It’s Time

Die Bokbaaivygie skryf:

Verskeie mense het my gevra oor my ervaring by die It’s Time event in Bloemfontein…..

Die volgende was vir my onvergeetlik:

Meer as 1.7 miljoen mense wat SAAM, nederig op hulle knieë hulle sondes te bely voor die Almagtige God en Vader en Hom bely as ENIGSTE GOD!!

Die eenheid van Gees tussen Afrikaners, Engelse, SwartWitBruinIndiër mense wat almal God liefhet en wat almal God aanroep as Lord of their lives!

Worship en Lofprysing van ver meer as ‘n miljoen mense…en dan die stilte… as meer as ‘n miljoen mense stilword voor God….In die hemel gaan ons dit ook hoor!
En Dat God LEEF en Homself openbaar soos en nes Hy wil…

Ek het gegaan met spesifiek die idee dat ek nie vir ‘sign en wonders’ en Sy bonatuurlike tekens daar is nie…maar toe verras Hy my!

Terwyl Oom Angus nog praat oor :
2 Chron 7:14 ‘If my people, which are called by my name, shall humble themselves, and pray, and seek my face, and turn from their wicked ways; then will I hear from heaven, and will forgive their sin, and will heal their land”
en 2 Cor 10:4, ” For the weapons of our warfare are not physical [weapons of flesh and blood], but they are mighty before God for the overthrow and destruction of strongholds”
terwyl ons almal ( miljoen +) so in die warmte met ons sambreeltjies oor die skouers sit – die son het nogals gebak en daar was duisende mense met sambrele oor die skouers-, kom ‘n ruiswind skielik van regs agter af, en dit RAAS so dat ek nie vir Oom Angus kan hoor nie. En ek dog ek verbeel my!
Maar ALMAL kyk om na agter en na die geruis van die wind ……En ek dink toe nogals: God hou daarvan om ons te verras en dinge anders te doen as wat ons verwag! …. Die wind kom toe van Agter af …..en die volgende oomblik wip ‘n enkele pikswart sambreel los uit die mensemassa …..en ons sien daai sterk wind lig die enkel swart sambreel OP en OP en OP en tol hom en gooi hom heen en weer, asof die wind speel met hom, en om en om en hoër en hoër en vorentoe tol hy, so al met die windstroom, tot ons dit nie meer kon sien nie! En toe is die wind weer stil.

Dit was die eienaardigste gesig: NET die enkele swart sambreel wat so op en op ….en weggewaai!

Waar die swart sambreel op die einde te lande gekom het, weet ek nie, maar God wys my dat so maklik soos Hy daai swart sambreel met Sy wind kon losruk, so maklik en ligweg kan Hy enige duister magte in ons land en in mense se lewens uit die vere kan lig, dis is vir Hom so maklik soos ‘n speletjie! Asof God laglag dinge kan regmaak wat verkeerd is. En …..God het humor!

MAAR ons moet Sy aangesig soek, Hom eer as enigste God wat red, Sy Woord eet en gehoorsaam leef aan Hom, sê oom Angus.

– Dan:
Ek sien ‘n Omie wat baie deurmekaar lyk …hy staan daar en rondkyk, naby ons groepie……. Hy het verdwaal in die skare, my hart is sag vir hom,…. hy is ontsteld, ek raak aan hom, probeer hom gerusstel……
Hy kan nie sy eie naam onthou nie, maar weet hy is 72 jaar oud ..en dat hy HIER moes wees vandag …om saam te bid met en vir Suid Afrika…

Hy het sy mense verloor in die skare, sê hy , toe hy toilet toe moes gaan……. Hy voel baie verleë oor die verdwaal, want dit gebeur soms met hom sê hy….Ek stel weer weer gerus, sê hom ek verstaan, ek werk met ouer mense……. ek besef die oom is gedehidreerd en het seker begin demensie …. dis baie warm en hy het nog sy trui aan….ek help hom uit sy trui uit.
Ek stel hom gerus, bring hom by water, laat hom sit, vra hom uit oor sy mense, sy mediese geskiedenis …. sy bloeddrukpille werk goed, sê hy, maar hy het al 2 hartaanvalle gehad …..hy het al baie ver gestap vandag …die moegheid hang swaar aan hom …. ek ken die voortekens en begin my reg te maak om te hardloop vir my mediese sakkies …

Maar die oom raak rustig, onthou sy naam …. raak helderder, onthou sy vriend se naam na nog ‘n glasie water . … ons saai uit op die radio vir sy mense ….. hulle het hom by die ander toring loop soek, is oppad……..my omie herstel van sy erge moegheid….

Ek vra: Hoekom is oom hier vandag?…
Hy antwoord, amper heftig: “Hoe kan ek NIE hier wees Nie! Ek is lief vir my Here en Hy het gesê ek moet hier wees om te bid vir ‘n wonderwerk vir Suid Afrika, want ons land is stukkend, my kind, en mense ken Hom nie meer nie en eer Hom nie meer nie, elkeen doen nes hy wil” ….. en die oom raak hartseer …. en ek ook….
“Ons moet aanhou bid, my kind, dat mense se harte sal terugdraai na God toe, want God wil ‘n wonderwerk doen vir ons land”

…. nou loop my trane eers….

Dankie Oom Frans vir jou hoop en geloof ….dankie Abba Vader dat ek Bloemfontein toe moes kom om Oom Frans te ontmoet….
Eintlik was ek verdwaal, nie hy nie.

(Dankie, liewe Bokbaaivygie, dat jy hierdie spesiale ervaring met ons gedeel het. )

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Om te pendel saam met jou man

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

10 Responses to It’s Time

  1. dromer777 sê:

    Wow dis net wonderlik. Baie dankie Heer

    Like

  2. Dis so ontsettend mooi en groot. Dankie vir die deel. Jy en oom Frans het in my hart gespreek.

    Liked by 1 person

  3. Toortsie ek moes net reblog

    Liked by 1 person

  4. Kameel sê:

    Nou het oom Frans ons almal hartseer. Dankie vir die deel bogbaaivygie.

    Like

  5. travel460 sê:

    Ek hoop iemand sit ñ boekie bymekaar met al hierdie wonderlike getuienisse in. Elke persoon met wie ek al gesels het, kom van ñ hoek af wat my bly hoendervleis gee. Dankie hiervloor, Bokbaaivygie.

    Like

  6. Dit voel amper of die wegraping moes plaasgevind het en ons het dit gemis. Mens wil skree, draai terug die klok ek wil ook n innings he. Nou ja, alles gebeur met n doel.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s