Christenfeeste

As daar nou ‘n onderwerp is waaroor daar uiteenlopende opinies is, is dit oor Christenfeeste. Christensaamtrekke. Saamtrekke, soos onder andere It’s Time.

Wanneer ek opinies daaroor lees, hoor ek enige iets van kritiek tot lofprysing. Almal hou nie noodwendig van die aanbieder nie, ander is mal oor hom. Sommige mense is bang dat dit gaan om verkeerde redes, dat dit gaan oor ‘imagewaarde’, dat die aanbieders dalk nie opreg is nie, dat dit vir persoonlike eer gaan.

Tog, as ‘n mens die getuienisse hoor van mense wat daar was, kry jy ‘n ander prentjie.

Ek het nog nooit so ‘n saamtrek bygewoon nie, al sal ek dit bitter graag wil doen.

Ja, dalk ís daar mense wat om verkeerde redes gaan. Dalk ís daar ‘image’-waarde aan vir party mense, ek weet mos nie wat in hulle harte aangaan nie.

Maar soveel van my Christenvriende, mense wat ek weet ‘n pad met God stap, is van die gereelde feesgangers. Ek hoor opregtheid in hulle getuienis, ek hoor hulle liefde vir die Here. Ek hoor die vreugde van die gemeenskap van gelowiges.

Ek en my man is lief om op ‘n Sondagaand na ‘n boodskap van Angus Buchan te luister. Elke keer hoor ek opregtheid. Ek sien sy liefde vir die Here, sy gehoorsaamheid.

In die episode wat ons vanaand geluister het, praat hy sommer oor hoe jy die Heilige Gees hoor. Hy vertel van sy stilweestye met God en hoe God hom geroep het om It’s Time by Bloemfontein te hou, ook by Michell’s Plain. Dit was ‘n opdrag van God, ‘n direkte opdrag, en al wat hy moes doen, was om te gehoorsaam.

Ja, soms begin so ‘n fees dalk met die beste van bedoelings en oor jare mag dit gebeur dat dit nie meer heeltemal verloop soos wat God dit wil hê nie. Ja, God kyk na ons harte en Hy soek opregtheid van hart. Ja, God wil hê dat ons Hom in ons kamers moet aanroep, maar God wil ook hê dat ons Sy woord moet verkondig, op watter manier ook al. God wil ook hê dat ons gemeenskap van gelowiges moet ervaar. God wil hê dat ons Hom sal eer en dien.

En dan vra ek: Wie is ek om iemand te kritiseer wat bereid is om teen die stroom in, ten spyte van baie kritiek, steeds God se woord in liefde te verkondig, sonder om geld daarvoor te vra? Wie is ek om mense te kritiseer wat bereid is om groot kostes aan te gaan en meer as duisend kilometers te ry, net om dit te ervaar? Wie is ek om enige mens te kritiseer wat op watter manier ook al bereid is om vir God te werk omdat hy geroepe voel daartoe?

Want God werk op baie verskillende maniere, sodat verskillende mense Sy roepstem kan hoor op ‘n manier wat vir hulle sal aanraak en verander.

Lees wat Bokbaaivygie geskryf het ná haar It’s Time belewenis in Bloemfontein.

Groetnis

Toortsie

5 thoughts on “Christenfeeste

  1. Beste Toortsie,
    Je beschrijft hier Het Geloof zoals ik het zelf ook aanvoel, bedankt daarvoor.
    Jammer dat hier in Vlaanderen steeds minder mensen geloven, pas als zij in diepe ellende terechtkomen, dan bidden ze.
    Maar Hem eren en prijzen dat vergeten ze als…..het hen goed gaat.
    Fijn dat het daar in Zuid-Afrika er anders aan toegaat.
    Groetjes van uit Vlaanderen
    Theo.
    Ps. Gods Schepping kan nochthans wondermooi zijn.

    These Photographers Are The Ultimate Nature Lovers Blog – ViewBug.com

    Like

  2. Hello Theo. Baie dankie vir die inloer. Ai, orals het ons mense maar die geneigdheid om God te onthou as dit sleg gaan, en Hom te vergeet as dit goed gaan. Selfs Christene wat regtig vir Hom leef, dwaal soms weg as dit te besig en goed begin gaan. Ek moet ook maar daarteen waak.
    Hê ‘n mooi dag. 😁

    Like

  3. Ek het eendag die voorreg gehad om die Aartappel oom te hoor praat. Ek sal eerlik wees ek was so bietjie underwhelmed gewees.
    Goeie hart maar nou ja.
    Dit was die laaste groot saamtrek wat ek bygewoon het van enige iemand.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!