Die Towerinne is op ‘n verbeeldingsreis deur Suid-Afrika en is tans op pad om by my en Seegogga by die Suidpunt van Afrika te kuier.
Seegogga het my program behoorlik deurmekaargegooi toe Hester haar skielik wakker gemaak het waar sy rustig sit en droom het daar in die giggelgroen bus en toe die busbestuurder sommer laat afdraai na Malgas se pont, Koppie Alleen en Waenhuiskrans, en dít nog sommer voor die werklike kuier by haar eers begin! Daar is my hele toerprogram vir dag twee toe in sy kanon in, want dis net mooi wat ek vir ons vir dag twee beplan het, om vir julle te loop wys waar ek grootgeword het en die grot by Waenhuiskrans, Koppie Alleen waar ons as familie vakansie gehou het en die De Hoop Natuurreservaat, wat se grond aan my voorouers behoort het.
Skielik moes ek hard en vinnig dink wat anders om te doen! Toe ek egter Seegogga se weergawe van Waenhuiskrans lees, en hoe mooi sy ons belewenis in die grot beskryf, kon ek nie anders nie as om te sê: ‘Dankie Seegogga, jy het dit so mooi gedoen.’
Maar, hier is my weergawe van ons storie. 😁
Soos julle mos weet, is ons oor die pont, blykbaar die enigste een in Suid Afrika wat nog met mensekrag getrek word en Virgo en Positief het te lekker help trek met die ketting om die kabel. Daar is omtrent gelag dat dit sommer oor die water weergalm het.
By Waenhuiskrans het ons mos ingeboek by die Arniston Hotel. Ek leen die foto by Kameel.

Met laagwater is ons almal na die waenhuisgrot. Party was maar skrikkerig om deur die nou gaatjie te klim, maar met groot gelag is ons almal darem deur. Perdebytjie se kamera het net heeltyd kliekkliekkliek gegaan.
Waar Hester verdwyn het, weet ek steeds nie en is maar ‘n bietjie angstig hieroor, want as die opstoot en dit hoogwater raak, kan sy verdrink in daardie grot.
Maar iewers het sy uitgekom en ons kon almal weer onstpan.
Ons het toe eers deur Kassiesbaai gestap, met sy tradisionele Waenhuiskranshuisies en ‘n koeldrank gaan drink by Willenes, ‘n eetplek in Kassiesbaai. Almal het tog te lekker gelag vir hierdie bord op pad na die eetplek:

Volgens oom Ferdie Spamer, was die vissershuisies aanvanklik by Oubaai (Roman Beach), maar is later geskuif tot hier waar dit vandag is.
Die res van die dag het ons sommer net lui-lekker verkeer. Lekkervurig en Hester het natuurlik die geleentheid aangegryp en sommer net daar op hul balkon sit en lees. Party het gaan lyf wys op die strand, sommige het sommer net rustig by die hotel verkeer. Una, Bondelsgedagtes en Woordnoot het die gerief van die Spa aangegryp. Julle moes vir Kameel in die branders sien! Dis ‘n belewenis!
Foto geleen by Arniston Holiday Cottages op internet.

Ek daag julle uit om te sê wie is op hierdie foto! 😁 Mooi, né?
Ek, Seegogga en tannie Frannie het by ‘n tafeltjie op die hotel se stoep gaan sit en die heerlikste mengeldrankies bestel. Trommeltjies en Scrapydo het eers hulle gaan verkyk aan die vissersbote in die hawe, wat almal volgens dieselfde styl gebou is, blykbaar deur dieselfde bouer, en het later by ons aangesluit. Soos die dag aangeloop het, het die res ook stuk-stuk by ons aangesluit.
En op daardie stoep het dit laat geraak. 🙂
Lees gerus die Towerinne se verbeeldingstoer deur ons land hier.
Toortsie
Ag Toortsie, man, ek is netso omver gegooi. As ek nou bietjie langer kon slaap, sou ek mos eers hier by Stormsvlei se kant wakker geword het en die bus laat afdraai het Bredasdorp en Struisbaai toe. Ek het alles beplan om oor die Suidpunt en die vuurtoring en die wrak te vertel. Daar boikot die verkeerde afdraai toe vir jou en ook vir myself! Toe gaan toer ek waar jy wou toer. En hopelik gaan toer jy nou waar ek graag wou toer. Maar een ding staan darem vas: of jy nou n Struisbaai “fan” is, ( ek is) of ‘n Waenhuiskrans “fan”, ( en hierrond is jy tradisioneel net een vd twee), ons woon in die heel beste deel van die land, nê Toorts! Ons kan oor en oor op dieselfde plekke hier toer en ons sal nie moeg word daarvoor nie, want ons ons is sooo lief vir hierdie hele Suidpunt!
LikeLiked by 1 person
Nou praat jy darem mooi dinge! En wat maak dit in elk geval saak wáár ons toer, solank ons net toer. Maar nou is ek darem lus vir see toe gaan.
LikeLiked by 1 person
dis amper vakansie!
LikeLiked by 1 person
Dis baie mooi daar. Die water is ook nie so koud soos in die res van die Kaapse omtes nie. Struisbaai is ook vir my ‘n pragtige plekkie en ek het een heerlike vakansie daar deurgebring.
LikeLiked by 3 people
Hie4 het ons nog die warm seestroom, Hester. Dis een vd goed wat ek eintlik wou vertel, maar toe draai die bus te gou.( ag ok, ek weet dis my eie skuld, maar wat verwag jy as ek do skielik wakker geskud word?)
LikeLiked by 1 person
Endit na😁
LikeLike
En dit na maande se dut. 😂
LikeLiked by 1 person
Nee genade, ek kan nie wag om in julle deel vakansie te kom hou nie! Defnitief nou ń mooi prentjie van wat alles by julle gebeur en te siene is. Die feit dat die water warmer is, dis vir my ń groot pluspunt.
LikeLiked by 2 people
Warmer as in die Kaap, kouer as in Natal. Die warm Mosambiekstroom en die koue Benguellastroom ontmoet mekaar hier by ons.
LikeLike
Vlnr. Seegogga, Una, Bondels, Lekkervurig en Sonell…mooi dames né!Toortsie ons gee nie om wie wys vir ons wat nie. Dis net te heerlik om daar in jul geweste te wees!
LikeLiked by 3 people
Hi bytjie jy was so stil dog jy sit op jou stoep en uitkyk oor die see…en het skoon van ons vergeet.
LikeLiked by 2 people
Ek maak elke Desember ‘n punt daarvan om nie op die blogs te kuier nie…loer net af en toe in…ek sluit my Ipad in die kluis toe. Moes vanoggend geld tussen rekenings oorplaas en kon nou nie die versoeking weerstaan om in te loer nie! Die ipad gaan netnou weer kluis toe!!
LikeLiked by 2 people
Ai, ai geniet jou maand af en hopenlik kuier ons weer in die nuwe jaar.
LikeLiked by 2 people
Ek sukkel om die ipad terug kluis toe te vat😜Maar daar gaan hy nou!
LikeLiked by 2 people
Ons mis jou reeds!
LikeLiked by 1 person
Die battery laai nog, maar hy is amper oppad kluis toe! Mens moet selfdissipline aan die dag lê!😄
LikeLiked by 1 person
Jy moet ja
LikeLiked by 1 person
Baaai! Ons mis jou!
LikeLiked by 1 person
Ek sal darem af en tie inloer. Hoeveel inskrywings is daar nog voor die toer eindig?
LikeLike
Vlg week in Jaap. Dan eers vakansie. 😁
LikeLiked by 1 person
Julle is meer as welkom en ek en Seegogga is kekker maatjies. 😁💃
LikeLiked by 1 person
Sjoh bytjie, nou het ek Sommer ‘n mooi lyf EN styl!!!
LikeLiked by 2 people
Ek het nou lekker tussen die wit huisies gaan rondloop en myself gate uit geniet. Dit sê die Willeens restaurant….maar is jy seker die Towerinne het geëet as hulle soveel ander dinge daar verkoop? Lyk vir my nogsteeds na ‘n lekker vissersdorpie.
LikeLiked by 1 person
Dis op elkeen se eie gewete wat sy waar geniet. 😂
LikeLike
Sommer so terloops…hoe het jou en seegogga se paaie so deurmekaar geraak? En dan herhinder ek jou net die stuk is nie op InLinkz nie.
LikeLiked by 1 person
Ai tog! Inlinkz
LikeLiked by 1 person
Ek is by die see! Jippee hoera. Ek gee regtig nie om wie wat skryf nie, solank ek net my tone kan laat wegraak in die sand en die water sulke eilandjies maak om my voete. Ek is by die see!!!
LikeLiked by 2 people
Ek stem, Positief, ons is by die see!!!!!!!!!!!!!
LikeLiked by 2 people
🥂🍷🐳👙
LikeLike
😁💃
LikeLiked by 1 person
Ek is so deurmekaar soos so ‘n sekere vrou se handsak , maar ek lees darem lekker …
LikeLiked by 1 person
Is dit van my handsak wat jy praat?
LikeLiked by 1 person
*bloos*… nooit!
LikeLike
Verlig is ek nou! 😊💃
LikeLiked by 1 person
🙂
LikeLike
Ek het hierdie skrywe op InLinkz gaan plak Toorts. 🤗
LikeLiked by 1 person
Dankie. Ek skeduleer mos my goed en dan moet ek altyd onthou om dit op te sit. Gister was ‘n dol dag. 😁
LikeLiked by 1 person
By Waenhuiskrans kan mens beslis n paar jare aanmekaar vakansie hou. Ek was net jare terug woerts-warts in en uit. Dis amper hemel op aarde as ek so mag së. Ek het ook heerlik my tone in die nat sand laat oop en toe spoel soos die golfies in kom.
LikeLiked by 1 person