Hamburgerpartytjie

Ons was genooi na ‘n ‘Streetwise’ partytjie waar melkskommels, hamburgers en tjips en roomys (cones) bedien was. Eintlik was dit roomysskommels en ek dink dit moes heerlik wees.

Ek is al met die uitnodiging gewaarsku dat ek my Banting by die huis moes los, maar ek het myself ‘n bietjie vooraf voorberei.

Die lekker was dat al die verskillende elemente vir die burgers apart bedien was en elkeen sy eie burger kon saamstel. Daar was natuurlik broodrolletjies, hoe dan anders, gebraaide patties, tamatie, kaas, camerbert kaas, gebraaide uie, peppadews en nog waaraan ek nie nou kan dink nie.

Ek moet bieg dat ek my die middag ‘n bietjie vergryp het aan die heerlikste verjaardagkoek en sekerlik die gevolge daarvan gaan dra, maar ek wil eintlik vertel van my burgerbord.

Daar was heeltemal genoeg kos en verskeidheid dat ek my burger kon pak sonder die stysel. Dis iets wat ek nou al soveel keer gedoen het, ek het dit eintlik vooraf geweet, maar ek wou nie die gasvrou onnodig ontstel vooraf nie.

Ons dink so maklik dat ons nie genoeg gaan kry sonder die broodjie en die tjippies nie, maar dis heeltemal onnodig, die res van die kos is vullend genoeg, en sou ek nog honger wees, was daar ‘n paar ekstra patties om te eet.

So, liewe Banters, selfs by ‘n hamburgerpartytjie is dit moontlik om saam te eet sonder om die appelkar om te gooi en dit net so baie soos die ander te geniet. En sou jy in ‘n restaurant ‘n burger wou bestel, vra sommer by voorbaat dat hulle die broodjie en tjippies en wat nog alles sommer in die kombuis los en vir jou heerlike slaai in die plek daarvan bysit. Sommige restaurante is selfs bereid om ‘n ekstra pattie in die plek van die stysel te gee, dis altyd die moeite werd om te vra!

Lekker Bant. Ek kyk steeds nie terug nie en dis alreeds 18 kg verder en 2 jaar en 9 maande later. Die 3 jaar uitdaging is amper om!

Groetnis

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Nie meer ‘n slaaf van vrees nie. 

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Banting, LCHF, Kosdinge, Verslanking and tagged . Bookmark the permalink.

3 Responses to Hamburgerpartytjie

  1. Ek hou niks van hamburgers nie,maar ons het ‘n eetplekkie hier naby,wat heerlike tuisgemaakte patties bedien.Ek bestel dit dan saam met slaai en avokadopeer,sonder broodrolletjie.Jy is heeltemal reg dat mens tog gesonde keuses kan maak.

    Liked by 1 person

  2. dromer777 sê:

    Ek is gek na hamburgers en eet hom ook sonder brood met groente

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s