‘n Lekker bak kos vir onder die R50…

Dankie vir Xena wat al weer ‘n nuwe speletjie uitgedink het. En ek voel natuurlik altyd opgewonde as iemand MY kies, al is dit ‘n klomp werk wat daarmee saamgaan.  Ek wou nog ‘n rukkie gedink het oor watter resep ek gaan gee, toe besef ek ek sal moet gou maak, anders kies ander mense die mense wie ek wou tag.  My probleem is natuurlik dat ek nie weet wat die bestanddele kos nie en ek net so een keer per week in ‘n winkel kom. Ek sal benaderde bedrae gee. So, voor ek te lank wag, hier is my resep:

Toortsie se Tuna en noedels

1 pak noedels  (R8)

2 blikke Tuna (R8 elk – R16)

1 pak Bacon (R20)

1 ui (R2)

1 koppie melk (R2?) – ek gaan haal myne sommer in die stal!!

1 eetlepel koekmeel

1 eetlepel margarien

Metode:

Kook noedels tot sag, maar nog ferm (al dente). Braai ui en bacon.

Maak witsous van melk, koekmeel en margarien. (Gooi als bymekaar en sit in mikrogolfoond. Maak dit gaar op die hoogste verstelling, roer elke minuut.) Geur met Aromat

Gooi eers die gaar noedels in ‘n bak, dan die tuna, ui, bacon. Dan die witsous bo-oor. En as die bedrag nog onder R50 is, kan jy nog kaas ook oorgooi. En sampioene. En green pepper. Tamaties. Sit die kos in mikrogolf, net tot die kaas gesmelt het. En as dit te droog voel, maak nog witsous!! Gooi net wat jy wil, by om die R50 vol te maak en as jy dalk nog ‘n paar rand het, gebruik dit!!!   En eet lekker. Ek is SEKER die pryse hierbo is heeltemal te hoog geskat!!

Onthou om die mense te roep om te kom opskep! En dek sommer tafel ook – dis BAIE geselliger!!

Sal die twee goggas, nl Seegogga  en Gogga,en Krista en BB asseblief vir ons vertel watter kos maak julle vir onder die R50??  En julle moet onthou om 4 mense aan te wys!

L E K K E R      E E T ! ! !

12 thoughts on “‘n Lekker bak kos vir onder die R50…

        1. Ag, terwyl dit my eie blokkie is hierdie, gaan ek nou voorbarig wees en sommer NOG ‘n resep gee. want ek het nou net so lekker geeet aan my eie kos en ek is SEKER dit was nie R50 nie! Ek het skaap kookvleis (dis mos nie so duur nie) al vanoggend stadig aangesit dat dit saggies sag word. In MIN water want my potte vra datjy nie so baie water gebruik nie. Net genoeg dat dit nie brand nie. Toe,so ‘n driekwart uur voor ete het ek ‘n ui gesny, 2 patats sommer so met die skil aan in skywe, ‘n paar skywe kopkool en broccoli bygegooi. NOOIT deurmekaar geroer nie, die groente het so gaar geword in die stoom, maar tog die geur gekry. En bruin rys in ‘n potjie langsaan. Njam. Niks so lekker soos skaapvleis nie….

          Like

  1. http://wp.me/p9e0H-6V Toortsie! Gaan loer hier. Jy kan spinasie ook gebruik. Ongelukkig is ek op hierdie oomblik VROT van verkoue/griep. Die hele week al. Ek kan nie wag vir die naweek net om beter te raak nie. Ek het my gedoze die kant, nie veel gehelp nie. Ek sal moet wag vir ‘n vakansie voordat ek kan blog, ek is net te moeg saans en te veel ander dinge ook, kom eers so kwart voor 7 saans tuis.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s