Hester het die eerste uitdaging geplaas en ek is baie opgewonde! Ons moet skryf oor een of ander idioom in Afrikaans wat dalk in onbruik geraak het, en sommer ook vertel waar dit vandaan kom. Omdat paddatjies so ‘n groot rol in hierdie hele reeks gaan speel, het ek dit goed gedink om na padda-idiome te kyk.
Ou paddatjie kom aangespring, kwaak, kwaak, kwaak, kwaak, kwaak!

Die eerste een lyk so: Van ‘n paddda vere probeer pluk, en dit beteken om die onmoontlike te verwag.
Maroela Media sê dat die idioom, So waar soos ‘n padda manel dra uit Nederland kom. In die ou dae het die ouderlinge mos manelle gedra, my pa het ook so ‘n manelpak gehad wat gehou is vir wanneer hy op die kerkraad gedien het. My een seun het by sy matriekafskeid ook ‘n manelpak aangehad en het tog te netjies gelyk! Die oorspronklike uitdrukking was ‘so waar as wat kerkvors manel dra’. Die Afrikaanssprekendes het dit verander nas so waar as wat kikvors manel dra, en sover ek weet, is ‘n kikvors ‘n padda. Nou ja, so waar as wat padda manel dra, beteken dis baie seker.
Om ‘n padda in die keel te hê, beteken dat jy hees is, of ‘n krapperigheid in die keel het. Dis dan wat jy effens keel skoonmaak sodat die padda kan verdwyn. Maroela skryf dat hulle blykbaar in Engeland geglo het dat jy nie staande water moes drink nie omdat jy dan padda-eiers sou insluk in die proses. Ons glo dit natuurlik nog steeds dat jy nie staande water moet drink nie. Al manier wat hierdie paddas wat in jou maag uitbroei, sou uitkom, was deur die keel! Genade! En, skryf Maroela, dat keelinfeksies in die Middeleeue met ‘n lewendige padda behandel was wat in die keel gesit is! Sjoe, hoe dankbaar is ek nou dat ons nie meer in die Middeleeue leef nie!
Louis Malherbe het gepraat van ‘n padda in die pyp wat jou gekniehalter het as jy iets of iemand nie kon vergewe nie.
As jy dikmond is, lyk jy soos ‘n opgeblaasde padda, en om so skurf soos ‘n padda te wees, is ook nie eintlik ‘n kompliment nie. Is jy met jou mond so skurf soos ‘n padda, of is dit jou lyf wat so skurf is?
Hoor hierdie interessante een: ‘n Stomp mes word ‘n paddaslagter genoem, omdat dit die enigste ding is wat ‘n stomp mes sal kan sny. (Ek dink in my laai lê ‘n hele klomp van hulle!
Ondersteun hierdie inisiatief van Hester en gaan skryf jou idioom in Afrikaans en laat hierdeur Afrikaans blom!
Groetnis
Toortsie
Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page
Toortsie se Facebook page
Finesse Blogger of the week
Toortsie by Finesse: Elke vasgeleentheid is uniek
Toortsie by Pinterest
Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap
“Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, kliek op die volgende InLinkz skakel:
Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke.
Nuwe onderwerpe word aangekondig elke Donderdag om 12:00 en sluit outomaties na een week.”
Ek is te jonk om sulke goed te doen.
LikeLike
Watse goed? Eiers lê? 🙂
LikeLike
Dit en om vergete idiome te ken.
LikeLike
Ek het ‘n oom, sy naam is Google. 🙂
LikeLike
Daai oom haal al die pret uit!
LikeLiked by 1 person
Hy het my dan so mooi gehelp. 😁
LikeLike
Toortsie! Ek het nou so gelag. Dis ‘n fantastiese inskrywing – so reg in die kol met die kikvorse, hulle eiers, vere, manelpakke en so aan (nee dankie vir die stilstaande water of die medisinale gebruik van lewendige paddas). Dankie vir die deelname en ek hou nou InLinkz dop om te sien wanneer jou skakel deurkom.
LikeLike
Dankie! Jy het my heeltemal op hol met al die paddas en gedoentes. Ek hoop teen volgende week sal ek op ‘n nuwe stasie wees! Dankie vir jou gelag, ek hou daarvan!
LikeLiked by 1 person
En daar is jou skakel! Ek sien Lekkervurigeaffêre het ook gearriveer. Great stuffies, soos my kinders altyd sê. My tone krul van lekkerkry. Hoe lyk die InLinkz bladsy vir jou? Die “thumbnails” bly daar met die skakels selfs nadat die uitdaging gesluit het. Lekker blootstelling vir almal wat daar rondloop.
LikeLike
Ek het nou baie geleer! Jou aanwysings is perfek, ek het dit stap vir stap gevolg.
LikeLiked by 1 person
😀 Dankie man
LikeLike
Ek gaan nou voorbarig wees en die vorige inskrywing waar ek hiernq verwys, ook by inlinks opsit.
LikeLiked by 1 person
Dis heeltemal in die haak Toortsie. Jy kan ook die padda-paragraaf net onderaan daai blog gaan plak, (wysig, dan update – jammer oor Engels), dan is dit ook nog sommer ‘n skakel wat deurgaan.
LikeLiked by 1 person
Ongelukkig het die verlore geraal tydens verhuising, maar ons het sulke dik, groen mediese boeke geërf. Dit het dateer seker uit die dertigjare, te oordeel aan die baie ou Afrikaans. Dit is deur ‘n mediese dokter geskryf.
As iemand baie gehik het, moes hy hoendervere rook, weliswaar darem nie van paddas afkomstig nie.
Hy het egter aangevoer dat hy self gesien het hoe ‘n padda van ‘n soort borskanker uit ‘n vrou se bors gesuig het. Platanna, brulpadda: ek kan nie onthou nie.
Sowaar as padda manel dra. Kan jy nou meer!
LikeLike
Genade! Daai padda moes DIEP DELF! 🙂
LikeLiked by 1 person
🙂
LikeLike
Dis so ń oulike inskrywing, Toortsie!!! Ek gaan probeer deelneem, maar goeiste, met die trekkery vat ek skaars grond!
LikeLiked by 1 person
Ai sterkte. Trek maar eers gou klaar! Ek kan nie nou op blogs speel nie, gedruk vir tyd, maar dan werk jou verstand mos oortyd en ek was so bang iemand anders kies my padda-idee!
LikeLiked by 1 person
Hoe op aarde kon hulle ‘n padda in jou keel sit!!!! Sowaar as wat padda ‘n manel dra…. ek sou dit nooit toegelaat het nie. Lekker inskrywing!!
LikeLiked by 1 person
Ek sou ook nie! 😳
LikeLiked by 1 person
‘n Dikbekpersoon blaas hom op soos ‘n brulpadda, ons swem met paddavoete. Is hy prins of padda? Dis nou nie eintlik die erkende idiome nie, maar dis wel spreektaal waarin paddas gebruik word – en dan eet die Franse nog paddaboudjies ook.
LikeLike
Ag, maar jy is oulik!
LikeLike
Watter idioom gaan jy gebruik? Jy gaan ook mos skryf, of hoe?
LikeLike
Die padda stories is beslis goeie voorbeelde van mooi idiome. Ek onthou meeste van hulle. Pragtig man, ek het ook lekker gelag oor die padda mannewalise.
LikeLiked by 1 person
Dankie
LikeLiked by 1 person
As daar paddaslagters in jou laai le sal jy jou padda resepte in jou banting boeke moet in sluit
LikeLiked by 1 person
Ek beplan boe 4 as ‘n paddaboek!
LikeLike
Lyk my Hester roer alweer die pot – met ‘n langsteel houtlepel!! 😉
LikeLike
Omtrent!
LikeLike
Ek sal netnou daar by haar gaan inloer… maar, ons is nou al lank uoit SA. Ek wonder, bestaan die ou gesegda “vasbyt, mindae kom van self” nog?
Ons het dit altyd gesê in die bos, om onself ‘n bietjie aan te moedig dat ons wel eendag huistoe sou gaan! 😉
LikeLike
Ek is seker jy kan daaroor skryf. 😁
LikeLiked by 1 person