Die randpersoon

By ‘n leesklubbyeenkoms saam met Annelie Botes vra iemand vir haar hoekom sy juis outisme gekies het as tema vir Raaiselkind. Sy noem dat sy eintlik enige tema kon kies. Die storie gaan oor die randpersoon in die gemeenskap. Die een wat uitgestoot word. Die een wat deur die gemeenskap in die steek gelaat word.

Ons word in gemeenskappe uitgestoot oor baie dinge: Bankrotskap; My man is ‘n alkoholis; My vrou het ‘n dwelmprobleem; My kind is verstandelik gestremd; Vetsug; Ek het verlam geraak na ‘n ongeluk. Ag, noem maar op, ‘n mens kan baie maklik ‘n randfiguur raak.

Die gesin in die Raaiselkindverhaal is ‘n gelukkige gesin, alles gaan goed, totdat die outistiese seuntjie gebore word. Oor tyd verloor sy alles: Haar vriende en vriendinne; haar kerk; alles wat sy gedoen het wat lekker is; haar dogters; haar man. Almal in die gemeenskap weet van haar, maar niemand steek ‘n hand uit nie. Sy staan stokalleen, behalwe vir haar huishulp en een vriend.

Sy hou moed, probeer haar bes om kop bo water te hou, hanteer die aanslae wat na haar toe kom, verdedig en beskerm haar kind, knak soms, maar toe die tragedie kom, staan sy steeds stoksielalleen.

Ons as gemeenskap moet help, sê Annelie. Ons weet ons moet, maar doen ons? In plaas van ons rug op so ‘n persoon draai omdat ons nie die vreemde situasie kan hanteer nie, moet ons eerder onsself afvra: Wat kan ek doen om te help? Watter kleinigheidjie is daar wat ek kan maak om daardie persoon se las net vir ‘n oomblik ligter te maak.

Byvoorbeeld:

Bied aan om na die kind te kyk sodat die ma net vir ‘n rukkie iets kan doen wat sy graag wil doen, selfs al skree die kind daardie hele tyd blou moord. Bied aan om haar ander kind saam te neem as jy vir jou kind se sport ry. Neem ‘n lekker bak gaar kos vir die gesin, en in ‘n weggooibare bak sodat sy nie nodig het om die bak terug te stuur nie. Gaan haal haar emmer strykgoed en doen jy dit vir haar of kry iemand wat dit kan doen. Doen ‘n bietjie herstelwerkies aan die gesin se klere. Betaal vir haar vir ‘n haarsny. Dra finansieël by tot die spesiale skool. Gesels met die gestremde persoon, raak haar aan, moenie haar ignoreer nie.

Hierdie is maar net ‘n paar idees, ek is seker julle kan sommer nog baie idees gee en ek wil graag hê julle moet dit skryf in die kommentare, sodat ons ook kan leer by mekaar.

Is jy ‘n randpersoon? Hoe sal jy wil hê ons moet jou help? Kom ons probeer positiewe bydraes maak oor hoe ons kan help.

Mense in ‘n gemeenskap moet omsien na mekaar.

Groetnis

Toortsie

Toortsie by Finesse: Musiek in die Bybel

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

TPM Transformasie Gebedsbediening Bredasdorp en Riversdal Facebook Page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif

Radio Tygerberg resensie

Ek wil julle graag voorstel aan iemand baie besonders/ I want to introduce you to someone special

Kyk asseblief hierdie video. Like dit. Share dit. Ek weet julle sal! Hierdie vrou verdien hierdie prys!

For the English Readers, this video is to nominate Alta de Wet as Mom of the year. She is a wonderful mom and when she learned that her child has autism, she did everything she can to do the best for her own child, but also for the other children with autism in the community.

Bredasdorp is a town in the rural areas of the Western Cape in South Africa, with no facilities for autistic children. Alta started the DS de Wet School for Autism in Bredasdorp, with her son, Daniël as the first learner in this school. At this stage, there are already 15 children diagnosed with Autism in the near surroundings.

If Alta wins the price for the Mom of the year, the money will be used for this school. However, if you feel to donate money the school, in any case, it will be appreciated. Please share this video on Facebook, and please share this post as well so that the DS de Wet School for Autism can get as much attention and support as possible.

When an autistic child does something against the rules, it is not that he disobeys, but that he see and do things differently than other people.

Facebook Page: DS de Wet School for Autism

Webpage: Autism shool

Support the DS de Wet School for Autism in Bredasdorp, Western Cape, South Africa

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Finesse: Het julle al gehoor van ‘n vreugdevas?

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

 

Outismemaand

Ek sien op Facebook dat dit outismemaand is en dan vra hulle dat jy die post moet share op jou FB. Ek is nie so goed met die gesharedery nie.

So hier is my bydrae tot outismemaand. Ek het ‘n nefie vir wie ek verskriklik lief is. ‘n Outistiese nefie. Hy is ook baie lief vir my. Ons verstaan mekaar.

Dis nie dat ons vreeslik met mekaar gesels nie, maar ons lyftaal wys vir mekaar dat ons lief is vir mekaar, en dat ons baie bly is om mekaar te sien.

Ek het nou die dag hom by die skool gaan besoek, sommer om sy wêreld te leer ken. Ek bewonder elke persoon in sy lewe vir dit wat hulle met hom doen, die liefde, die deursettingsvermoë. Ek wil ook die skool eer dat hulle bereid is om vir hom ‘n stukkie ruimte te gun sodat hy optimaal, volgens sy behoefte, kan ontwikkel.

Ek het twee bloginskrywings by Finesse gedoen oor hierdie onderwerp. Eintlik oor kinders in die geheel, maar spesifiek van my liewe nefie en die vordering wat ek soms tussen ons aanvoel. Ek kry soms die gevoel hy hou nie daarvan om my te deel nie, want sy klein boetie begin ook nou al my aandag vra.

  1.  Net ‘n bietjie oogkontak
  2. Wat ‘n beloning!

Lees dit gerus.

Groete

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Ek is nie ‘n minimalis nie.

Toortsie by Pinterest

100 dae

My dogter vertel my van ‘n projek waar jy vir 100 dae elke dag ‘n foto moet neem van iets wat jou gelukkig gemaak het en dit op faceboek of twitter pos. Iewers moet jy registreer, wat ek natuurlik nie weet waar nie, sodat hulle jou ook kan volg. Sulke positiewe goed maak my altyd ekstra opgewonde, so al weet ek nou nie presies hoe die opstellers daarvan dit wil hê nie, gaan ek deelneem en ek nooi julle ook uit. Vir 100 dae, opeenvolgende of nie, skryf neer, neem ‘n kiekie, vertel dit op jou blog, sit dit op twitter, facebook of waar jy ook al wil, in jou badkamer teen die muur, net waar jy wil. Speel jy saam, of hoe? Dit kan NET ‘n positiewe uitkoms hê.

Gister was my DAG 1 en ek het baie lekker dinge om te rapporteer.

  1. Ek het by my ma gaan inloer en dit was ‘n goedvoel oomblik. Soms is daar maar krapperigheid, maar gister was regtig lekker.
  2. Ek het die middag gaan kuier by my kinders en kleinkinders en baie lekker met die 19 maande oue seuntjie gespeel, en die babatjie het vir my gelag. 🙂 Wat ‘n voorreg. Kinders is en bly wonderlik. Solank jy vir hulle beskikbaar is, sal hulle hulle alles vir jou gee. Dit het ek net gister weer gesien. Ouma moes net beskikbaar wees en ouboeta het ouma karnuffel, oor my geklim en geklouter. Die speelgoedboks wat vergete iewers gestaan het, het skielik ‘n SKAT geword toe ons net begin uitpak aan die goed. Die lekkerste ontdekkings is gemaak…
  3. My outistiese nefie wat in Augustus nie ‘n woord kon sê nie, die laaste tyd vir my Majy noem, het gister vir my TANNIE Majy genoem. Hy het ook “Saai die Waatlemoen” op sy manier gesing…. Sai amatemoen! 🙂 ELKE klein stukkie vordering voel soos ‘n MASSIEWE deurbraak! Ons is SO opgewonde en glo hy gaan ons nog op vele terreine verras.

DAG 2, dis nou vandag, het goed begin, so ek kan sommer solank sy lekkertes begin intik. Indien daar nog is wat ek wil noem, sal ek dit by die volgende dae intik. Die SKAAL het beweeg! 🙂 My pa het altyd gesê daardie eerste paar kilo’s wat jy verloor, is net maaggewig, en ek stem volmondig met hom saam, maar tog, as daai skaal roer, is dit tog te lekker! Ek weet ook ‘n mens moenie elke dag weeg nie, net een maal per week…. nou ja… ek oortree heeltmal! Persoonlik dink ek dat dit net VOG was wat ek verloor het toe ek skielik baie water begin drink het. Ongeag, dis lekker, positief, ‘n goeie begin. 🙂

Wat is vir jou lekker? Skryf daar op jou blog, toe! 100 dae van lekkerte.

Lekkerkrytoorts