Toortsie raak behamerd

Behamerd? Ja, behamerd! Dis ‘n vreeslike ding!

Toortsie het haar ‘tool’ gevind en nou is dit vir jou ‘n storie, hoor!

My pa, wat al amper 20 jaar gelede dood is, het vir my hierdie handige stukkie gereedskap gegee.

Hy het nogaks ‘n naam ook! 😁 Hilti. Ken jy hom?

Ek het totaal van hom vergeet en ontdek hom weer met die inpakkery. As jy een het, sal jy ook weet, dis ‘n handige iets om te hê.

Met hom kan jy kap, kap, kap, terwyl jou vingers veilig bly. Sy spykertjies lyk so:


Jy druk die stomp kantjie voor by sy bekkie in, hou hom teen die muur, kap met die hamer en whala, daar sit die spyker in die muur sonder dat Kosie Kramer sy duimpie raakkap.

Ken hy daai gediggie? Dis een van baie min gediggies wat ek ooit geken het, ek het mos musiek gehad in die gediggieperiode.

Kosie Kramer vat die hamer, slaan die spyker op sy kop. Val die hamer, Kosie Kramer het sy duimpie raakgekap! 

As die spyker op sy plek is, kap jy net ‘n wit doppie oor en dan kan jy maar jou prent hang.

So, Toortsie loop met haar rooi tooltjie in die een hand en die hamer in die ander, en al wat jy hoor, is kap, kap, kap! Totaal behamerd!


Party sit te hoog, ander te laag, soms is ‘n tweede spyker nodig, maar Toortsie kom mooi reg en werk nie heeltyd op die pappa se senuwees dat hy moet kom prente opgang nie! Sien, die Hilti is selfs goed vir die huwelik ook! 😊 With a little bit, with a little bit, with a little bit of blooming luck!

Mooi loop!

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Moenie vir jou onderbewussyn jok nie.

Toortsie by Pinterest

28 thoughts on “Toortsie raak behamerd

        1. Jy moet kyk hoe die vierkante aanmekaar gewerk word. Slegs die voorkante het die punte bo. Die ander twee se sye is bo. Die twee oor die skouers. Dan is dit ‘n groot gat. Ek het die oatroon gevolg, dink ek het dalk ‘n ekstra ry gehekel.
          Bekyk die prentjie goed dan sal jy sien wat ek bedoel met die blokke se vaswerk.
          Vou twee blokke dubbeld vir die skouergedeelte en sit dit op die bed neer. Dan pas die ander tussenin.

          Like

        1. Lekker maak ek my naam krater. Hilti is ‘n groot tool vervaardiger. Ek sien elektriese sae ens. Ek weet nie wat ‘n mens daai kapdingetjie noem nie. Maar gaan loer getus by julle koöperasie, jy gaan dalk verbaas wees!

          Like

          1. Haha, ek is eerder die krater! Gedink die kapdingetjie is ‘n hilti! Gelukkig ken ek die outjie by die koöperasie, sal vir hom vra vir die “kapdingetjie”. 😁

            Like

            1. Ja die kapdingetjie ís ‘n Hilti. Jy is geen krater. Dis ék wat dog dis ál Hilti wat mens kry. Sê togcwel vir die outjie Hilti. Winder of dit nie nou al ‘n ander vervaardiger het nie? Wys vir hom die foto!

              Like

Gesels saam, asseblief!