
Ek wil vir julle ‘n storie vertel, eintlik is dit ‘n komedie, en as jy dit lees, mag jy dalk dink ek is kens, maar jy moet oppas om in daardie slaggat te trap, met die Towerinne weet ‘n mens nooit waar hulle hulle kleims afsteek nie.
Die Towerinne is so vol lewenslus, ek sal julle met graagte ‘n ietsie daarvan wil vertel, maar ek weet nou al dat as ek eers begin, dit moontlik tot chaos kan lei of selfs ‘n hewige reaksie uitlok. As jy hulle, die Towerinne, bymekaargooi, kan jy maar weet dat jy ‘n resep het vir iets totaal onverwags, makaber selfs.
‘n Mens kan hulle ook glad nie isoleer nie, of hulle met enge oë bekyk nie, om die waarheid te sê sal dit goed wees as jy die lens wat jy gebruik, selfs ‘n bietjie tint om die regte beeld te kry. Weet net dat dit wat jy gaan aanskou, fenomenaal sal wees, moedermooi, amper soos ‘n engelekoor, of ‘n oerangoetang in die wildernis. Die kans is goed dat jy selfs 14 dames sal sien wat kleurvol gesmeer is met oker, wat enige skuinste in hulle lewens sal gebruik as ‘n geleentheid om af te gly.
Dus, maak ‘n memo, teken aan, want weet, die Towerinne is al weer besig met ‘n nuwe uitdaging.
En net indien jy, soos ek aan die begin voorspel het, dink ek is kens ná jy hierdie gelees het, wil ek net sê dat die rede vir hierdie gegorrel is dat Lekkervurig ons uitgedaag het om hierdie woorde wat almal in swart gedruk is, op ‘n manier te gebruik. Ek gebruik graag die Towerinne as onderwerp omdat hulle my na aan die hart lê, ons is eintlik soos een soma, een liggaam, as ek die woord reg verstaan.
Dit is my bede dat die Towerinne dalk eendag op ‘n reëndag tog te lekker sal saamkuier. Wie weet, dalk gebeur dit tog.
Het jy ook lus vir saamspeel? Skryf dit op jou blog. Gebruik een of meer van die woorde as inspirasie en onthou om die skakel te gaan plak by INLINKZ, waar jy ook sommer al die ander blogs kan lees.
Toortsie
Oulik gedoen Toortsie…jy het nou die ys gebreek!
LikeLiked by 1 person
😂
LikeLiked by 1 person
Bravo, Toortsie! Dis ‘n uitstekende stukkie skryfwerk.
LikeLiked by 1 person
😎
LikeLike
Newwwermaaind ys gebreek, die lat so hoog gestel dat ons Charmaine Gayle en Hestrie Cloete sal moet inroep om namens ons oor te seil. Toortsie, bravo! Komaan Towerinne, nog dertien snoere moet geryg word, en wie weet nog. Ag, ek is bevoorreg om ‘n towerin te wees. Whoohoo.
LikeLiked by 3 people
En ek kan nie eers balle slaan nie!
LikeLike
Shit, hierie is moeilik…
LikeLiked by 2 people
Erg!
LikeLike
Praat jy Una!
LikeLiked by 1 person
Kostelik, Toortsie – die inspirasie loop vandag hoog daar by jou!
LikeLiked by 1 person
Suiwer beginners luck!
LikeLiked by 1 person
Oulik
LikeLiked by 1 person
Welgedaan Toorts. Dis daardie nuwe huis wat jou so inspireer….of Kareltjie…of die Undertaker. Ek moes net…kan myself nie help as iets my so “tickle” nie. Weereens…welgedaan!!!
LikeLike
Nuwe huis? Moontlik.
Die Undertaker? Beslis nie!
Kareltjie! Ja! 🙂
LikeLike
My hande juk om te begin maar my muse word besig gehou met die 2 sewejariges wat die naweek kuier…..uitstekende werk Toortsie! Gaan moeilik daai stukkie briljantheid kan nadoen
LikeLike
Sjoe! jy gebruik groot woorde! 🙂
LikeLike
Jy gaan jou eie briljantheid inwerk.
LikeLike
Geewizz van waar gehasie? Dis nou n heerlike storie die. Moet ou Kareltjie en die nuwe huis wees wat jou so vloeiend laat sprankel het. Mooi hoor dis briljant.
LikeLiked by 2 people
Ek kry eintlik regtig groot lag. Ek het die lys woorde afgeskryf, my rekenaar gevat en begin skryf. Ek dink die eerste woorde het ontstaan oor die woord, komedie. Die res het net gevolg. So iets het ek nog nooit beleef nie.
LikeLiked by 1 person
Dis nou begeesterd sou ek sê.
LikeLike
Sejoe julle kap dit flou, mensig. Skryf ‘n storm los!!
LikeLiked by 1 person
Mag ek jou iets vertel? Ek weet self nie hoe hierdie gebeur het nie!
LikeLike