Meer vet beteken nie olierig nie

Baie mense dink dat as ‘n mens sê Banting is ‘n hoë vet dieet, dat kos vetterig is en gril dan.

Eers kon ek nie besef hoekom hulle gril nie, want my hoër vet kosse is nie vetterig nie. Dis wel ryk, iets wat ek nie meer agterkom nie, maar as iemand wat dit nie gewoond is nie, by my eet, sal hul dit opmerk.

Maar ryk is nie vettetig nie. Ryk is vullend en heerlik en smaakvol. Bevredigend.

Ek besef nou waaroor dit gaan. Ek het in ‘n kettingrestaurant met ‘n baie bekende naam die koolhidraatbewuste ontbyt geëet. Twee stukke spek, twee eiers waarop die olie in dammetjies lê, ‘n gaargemaakte tamatie (hoe gril ek nou) en sulke swart, smaaklose sampioene. Sjoe! Hoe ondankbaar klink ek nou, terwyl daar soveel honger mense in ons land is. Vergewe my asseblief!

Maar hierdie bloginskrywing gaan juis oor vetterig en olierig en dat Banting ‘n hoë vetdieet is wat beslis NIE vetterig en olierig beteken nie. Regtig nie!

Ek besef dit al hoe meer: Die gewone olies waarin ons ons kosse gaarmaak, maak kos olierig. Vetterig. Ek het wel geen kennis van olyfolie en klapperolie nie, ek praat van die graan- en groente-olies wat vrylik in die handel beskikbaar is.

Dit het my net weer laat besef: Botter verbeter die smaak van enige produk. Botter maak nie kos olierig en vetterig nie. Selfs al gooi jy die ekstra botter wat oorbly in die pan oor jou eiers, sal dit die smaak slegs verbeter, sal dit nie vetterig wees nie.

Ek weet steeds nie hoe hulle die sampioene so swart en smaakloos kry nie, maar sampioene wat in botter gaargemaak is, met ‘n bietjie geurmiddel oor, is héérlik. So lekker dat een pakkie sampioene net genoeg is vir 2 mense!

En spek hoef regtig nie in olie gaargemaak te word nie. Eerstens het spek genoeg van sy eie vet om in te braai, maar weet julle dat olie spek taai maak? Ek gooi soms botter by as ek uie saam met die spek braai. Weer eens, botter verbeter die smaak van letterlik alles!

So, liewe vriende, hoë vet beteken nié olierig of vetterig nie, maar wel geurig, smaakvol, verruklik, voedsaam. Onthou, daar is baie geur opgesluit in vet!

Onthou, dis jou eie verantwoordelikheid as jy ‘n LCHF leefstyl volg. Doen dit in samewerking met jou dokter.

LCHF is ryk en lekker!

If you are not sure what is inside the packet, remember to read the LABEL!

Groetnis

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Moenie vir jou onderbewussyn jok nie.

Toortsie by Pinterest

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Banting, LCHF, Kosdinge, Verslanking and tagged , . Bookmark the permalink.

6 Responses to Meer vet beteken nie olierig nie

  1. Beter kon ek dit nie se nie Toortsie. Ek raak al lam as mense die “te vet” relaas begin. Hulle verstaan Banting glad nie. My kos is ook nooit vetterig nie, ek hou nie van vetterig nie!!!!
    Bo alles is goeie olies goed vir jou, “full of goodness”.

    Liked by 1 person

  2. the Author sê:

    Akkoord! Waar kan mens dan oor kla as jy sulke vullende & smaakvolle kos MOET eet – spek, eiers, biltong ens.. My seun wat oorsee werk het nou die dag kom kuier – lekker gesmul en 6 kg verloor in die tydjie wat hy hier was. Daarin lê seker ook ‘n boodskap oor wat die verkeerde kosse alles aan mens doen. :- (

    Liked by 1 person

  3. nowathome sê:

    Ek stem saam!! Ek maak soms die spek in die oond gaar, dit word sommer so lekker bros!

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s