God beskerm nie net nie

Vir só lank al konsentreer ek daarop, bid ek daarvoor, dat God my vreesloos moet maak om Sy Woord te verkondig, selfs al is daar dalk die gevaar van verwerping, vervolging, wat ook al. Ek konsentreer daarop dat God my moet versterk sodat, sou ek OOIT voor ‘n keuse vir of teen Hom te staan kom, ek Hom sal kies. Vreesloos.

Veral verlede jaar het Hy my keer op keer gewys: Hy beskerm my. Ek moet doen wat ek moet doen, selfs al is dit baie moeilik, Hy sal my beskerm. Ek hoef nie die Midianiete en Fariseërs en wie nog almal te vrees nie, Hy sal my beskerm.

Beskerm, beskerm, beskerm.

Tot ek iets raaklees wat ek tog eintlik weet, maar iewers ver weggebêre het: God vertroos! Natuurlik vertroos God. Hy wíl ons graag vertroos. Hy wil graag hê dat ons oor ons pyn en ons hartseer wat ons lewe so kan versuur, moet kom. Hy vertroos!

Francois Mostert skryf in Taste Life dat ons nie net vir God met die dinge wat ons pla, dinge wat ons reggemaak wil hê in ons lewe, dinge wat ons graag wil uitsorteer of antwoorde nodig het, kan vertrou nie, ons kan Hom ook vertrou om ons te vertroos. Ons kan met ons diepste pyn na Hom gaan en in plaas van net vir beskerming of antwoorde, vir Hom vra om ons te troos!

Daar is dinge wat ek al verwerk het in my lewe, ek het al geleer om dit te aanvaar, tog, as ek daaraan dink, is die pyn steeds daar. Hoe wonderlik dat ek nou, in plaas van beskerming, kan bid: “Here, vertroos my. Maak die seer nie net gesond nie, maar vertroos ook. Laat my in U vertroostende arms sit, nie net beskermende arms wat my teen gevare beskerm nie, maar vertroostende arms wat my gees en siel gesond sal maak.”

En dís my boodskap vandag vir elkeen wat hier lees: God vertroos! Vra Hom om jou te help om die dinge reg te maak in jou lewe, vra Hom om jou te beskerm, vra Hom om jou op die regte pad te help, maar vra Hom ook om vir jou te vertroos. Hy sal jou graag help om ‘n nuwe nuut te skep, Hy sal jou graag help om die ou dinge agter jou te sit, maar Hy wil jou net so graag vertroos in jou hartseer.

Mooi loop!

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Om te pendel saam met jou man

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

7 thoughts on “God beskerm nie net nie

  1. Toortsie dis so mooi en vertroostende boodskap. Die laaste paar maande was baie erg en stresvol vir my. Ek wou soms net in ‘n hoekie sit en huil. En dan is die belangrikste om vertroos te word. Baie dankie

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!