Dit gaan alles oor keuses

Eintlik bepaal ek ‘n groot deel van my lewe deur my keuses. Goed, daar gebeur dinge met my wat ek nie kan beheer nie, ek beland in slegte situasies waarvoor ek nie gevra het nie, tog bepaal my eie gesindheid, my eie keuses, hoe ek daarop gaan reageer.

Dit gebeur selfs met ‘n kleine kindjie wat sy handjie uitsteek na iets wat hy nie moet vat nie. Sy mamma sê nee, en hy KIES of hy haar gaan gehoorsaam, of nie.

Ek kies of ek my kind gaan ‘n pak slae gee of net mooi met hom praat, of selfs sy verkeerde optrede gaan ignoreer. Ek kies of ek my bed in die oggend gaan opmaak of nie. Ek kies of ek van alles in die lewe ‘n ‘issue’ gaan maak en of ek eerder gaan leef en laat leef.

Ek kies of ek die padreëls gaan gehoorsaam en of ek soms te vinnig of oor ‘n stopstraat gaan ry. Dit is ook my keuse of ek al die ander padgebruikers om my se lewe in gevaar gaan stel deur op ‘n sperstreep teen ‘n blinde hoogte ‘n ander voertuig verby steek.

Ek kies of ek vieslike, pornografiese video’s wat ‘toevallig’ op my rekenaar of foon beland, gaan oopmaak en kyk en dis ook mý keuse om dit uit te vee voor ek dit nog oopgemaak het. Verder kies ek of ek net so siek gaan wees soos die persoon wat dit in die eerste plek vir my gestuur het en dit gaan aanstuur vir die volgende persoon.

Ek kies of ek my taal gaan koester en of ek dit met allerhande anderstalige woorde, anglisismes en vuil taal gaan besoedel. Ek kies ook of ek as ‘n vuilbek bekend wil staan al dan nie.

Dis my keuse hoe ek my tyd en geld spandeer. Gaan ek mooi werk daarmee, of gaan ek roekeloos daarmee werk, onnodig skuld maak, dit spandeer op dinge wat ek nie regtig kan bekostig nie en wanneer die nood druk, ander in die oë kyk en op hulle gevoel speel om my te help.

Netso kies ek om na my gesondheid om te sien, oefening te kry soos nodig en om my liggaam op te pas. Ek kies of ek die dokter se raad gaan volg of eerder my eie kop en goed waarvoor ek allergies is, gaan inneem.

Ek kies of ek Jesus gaan volg of nie.

Die Toortsie het self ‘n paar keusetjies om nog te maak.

Groetnis

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Nie meer ‘n slaaf van vrees nie. 

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

25 thoughts on “Dit gaan alles oor keuses

  1. Keuses. Ek moes self gister ñ keuse uitoefen. Bly ek woedend seergemaak vir my manlief, of sit ek dit agter my. Daarom my ‘uithaak’ blok van vandag. My keuse gemaak. En dit is goed. Nie lekker nie, maar goed.xxx

    Like

    1. En toe KIES ek ook sommer nou. Ek kan niemand anders se Heilige Gees wees nie. Ek gaan nou vir my ook ‘n rooietjie soek en in gemeensaamheid met jou hom geniet! Sommer nou! Nou. Nou dadelik.

      Liked by 1 person

  2. Vanaf die Paradys was die mense voor keuses gestel; meesal kies mense verkeerd. “Dit voel reg vir my” is een verkeerde oplossing, net soos wat “gut feel” gewoonlik 180 grade staan teenoor die inspraak van die Heilige Gees. Ja, praktiese keuses elke dag speel ‘n groter rol as wat ons dink! Ongelukkig kies ons soms verkeerd en benadeel dit ander, raak selfs hulle lewens of gesinne. ‘n Koning het verkeerd gekies, 500 jaar later moes Esther en Mordegai die Israelite red! Dink aan die swaakry wat ‘n hele nasie moes verduur het omdat iemand een oomblik te sag was om standpunt in te neem. Ons moet ander se geluk in ag neem wanneer ons keuses maak. Ek kan ‘n tesis met baie gevallestudies oor hierdie onderwerp skryf.

    Liked by 1 person

  3. Nou wonder ek nou net oor een ding… hoe is dit dat ek met sekere dinge sommer netso die (hopelik regte) keuse maak én boonop daarby hou en met ander goed die spreekwoordelike blinde sweep my soms eers moet beetkry en ek dan steeds (veral in my kop) al skoppend en skreeuend sukkel om te besluit en nog meer om deur te druk, as ek uiteindelik tot ‘n keuse / besluit gekom het?

    Like

  4. Nee, daai is so voor die hand liggend reg! Ek’s tevrede met daai antwoord… ek moet leer dat ‘wag’ ook (indien nie soms meer) toewyding en inspanning verg, as ‘doen’ 😉

    Like

  5. Ek haal eers diep asem voordat ek saamstem. Soveel verkeerde keuses in my lewe gemaak maar dankie tog vir daardie dag waarop ek “ja” gesê het vir Jesus. Elke dag staan ons voor keuses waarvan die moeilikste seker vir my is “Let go and let God.”

    Like

Gesels saam, asseblief!