Kameel – Sticks en die verleidster

Lê-jou-eier: fluister Afrikaanse liefdeswoordjies

Kyk ek moet hierdie grusame liefdeslied… of woordjies so vinnig as moontlik agter my rug kry; dit smokkel met my kop.

praying-mantis

Hot lady slaan haar lang lenige arms om Sticks se lyf en trek hom tot teenaan haar. Sticks – nogsteeds oorweldig deur die skone dame se aandag – se laaste weerstand verdwyn soos mis voor die son, en hy gee homself gewilliglik oor aan die verleidster, wat met ‘n sagte stem liefdeswoordjies in sy oor fluister. “Liefling, die oomblik toe ek jou daar tussen die manne sien sit was my hart verower. Een kyk van jou het die bloed deur my are laat pols, en my knieë lamgemaak. Ek kon jou daar en dan opvreet van liefde, maar het geweet ek moet wag totdat ons alleen is.  Ek weet, ek weet ek praat te veel maar hierdie lyf…. hierdie spiere…. dit is om van mal te word. Jy is my alles…. my son, my maan, my sterre. Ek het jou lief, ek sal jou ewig liefhê… en jou beeld sal altyd by my bly. Soen my, soen my weer en weer en weer….my liefling, my hottentot, my gevalle held.

Die einde

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

 

40 thoughts on “Kameel – Sticks en die verleidster

        1. Jy lag!!!. Ek doen in die laaste tyd iets wat ek nooit in my lewe gedoen het nie. n Boek begin my op stress (doodgewone liefdesverhaal) dan lees ek sy einde, maak vrede daarmee en lees die boek dan rustig verder. Ek lê dit voor oudword se deur 😡

          Like

  1. Dit was nou n vurige romanse wat vinnig dood geloop het! Daardie lam knieë het my laat lag. Onthou daar is(nou moet ek eers gaan tel) ses knieë wat lam is!!!! Bly ek het net twee. Hierdie Liefdes verklaring het my ook die nag wakker gehou en sommer nagmerries gegee ook!

    Liked by 1 person

    1. Nou laat jy my lag…. eers die knieë gaan tel. Hester het ons in warm water gegooi met dié een…. sorg tot vir slapelose nagte 😯 Sterkte met die skryf van jou liefdeswoordjies!!!

      Like

          1. Het so gesien. Ek moet myself dwing om daardie woorde te gebruik. Ons het vandag regtig die eerste lekker warm dag gehad 20 grade is amper al te warm.Moes my met sonbrandolie insmeer want my ou wit velletjie kannie die sterk sonstrale vat nie. Alles die aardverwarming se skuld(eintlik menslike indringing)

            Liked by 1 person

  2. Delilah het my hare afgeskeer en die poriee doodgebrand met ‘n moderne lasermasjien, maar ek het darem my kop behou! Kameel ek eht in my lewe nog nooit sulke geweldadige storie teegekom nie – miskien moet ek eers op die einde lees!

    Liked by 1 person

    1. Ag Abrie daar sê jy ook Delilah!!! Ek het hierdie so vinnig as moontlik geskryf om dit agter my te kry…. en die hele tyd klink dit vir my na Simson en Delilah se storie. (Darem bly jy het jou kop behou) Wou haar Delilah noem…. maar besluit toe om bybel maar uit hierdie spulletjie te los. Hygromanse not my cup of tea…. maar toe leer ek darem iets van bidspringkane (dat jy hulle so kan noem)… en hulle eienaardige voortplanting.

      Liked by 1 person

        1. Jy laat my lag. Ek het ‘n skokkende feit rondom die bidsprinkaan gelees wat vir nog ‘n grusamer storie kon sorg. Gelukkig was ek salig onbewus daarvan toe ek geskryf het. Nog nooit van hottentotsgotte gehou nie….. nou gaan ek hulle nog minder ag. Wou sê “like”

          Liked by 1 person

    2. So terloops…. wat het jy by Delilah loop soek? Weet jy nie sy is gevaarlik nie? Moet ek nou vir jou predik soos ek vir my seuns gepredik het? Laat daardie kop van jou, vir jou ‘n les wees!!!!

      Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!