Wat ‘n inspirerende dag!

My beker loop oor. Op een dag was ek by meer as een geleentheid, waar die inspirasie sommer in emmersvol oor my gegiet is.

‘n Dame wat opleidingswerk doen in lande waar mense nie regtig van Jesus Christus weet nie, het vir ons kom vertel van haar werk. Hulle doel is om die onbereiktes te bereik met die Evangelie.

As sleutelvers gebruik sy Gal 6:10: ‘Solank ons die geleentheid het, moet ons dus aan almal goed doen, veral aan ons mede-gelowiges.’

Weet julle dat allerhande maniere gebruik word om die Woord te versprei, veral in lande waar dit onmoontlik is om in te gaan, soos lugbalonne! Tegnologie word ook wonderlik ingespan.

In Israel is daar blykbaar 74.5% Jode en 20.9% Arabiere, waarvan die meeste mense nog nie die Evangelie gehoor het nie. Die oes is ryp, maar die arbeiders min.

Die vervolging van Jode wat tot bekering gekom het, is ‘n realiteit, op verskillende maniere, soos dat hulle foto’s op lamppale geplak word en hulle gemerk word as gevaarlike mense. Hulle ervaar ook werksdiskriminasie, en nog baie ander vorms van vervolging.

Wat vir my nogals ontstellend is, is dat daar ‘n baie groot groep Jode is wat sekulêre Jode is, wat nie in God glo nie. Hulle glo dat jy ‘n Jood is op grond van geboorte, en dis al.

Sedert 1948 kom al hoe meer Jode tot bekering. Baie van hulle is nog eerste generasie Christene, hul het dus nie in Christenhuise grootgeword nie.

God is besig om Sy volk terug te roep na Hom toe.

In Jordanië is daar baie vlugtelinge. Sendingwerkers raak betrokke met alledaagse dinge en op so ‘n manier versprei hulle dan die Evangelie. Deur tot bekering te kom, beteken om jou eie doodsvonnis te teken.

Ek is nie van Joodse afkoms nie. Dit beteken dat, baie baie jare gelede daar iemand was wat die moed gehad het om die Goeie Nuus na ‘n gebied te neem waar van my voorouers was, en danksy daardie persoon het daardie voorouers van my tot bekering gekom. Ek sal daardie persoon altyd dankbaar bly. 

En toe kom Stroomop Inspirasie aan die beurt! Sjoe! Wat ‘n inspriasie! Drie pragtige, geesvervulde, vroue wat die land vol reis om hulle verhaal te vertel.

Caroline Grace het ‘n sangstem waarna ‘n mens maar mag luister. ‘n Pragtige, ryk stem en net so ‘n pragtige vrou daarmee saam.

Ek het Simoné Nortman se lewensverhaal net so aangrypend gevind. Haar ouers het aanvanklik ander planne gehad, maar God het geweet wat Hy wil hê: ‘n Pragtige vrou wat haar lewe aan Hom wei!

Donnalee Roberts was net so inspirerend: Laat ons vroue wees wat mekaar opbou, komplimenteer, ons uniekheid omhels.

Groetnis

Geïnspireerde Toortsie

Toortsie by Finesse: Die waarde van my bidboek.

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

TPM Transformasie Gebedsbediening Bredasdorp en Riversdal Facebook Page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif

Radio Tygerberg resensie

3 thoughts on “Wat ‘n inspirerende dag!

Gesels saam, asseblief!