Ongewone mense

Rigters 3:15: “… Ehud was links …”;  Rigters 4:4: “In daardie tyd was Debora, die vrou van Lappidot, die leier van die Israeliete.”;  Rigters 4:9: “… die Here sal Sisera aan ‘n vrou uitlewer.”;  Rigters 6:15: “Ekskuus Meneer, waarmee sal ek die Israeliete gaan red? Die familie waaraan ek behoort, is die armste in die hele Manasse, en van my pa se kinders het ek die minste aansien.”

Terwyl ek so deur Rigters lees, klop my hart net warmer en warmer. God gebruik gewone mense, ‘verkeerde’ mense.  Natuurlik gebruik Hy ook ‘regte’ mense, mense met aansien in die gemeenskap, rykes, goeie sprekers, MAAR Hy gebruik ook die linkshandiges (lekker glimlag ek nou!), VROUE (nog lekkerder glimlag ek nou!), mense wie se families dalk nie as die leiers van die gemeenskap gesien word nie.

En juis DIT laat my glimlag, want dit beteken Hy kan ELKEEN van ons gebruik! Dit maak nie saak of ons ryk of arm is, swart of wit, leier of volgeling, ‘n goeie spreker is of nie,  met of sonder foute!

Die dominee het my verlede week so vrygespreek, sonder dat hy dit eers besef het. Hy vertel dat Dawid ‘n vriend van God genoem was, dieselfde Dawid wat behoorlik opgeskroef het in sy lewe. Steeds kon God vir Dawid gebruik en hom Sy vriend noem, want selfs al het hy so baie groot foute gemaak, het hy elke keer berou gehad daaroor, het hy probeer regmaak. Is dit nie wonderlik nie? Ek maak ook so baie foute, en steeds wil God met my ‘n verhouding bou, is Hy lief vir my, wil Hy my gebruik in Sy koninkryk. Maar dis nie al nie! Hy wil nie net vir MY gebruik nie, Hy wil so graag vir JOU ook gebruik! Ongeag die verskriklike dinge wat jy al in jou lewe gemaak het, Hy wil jou so graag gebruik!

Die vraag is, wil jy? Wil jy dat God jou gebruik? Jy is goed genoeg! En as jy klein en onbelangrik voel, is jy steeds goed genoeg vir God se koninkryk en Sy werk. Wonderlik, is dit nie? Die geheim? Draai na Hom toe as jy nog nie het nie, sê vir Hom dat jy Hom graag wil volg, dat jy tot beskikking is vir wat Hy vir jou in gedagte het. Maak reg wat verkeerd is. Vra vergifnis.

Wat ‘n wonderlike gedagte! Ek EN JY is GOED GENOEG vir God se werk!

Mooi week!

Toortsie

Toortsie by Finesse: Google is ‘n dame

Toortsie se Faceboekpage

Toortsie se Bantingboerekos faceboekpage

Toortsie’s LCHF Journey

Finesse Blogger van die week. 

Toortsie se getuienis: Radio Tygerberg

2 thoughts on “Ongewone mense

Gesels saam, asseblief!