinnig die natuur herstel ná ‘n ramp. Net in November verlede jaar het ons berg afgebrand. Dit was droog ook nog.
Intussen het God reën gestuur en my man nooi my saam om gou te gaan kyk hoe lyk dit in die berg.
Asemrowend mooi. Pragtig. Oral is nuwe groei.
Wat ‘n wonderlike voorreg om dit te kan beleef.
Our God is an Awesome God.
Toortsie.
Amen daarop, Toortsie.
LikeLiked by 1 person
Dis wonderlik hoe die natuur homself herstel. Ons vergeet dat brand ook deel van die siklus is en baie nodig is vir balans.
LikeLiked by 1 person
Ja dit is nodig vir die fynbos om te ontkiem, maar joe, dis angswekkend.
LikeLiked by 1 person
Ek kan my nie voorstel hoe dit moet voel as jy die vlamme so sien aankom nie!
LikeLiked by 1 person
Jong! 😳
LikeLiked by 1 person
Die fotos waar die blommetjies in is, laat my sommer vanoggend huil want die area daar lyk presies soos die plekkie op die Swartberge waar ons 5 jaar gelede my Pa se as gaan strooi het….
LikeLike
Ai. ❤
LikeLike
Waar in die Swartberge het julle sy as gaan strooi?
LikeLike
Bo op die kruin…naby die hartbeeshuisies wat deur die Parkeraad uitverhuur word…ons het van daar af afgestap na die huisies toe waar ons geslaap het
LikeLiked by 1 person
O, ek ken nie dit nie.
LikeLike
Ons het van Oudsthoorn af soontoe gery, maar ek ken glad nie die wêreld daar nie…en my gedagtes was nie all there nie
LikeLiked by 1 person
Lieflik God se genade-tuin in my oë is natuurlik Sy fynbos-tuin. My hartsplek die Overberge!!
LikeLiked by 1 person
❤️
LikeLike
Hierdie is by Riversdal.
LikeLike
Oops amper Overberg 😶
LikeLike
Ek woon mos in die Overberg. Baie verwarrend. ❤️
LikeLike
Ek het onthou toe jy gesê het.
LikeLike
Joe, ek kry sommer so ‘n lekkerkry gril as ek die veld so mooi sien.
LikeLiked by 1 person
Regtig mooi. Hier loop die water weg, en ons kan nie dam bou nie oor BBE. Bet aan die ander kant van die berg smag ons na reën. Meer as 3 jaar nog nie gereën sodat ons kan boer nie.
LikeLiked by 1 person
Dis tragies, om die minste te sê.
LikeLiked by 1 person
ja. net dit. ja.
LikeLiked by 1 person
Ons het dit beleef met die Outeniqua pas. Oppad Knysna toe was alles swart verbrand (hartseer.) Drie maande later en die varings staan groen. Lyk sommer of die berg weer lewe.
LikeLiked by 1 person
Dis altyd vir my baie besonders, die ‘jong’ groei.
LikeLike
Wow Toortsie, dit moes ‘n verfrissende stappie gewees het. Soveel mooi uit soveel lelik. Dankie vd deel
LikeLiked by 1 person
Dit was regtig lekker. 😁
LikeLike
Die natuur is ongelooflik! Ek sien hier by ons is dit sommer plek-plek groen van ‘n goeie bui reen so 3 weke terug!
LikeLiked by 1 person