Ons het hierdie naweek ‘n feesgeleentheid op ons dorp gehad, ‘n geleentheid wat jaarliks gebeur al sedert my skooldae. Dis ‘n groot geleentheid en mense van oor die land woon dit by. Op die groot banier, wat ook gebruik word as advertensie op Facebook en oral, is twee gruwelike spelfoute: Ons dorp se NAAM word verkeerd gespel, en ook die PLEK waar dit aangebied word!
Terwyl jy hier lees, mag jy ook dalk ‘n spel- of taalfout raaklees.
Sjoe, ‘n mens kan net nooit té versigtig wees nie.
Ek het dit gesien met die maak en ontwerp van poskaarte van ons gastehuis wat as advertensie moet dien. Jy gee die inligting reg, die bewoording, maar dit kom met spelfoute terug, want die persoon wat die uitleg doen, ‘copy’ en ‘paste’ nie noodwendig nie, hulle tik die woorde oor en tik foute in. Soms besluit hulle sommer self om ‘n opskrif te verander! Of die naam van jou boek te verander deur net ‘n woordjie uit te laat!
Of, dalk was die foute reeds daar en die persoon hét dit wel net so gekopieer.
‘n Mens weet nie waar die fout ingesluip het nie.
Met my boeke se uitleg is dit presies dieselfde storie. Ek proeflees dit oor en oor en oor, betaal ‘n proefleser ook nog om dit te doen, gee dit vir vriendinne om te lees, maak die foute reg. Dan word die boek vir die persoon gegee wat die bladuitleg doen en daar is foute in wat daar nog nie was nie. Veral die eerste een wat dit gedoen het, was ‘n nagmerrie. Sy het groot stukke oorgetik om by haar ontwerp te pas en net hordes nuwe foute bygemaak! Ek moes noodgedwonge iemand anders aanstel. Dubbele betaling!
Ons almal maak foute, selfs al dink ons ons spel reg en ons taal is goed. Ook Toortsie maak foute.
En dít is die grootste klagte wat mense teen selfgepubliseerde boeke het. Daar glip foute deur. Ook dít het ek met beide my boeke gesien. Sjoe, ons het dit oor en oor gelees en tog, op die ou end is daar iewers ‘n spelfoutjie. Of, om die bladuitleg reg te laat lyk, verdwyn die spasie voor ‘n belangrike paragraaf, of ‘n woord word sommer op enige plek afgekap.
Iemand het vir my hierdie waardevolle les geleer, wat ek absoluut moes toepas, teen my natuur in: Measure twice, cut once.
Proeflees, proeflees, proeflees. En as ons self boeke uitgee, beteken dit dat ons self vir al die koste moet betaal. Dis regtig uiters nodig dat ons maar vir proeflesers sal betaal en stileerders sal gebruik wat weet van die fynere kunsies van boek uitgee. Want boeke kos DUUR om uit te gee. 🙂
‘n Boek (ook blog) wat wemel van spel- en taalfoute, lees regtig nie lekker nie. Dis steurend. Ek stuur een keer vir my proefleservriendin ‘n foto van ‘n spelfout in ‘n boek en sy merk net in daardie foto nog vier ander foute op.
Measure twice, cut once.
‘n Mens kan nooit té versigtig wees nie.
Groetnis
Toortsie
Ek vind baie keer nog foute in my werk wanneer ek ouer blogs lees, en glo my, elkeen van hulle word gelees en weer gelees voordat ek publiseer. Nie net spelfoute nie, die feite kom ook verdraaid uit – sò het ek aan die hele wêreld laat weet dat ons kuslyn hier grens aan die Stille Oseaan, plaas van die Indiese Oseaan. ‘n Jaar later eers (?!) het iemand dit raakgesien en my laat weet van die foutjie.
LikeLiked by 1 person
😁
LikeLike
Ons gaan darem nie proeflesers aanstel vir ons blogs nie. 😁 In ‘n boek lees ek dat die apostel, Jakobus, die eerste martelaar vir Christus was. Dit was Stefanus. Ook vreemd dat iemand dit nie opgetel het nie.
LikeLiked by 1 person
Ek stem soo saam. ‘n Mens is ook dikwels blind vir jou eie foute, daarom is dit goed om dit vir n “buite-persoon” of 2 twee gee om te lees. So het ek , my man, my kinders, n taalversorger en bladuitlegoersoon almal my eerste kinderboek geproeflees en ons het volgens ons alle foute verwyder. Toe al 3000 eksemplare gedruk is, maak die eerste vreemde persoon die boek oop en sê dadelik: “hier staan Hottentosholand- ipv Hottentotshollandberge!” NIEMAND het dit voorheen raakgesien nie! Maar in kommentare op blogs gebruik ek touchscreentaal. Vergewe my asb.
LikeLike
Jy verkoop gelukkig nie jou kommentare nie! 😂 Ek skryf hier spesifiek oor gepubliseerde boeke en goed soos visitekaartjies, ens. O, dáár het ek ookal ‘n paar stelle afgetral van nie sélf mooi kyk nie. En genadiglik het ek dit vetyds raakgesien dat daar sowaar ‘n VLIEG op een van die kosfoto’s in my boek was. Kan jy jou die verleentheid voorstel, duisend boeke verder? Ons kon gelukkig die foto betyds vervang.
LikeLiked by 1 person
O genade Toortsie, dit sou ñ effe aardige foutjie gewees het!
LikeLike
Die foto’s is op ons stoep geneem, en ek ís so bewus van vlieë. Die vorige boek is op die plaas geneem, en ek het pertinent gesê hulle moet asseblief oplet daarvoor. Hier op die dorp is nie eintlik vlieë nie, so ek was nie so op my hoede nie. Genadiglik het ek dit raakgesien. Jare gelede was daar ‘n kosartikel in die Weg tydskrif wat vlieë op die kos gehad het. Ek weet nie vir hoeveel uitgawes later daar nog melding gemaak van was in die briewekolom nie. Mag dit my asseblief NOOIT oorkom nie.
LikeLike
Ek glo jy is oplettend genoeg, jong.
LikeLike
Dit was regtig in die laaste paar asemteue! Sjoe! 😳
LikeLike
Gelukkig!
LikeLike
En wat het ek loop aanvang met my besige kop…Ek kom vandag agter ek adverteer heerlik dat ons 8 aande op Bali gaan slaap teen ñ spesifieke bedrag. So sien ek dat volgens die vliegkaartjies ons 9 aande oorslaap. Mooi man. Ek het dit darem nou reggekry om met dieselfde bedrag nog ñ eksta aand in te werk, maar goeiste, ek het my boeglam geskrik.
LikeLike
Sjoe! Hier kry die mense sommer ‘n gratis ekstra nag!
LikeLike
Ai, dis die domme vingers en die harlaboerla kop wat soms groot foute maak. So het ek een keer in my Bali dae 3 aande in die verkeerde maand bespreek en betaal, duur fout om met jou aankoms by die hotel te ontdek.
LikeLiked by 1 person
Sjoe! Ja dis sowaar ‘n dure fout! 😱
LikeLike
Was hulle nie bereid om die bespreking te skuif nie?
LikeLike
Moeilikheid is mens het ‘n ingeboude “spell checker” in mens se brein wat sommer self ‘n foutjie “reglees”. Professionele redigeerders leer egter om hierdie lastige funksie te onderdruk 🙂
LikeLiked by 1 person
Is dit so? Dis nou regtig interessant.
LikeLiked by 1 person
Ek stem met tannie Frannie saam. Ek is ook baie geneig om oor en oor te proeflees en dan is al die foute nog steeds daar. Ek haaaaat predictive text veral met ‘n passie.
LikeLiked by 1 person
Ek hou ook nie van predictive text nie. Dit skree vir foute.
LikeLike