Dis blykbaar oor die enkels!

Dat ek ‘n eenvoudige kaalvoetmeisie affie plaas af is, is mos geen geheim nie. As kind was ek mal oor kaalvoet loop en ek het my ouers menige grys hare gegee omdat ek, selfs by netjiese funksies, eerder kaalvoet sou wou loop, of dan, nog erger, met PLAKKIES! VISPLAKKIES!

Maar ek was ordentlik en wanneer ek moes skoene dra, het ek! Ek is mos darem nie onopgevoed nie en ons plaasmense weet hoe om ons te gedra in die dorp! Tsk!

Toe ek begin skoolhou, het tannie Mags baie bekommerd vir my gevra of ek wel skoene gedra kry in die klas. ‘Ja’, het ek geantwoord, ‘maar ek het die kinders gou laat spoedtoets tik en dan skop ek my skoene uit solank ek vir hulle wag om klaar te tik.’ Gelukkig het die inspekteur nie sulke tye in die klas ingestap nie! Onopgevoede juffrou!

Intussen het ek mos geleer dat, deur kaalvoet te loop op natuurlike oppervlakte soos sand of klei of gras of grond, jou help om geaard te bly. Ongelukkig help dit nie om geaard te bly as jy op teëls loop nie. Daar moet NIKS tussen jou en die aarde wees nie, hoor jy? Dis die enigste manier wat jy geaard bly en ons móét ons soms aard, want ons is mos deel van die aarde. ‘Stof is jy en tot stof sal jy terugkeer.’ Ons is nie toevallig OP die aarde nie, al is daar sommige mense wat so dink. Nee, ons is DEEL VAN DIE AARDE. Vra maar vir Prof Dave Pepler, hy sal dit beaam.

Toe hoor ek verlede week hierdie interessante storie op RSG. Het julle dit ook gehoor? RSG is mos die universiteit van die platteland. Eintlik was die VLV dit altyd, maar ek dink RSG het hulle rol oorgeneem.

Weet jy wat sê daardie slim dokter? Dat deur kaalvoet te loop, ons ons ENKELS versterk. Hoor bietjie! Hy sê dis glad nie so goed vir ons om heeldag met skoene aan te loop nie, selfs nie ontwerperstekkies wat ‘n plaas se geld kos nie.

Wanneer ons kaalvoet loop op verskillende oppervlaktes, gebruik ons verskillende spiere. Dink gou mooi: ‘n Mens loop mos anders op teëls as op teer as op sand waarin jy wegsak as in water as op klippe as op gras. En weet julle wat? Ons Suid-Afrikaners se enkels is baie sterker as die Europeërs, omdat dit so koud is by hulle en hulle min kaalvoet loop. Dis daarom dat die skiskoene se enkels so erg versterk is!

So kaalvoetloop is bobaas en slim. Glad nie eenvoudig en affieplaas nie!

Toortsie

Toortsie by Finesse: Toe kom die reën

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif

Transformation Prayer Ministry: Bredasdorp en Riversdal

Advertisements

18 thoughts on “Dis blykbaar oor die enkels!

  1. Ek het ook sterk enkels; nog iets wat ons in gemeen het 😊 Om kaalvoet te loop is nie net goed vir jou enkels nie, maar sommer vir jou hele lyf; dit het ons geleer by die Chinese met hulle “accupressure massages” veral onder die voetsole. Dit verbeter sirkulasie, voorkom inflammasie en verminder die gevaar van kardiovaskulêre siektes. Loop op die strand en jou voete / voetsole bly sommer skoon en die vel glad ook. 😊

    Liked by 2 people

  2. As kinders het ‘n kind net een paar skoene gehad wat jy skooltoe en kerktoe gedra het. Verder het ons kaalvoet geloop. As grootmens is ek ook ‘n skoenuitskopper. Net jammer die kaalvoet lopery het mens nie mooier enkels gegee nie 😊

    Like

  3. My ouma het gesê dat kaalvoet loop my koue in die vrouedele gaan gee. Moet my nie vra wat koue in die vrouedele is nie.

    Ek loop ook graag kaalvoet. Op kantoor ook, maar ek trek darem my skoene aan as ek na hoofdeel moet gaan. Ek loop net nie na donker kaalvoet buite nie. Netnou trap ek op ‘n padda.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s