‘n Nuwe App

Ek wil julle vertel van ‘n nuwe toepassing (App) wat op die horison verskyn het. Tans is dit nog net op Android toestelle beskikbaar en ek is nie seker of dit later ook vir Apple beskikbaar sal raak nie. Ek hoop wel so, want dis ‘n toepassing wat baie deure en harte gaan oopmaak as dit goed gebruik word.

Die TPM App is ontwerp om TPM fasiliteerders regoor die land aan mekaar te verbind. Individue wat wil TPM sessies ontvang of opleiding doen sal nou makliker as ooit kan verbind met die TPM Netwerk.

Laat ek gou ‘n bietjie meer vertel van TPM. (Transformation Prayer Ministry)

Transformasie Gebedsbediening is doelbewuste en gefokusde gebed met die doel om met Jesus Christus ‘n persoonlike ontmoeting te hê, waardeur daar ‘n vernuwing in denke en ‘n veranderde lewe bewerkstellig sal word. By TPM hanteer ons die dinge wat ons pla, ons kom by die wortel van negatiewe kernoortuigings wat ons mag glo, uit en ons ontvang waarheid by God daaroor sodat daar vernuwing in ons denke en harte plaasvind en ons daardeur heel raak.

Meer oor die App:

Heelwat inligting is op die app beskikbaar en dis regtig maklik om te gebruik. Die jongste TPM nuus is net ‘n tikkie van die vinger ver.

Wil jy meer hoor van TPM? Kliek op die ‘about’ knoppie.

Waaroor ek regtig opgewonde is, is dat, sou jy ‘n kursus wou doen of ‘n TPM fasiliteerder nodig hê, jy op die App kan kyk vir ‘n fasiliteerder in jou area! Scroll net af, daar is sommer nog baie meer dorpe gelys as wat jy aanvanklik sien.

Laai die app hier af.

Terwyl ek nou met TPM en tegnologie besig is, wil ek julle sommer vertel van die Facebook page wat ek begin het: TPM Bredasdorp en Riversdal. Die doel daarvan is om TPM bekend te stel en sou iemand in daardie omgewing ‘n TPM fasiliteerder benodig, hul hopelik by my sal uitkom.

Transformation Prayer Ministry Riversdal en Bredasdorp Facebook Page

Groetnis

Toortsie

Toortsie by Finesse: Toe kom die reën

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif

Transformation Prayer Ministry: Bredasdorp en Riversdal

28 thoughts on “‘n Nuwe App

                    1. En ek hoop as jy iemand nodig het, daar een naby jou is. Hul sit maar nog die name op en mens moet betaal om opgesit te word, ek hoop regtig die mense sit hul name op.

                      Like

                    2. Ek sien jou – is dit nie wat jy gesê het jy sal vir my doen veral omdat ek totaal en al verlore raak in die laaste 3mnde van die jaar nie, dat daar dalk ‘n dieperliggende rede is, dit raak elke jr erger en ek hou nou al die kalender dop. Maar die app lyk meer na ‘n app vir die fasiliteerders en dan met hul kontakbesonderhede. Het ek dit reg?

                      Like

                    3. Dit is dit, maar jy miet kyk vir ‘n fasiliteerder in jou omgewing. Dis hoekom ek opgewonde is oor dit, sodat, as iemand ‘n fasiliteerder soek, jy een kan kry. Ek wil dit graag met jou doen, maar hoe kom ek by jou uit?

                      Like

                    4. Nee. Dis beter dat mens face to face is. Ek het wek een keer per whattsapp ‘n suksesvolle sessie gedoen, maar dis baie riskant. Jy kan my whattsapp, dan bespreek ons dit as jy wil.

                      Like

Gesels saam, asseblief!