Dis paddas en eiers en melk en al derglike dinge

Hier in blogland is dinge aan die gebeur. Skokkende dinge. Rowwe dinge. Dis paddatjies en eiers lê en goeters wat uitbroei en hande bo die lakens en dít in opgevoede geselskap waar kinders ook lees! Maar hou dop, dit gaan nou binnekort begin gebeur en as julle nie weet waarvan ek praat nie, gaan loer gerus by Hester in. Blykbaar gaan dit darem nie so erg wees nie, maar ek dink dit gaan baie opwindend wees. Ek gaan deelneem, wat van jou?

Ek was vandag bevoorreg om die Nestlé Produsentedag in Mosselbaai by te woon. Ag, en daar kry ek toe sommer gratis publisiteit ook! 🙂 Ek geniet altyd sulke dae. Die geselskap is gewoonlik lekker, maar ek geniet veral die sprekers, selfs al is dit nie heeltemal in ‘n veld wat ek verstaan nie. Soos die Kaliumvlak in die grond. Ek verstaan dit nie en ek sal nou nie hierná vir julle grond- of voedingsraad kan gee nie, maar ek het dit geweldig interessant gevind.

Wat meer in my belangstellingsveld is, was die spreker wat vertel het wat hulle doen om suiwel te bemark, hulle teikenmarkte en hoe hulle elkeen bereik. Ek het veral die manier geniet wat hulle tieners bereik. Dit stel my gerus om te weet dat daar moeite gedoen word om ons produk te bemark.

Niks met vandag se Nestlédag te doen nie, maar weet julle dat daar wêreldwyd ‘n tekort aan botter is? Al hoe meer mense gebruik nou botter in plaas van margarien, en ander volroomprodukte in plaas van laevetprodukte omdat hulle al hoe meer besef dat hulle om die bos gelei is en dat dierevette nie nadelig is vir jou nie, maar werklik goed. Dit bring ‘n tekort aan room, oftewel bottervet. Ek het nou die dag ‘n foto geneem van die botterrakke in Checkers. Gewoonlik was dit stampvol, nou lyk dit so:

Mense, julle moet suiwel inneem. Drie porsies per dag. Julle het dit nodig vir beendigtheid. Dis eintlik so maklik!

O, ook interessant is dat die drie kusprovinsies, nl die Oos-Kaap, Natal en die Wes-Kaap 75% van die melk in die land produseer.

Groetnis

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Finesse: Elke vasgeleentheid is uniek

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

“Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, kliek op die volgende InLinkz skakel:

 

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke.

Nuwe onderwerpe word aangekondig elke Donderdag om 12:00 en sluit outomaties na een week.”

17 thoughts on “Dis paddas en eiers en melk en al derglike dinge

  1. Dankie vir die skakel met die paddas en die eiers en so aan. Ja, daar sal nou tekorte wees aan suiwelprodukte, want in die “low fat” jare moes baie produsente deure toemaak. So gaan dit mos maar wanneer die sogenaamde eksperts se sogenaamde studies nie behoorlik gedoen word nie.

    Liked by 1 person

          1. Ons het al. Dalk moet ek weer begin, want hier is nou ‘n varsmelk depot naby ons. Ons was die laaste drie jaar te diep in die bos om ons melk vars aan te koop en my mense het nou gewoond geraak aan boksie-melk. Ja, definitief ‘n goeie idee Toortsie.

            Liked by 1 person

  2. Botter weg? Is dit eg?
    Al die Banters wat ons terg?

    Ooh en hierdie paddas… en die eiers en en seker sal daar erens vere en voels ook wees… sal moet wag en sien.

    Ek moet nog leer hoe om deel te neem.

    Like

Gesels saam, asseblief!