Nou se kwaad is nie regtig nou se kwaad nie

Ons het mos al baie keer gepraat daaroor hoeveel keer herinneringe van gebeure van lank gelede net skielik in jou brein inspring, uit die bloute en jy kan nie altyd dink wáár dit vandaan kom nie.


Die menslike brein is darem ‘n wonderlike ding. Alles wat met jou gebeur, word gestoor. Jy mag dalk dink dat jy iets vergeet het, agter jou gesit het, maar die brein stoor dit, sodat, sou jy weer in ‘n soortgelyke situasie kom, hy ‘n verwysingsraamwerk het.

Iemand het jou dalk al kleintyd baie seer gemaak en jy was baie kwaad en het die persoon nie regtig heeltemal vergewe nie. Intussen het ‘n paar amper soortgelyke dinge gebeur wat dieselfde gevoel by jou wakker gemaak het, ook dinge wat jy nie heeltemal vergewe het nie.

Al daardie gebeurtenisse en die emosie wat daarmee saamgegaan het, het jou brein iewers gestoor!

En vandag, heeltemal onskuldig, doen iemand dalk vir jou iets wat jou op een of ander duister manier dieselfde emosie laat ontlok, en jy is kwaad. Woedend. Woedend verby! En hierdie persoon is die skuim van die aarde.

Die waarheid is egter dat dit die woede en onvergifnis en baie dinge is wat bietjies-bietjies oor jare opgebou het en in ‘n tydbom ontwikkel het en net gewag het vir die regte vlammetjie om dit heeltemal te laat ontplof!

Ek leer so baie uit Taste Life.

Die ding is, dis nodig om te gaan dink hoekom jy regtig so kwaad is. Want as jy eerlik daaroor begin dink sal jy dalk agterkom dat hierdie nou eintlik ‘n kleinigheid is, maar dat daar ‘n groot wolf met slagtande agter dit skuil en dis by daardie wolf wat jy moet uitkom.

Daardie ou wolf uit die verlede, want as jy by hom uitkom en dalk met jou meer volwasse perspektief daarna kyk; as jy daardie óú seer vir die Here gee en Hy Sy lig daarop laat skyn, kry jy Waarheid wat vir jou nuwe perspektief sal gee. Daardeur kan jy dan ‘n reeks gebeure verwerk en sal jy sien dat die huidige situasie dalk nie naastenby so erg is soos jy gedink het nie.

Ek het dit vanjaar al ‘n paar keer toegepas met verrassende en bevrydende gevolge. Ek kon saam met iemand tee drink met wie ek vir meer as 12 jaar vermy het en ons kon gesels soos van ouds. Die mooiste was dat ek goed en lekker gevoel het daarná met die besef: Die ou dinge het verby gegaan, die nuwes het gekom omdat Jesus my bevry het van ‘n leuengedagte, ‘n onvergewensgesindheid. 

Mag God jou ook bevry van laste en bagasie wat jy al vir soveel jare met jou saamdra. Gee dit vir Hom, Hy wil jou só graag help!

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Nie meer ‘n slaaf van vrees nie. 

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Boeke en flieks, Geleefde Christenskap, Motivering en Bemoediging and tagged , . Bookmark the permalink.

10 Responses to Nou se kwaad is nie regtig nou se kwaad nie

  1. Sal moet die boek aamskaf.
    Jy laat my peins Toortsie. Jou post gister en vandag s’n vat iets vir my saam in my binnekant. Sal daaroor blog.

    Like

    • Toortsie sê:

      Ek dink die boek is eintlik geskryf vir mense wat gebedsberading doen, vir die terapeute of fasiliteerders of wat hulle ook al genoem word.
      Tog dink ek dat dit vir enige mens goed sal wees, jy leer om jouself en ander beter te verstaan.
      en om jou pyn beter te verstaan.
      Dit sal nie kwaad doen nie.

      Like

  2. Aspaai sê:

    Dankie dat jy hierdie waarheid en insig met ons gedeel het. Dit is asof ek juis die pos moes lees en daaruit leer. xxx

    Liked by 1 person

  3. Dis seker maar die ouderdom maar ek is erg gematig in die laaste tyd.

    Liked by 1 person

  4. Terug pieng: Magteloosheid – Trommeltjie

  5. auwh… lief die mooi skrywe x

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s