Outismemaand

Ek sien op Facebook dat dit outismemaand is en dan vra hulle dat jy die post moet share op jou FB. Ek is nie so goed met die gesharedery nie.

So hier is my bydrae tot outismemaand. Ek het ‘n nefie vir wie ek verskriklik lief is. ‘n Outistiese nefie. Hy is ook baie lief vir my. Ons verstaan mekaar.

Dis nie dat ons vreeslik met mekaar gesels nie, maar ons lyftaal wys vir mekaar dat ons lief is vir mekaar, en dat ons baie bly is om mekaar te sien.

Ek het nou die dag hom by die skool gaan besoek, sommer om sy wêreld te leer ken. Ek bewonder elke persoon in sy lewe vir dit wat hulle met hom doen, die liefde, die deursettingsvermoë. Ek wil ook die skool eer dat hulle bereid is om vir hom ‘n stukkie ruimte te gun sodat hy optimaal, volgens sy behoefte, kan ontwikkel.

Ek het twee bloginskrywings by Finesse gedoen oor hierdie onderwerp. Eintlik oor kinders in die geheel, maar spesifiek van my liewe nefie en die vordering wat ek soms tussen ons aanvoel. Ek kry soms die gevoel hy hou nie daarvan om my te deel nie, want sy klein boetie begin ook nou al my aandag vra.

  1.  Net ‘n bietjie oogkontak
  2. Wat ‘n beloning!

Lees dit gerus.

Groete

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Ek is nie ‘n minimalis nie.

Toortsie by Pinterest

Gesels saam, asseblief!