Hier woon ons

Scrapydo se toeka-tokkel: Tuisdorp

Tussen die mielielande het ek vas geglo dat ek eendag in die begraafplaas daar teen die bult begrawe sou word.  Die eerste graf in die begraafplaas was Ben, ‘n goeie vriend van ons s’n, en stelselmatig het die grafte meer geword, en dit het net reg gevoel dat ek saam met die vriende van ons tuisdorp tot stof sou vergaan.

Die lewe loop egter sy eie pad, en ons beland in die stad waar mense vreemdelinge vir mekaar bly.  Die huise om ons is groter, en mooier, die tuine kleiner maar goed versorgd, die mure hoër, en die karre deftiger.  Sou jy hier sonder ‘n motor sit, is jy gestrand – behalwe as jy kans sien vir steil bulte uitloop.  In ‘n kar is klein winkelsentrums naby genoeg om vinnig ‘n brood te gaan koop, en die groot winkelsentrum met sy Pick & Pay – vir die koop van maandelikse kruideniersware – is so drie kilometres van ons af.  Sonder om vêr te ry is daar oulike eetplekke oral om ons.  Van die teetuine is Rademeyers een van ons gunsteling plekke.  Daar loop bokke, Zebras, eende en dies meer vryelik rond.  Die groot nuwerwetse NG Kerk kon ons op ‘n stadium van ons dek af sien, maar nou is alles om ons te toegegroei vir vêr uitsig.

Daar speel nie kinders in die strate nie, en deur die dag is dit redelik stil; behalwe Donderdae wanneer die buurman agter ons se tuinhulp daar is.  Hy sing van vroegoggend tot laatmiddag uit volle bors in sy taal, en wanneer hy nie sing nie, praat hy met dieselfde bulderende stem op sy selfoon.  Dit verbaas my nie dat die tuinhulp so luid is nie, want alles in daardie erf is harder as normaalweg.  Wanneer die buurman buite is – wat gelukkig min gebeur – praat hy dat almal in die buurt hom kan hoor.  Hulle drie keffertjie honde blaf, en tjank harder as ander honde, en is ‘n irritasie vir almal om ons.  Die geblaas op daardie “ding” wat veronderstel is om honde stil te maak, getuig daarvan.  Wanneer hulle braai ruik ons nie net die vleis nie, maar kan net sowel deel van die geselskap uitmaak, want elke woord word gehoor.

Francois, ons buurman aan ons regterkant het ek in hierdie vyftien jaar eenkeer gesien. Dit was heel aan die begin toe ons net ingetrek het, en daar nog redelik oop erwe om ons was.  Hy het homself oor die muur aan my en Marlè bekend gestel, en ons toe gewaarsku dat ons maar versigtig moet wees want met die oop erwe, wat goed bebos was, kruip daar onheil weg wat lief is om in te breek.  Toe sê hy woorde wat my tot vandag toe bybly, en ek gereeld toepas;  “Ek bid elke aand vir beskerming, en vra God om engele op die hoeke van my erf te plaas.”

So ‘n paar weke gelede hoor ek en Ken Francois kerm, en besef dadelik dat hy in pyn verkeer.  Die eerste gedagte is natuurlik inbrekers; Ken gaan staan by die muur en roep of hulle hulp nodig het.  Vanuit die boonste verdieping gaan ‘n venster oop, en sy vrou antwoord dat Francois geval, en sy heup “gebreek” het; hulle wag vir die ambulans.  So van sy vrou gepraat dink ek tog dat ons redelik lawaaierig vir ander mense is – veral toe Jay met haar kinders ook hier gebly het.  Een kersfees kry Skoonseun, en Marlè ‘n kerskaart van hulle af waarin hulle almal seënwense toewens; hulle noem o.a vir oupa, en ouma  wat so lief is om Josh Groban se musiek te luister – intussen is dit skoonseun wat die musiek in sy studeerkamer speel – sowel as die vier kinders wat “Marco Polo” in die swembad speel.

Hier van vieruur die middag af raak die straat besig. Party dae sit ons die tv aan om te kyk wat gaan daar aan.  Ken noem dit “Reality Tv.”  Saam met die geblaf van die buurt se honde sien ons hoe mense bult op stap om taxies huis toe te neem.  As die karre begin verby gaan is dit nie lank nie of mense draf, of stap met hulle honde verby; wat die rottweilers natuurlik so opwerk, dat hulle mekaar partykeer gryp.  By donker is alles weer rustig, en tot buurman se tv word – tot my verbasing – nie gehoor nie.

Advertisements
This entry was posted in 'In opdrag...., Uncategorized. Bookmark the permalink.

17 Responses to Hier woon ons

  1. Snaaks dat in die stad het daardie noue verbande met bure vir my nooit bestaan nie, maar dis seker my eie skuld. Ek is van nature nie vreeslik sosiaal nie en na ‘n dag se werk het ek net nie lus gehad vir mense nie. Nou het ek nie bure om van te praat nie. Dit klink mooi en lekker daar waar julle bly en dalk moet julle die rumoerige buurman oornooi vir ‘n braai 😀

    Liked by 1 person

    • Kameel sê:

      Ai Hester ek dink nie my skoonseun sal die lawaaierige buurman vir ‘n braai wil nooi nie. Hy (skoonseun) is ‘n mense mens, maar ek dink hy is skrikkerig vir die buurman. 😆

      Liked by 1 person

  2. Klink soos die moderne stadsmens…ons bure woon al 27jaar langs ons en ek dink ons het nie meer as twintig sinne met hulle gepraat nie! Mooi geskryf…ek het lekker gelees.

    Liked by 1 person

  3. Klink na ‘n bedrywige spulletjie

    Liked by 1 person

  4. Toortsie sê:

    Deesdae is daar mos Uber in die stede. Het jy dit nog nie probeer nie?

    Like

  5. Klink my ook maar beknop daar by jou. Dis nou maar een ding van n stadslewe. My liewe buurvrou se TV maak my in middel van nag wakker as hy weer begin speel. Dis meestal so 2 uur in die oggend. Sy het ook n radio in elke kamer elkeen op n ander stasie.

    Like

    • Kameel sê:

      Ja, hulle bou mos deesdae sulke massirwe huise op ‘n erf, sodat daar min tuin oorbly. Daardie heeldag se radio sal my moeg maak. Ek is baie lief vir stilte…. en voëlgesang. Dit is redelik rustig hier…. dan hoor ek die fonteintjie hier by die agterdeur hardloop. Die voëltjies het ongelukkig min geword.

      Like

      • Ai die arme voëltjies kan ook nie meer met die gjaagde lewe kompeteer nie. My lekkerste tyd is ook as ek vroeg opstaan. Agterdeur oopmaak en ek hoor die Tui’s met mekaar gesels. Hul is gebied gebonde en haat dit as ander nader kom. Mens hoor hul op verskillende afstande. Hier is mos nie tortelduiwe nie. Ek mis daardie vroë gekoer. Maar wat, Tui’s moet mar hul plek volstaan. Hier is darem baie mossies en “black birds”

        Liked by 1 person

        • Kameel sê:

          Nie gedink daar is ‘n plek wat nie duiwe het nie. Dit is asof net die duiwe en Indian Minor’s oorgebly het….. o ja, en hier en daar ‘n vinkie wat die rooi blomblare van ons plant – lyk my net vir die lekkerte – sit en afbreek. Mooi dag vir jou.

          Liked by 1 person

  6. Ek het lekker gelees en ‘n prentjie gevorm in my kop van hoe dit daar lyk en soms stil is en ander tye besig.

    Like

  7. Terug pieng: Toeka-Tokkel no 7: Groente – I scrap 2

  8. Olga sê:

    olga en haar boe – boes. Toe gaan antw ek op jou skrywe, maar by Toortsie. So ek paste dit nou maar vir jou ook.

    Ons is so geneig om maar te aanvaar dat ons tuis is ne, dan praat en lag ons. Ek trap deesdae bietjie meer in myspore. veral nadat ek so week of wat terug gese het ek gaan gou stort en die buurman geroep het, “Buurvrou, ek is nou daar om jou rug te was.” ek wonder nogal of hy weet ek kon hom hoor. 😆

    Liked by 1 person

    • Kameel sê:

      Ai Olga 😆 die buurman het dit darem nog nooit vir my gesê nie!!! Net een aand toe hulle ‘n partytjie vir sy ma gereël het, het ek na die toespraak sit en luister…. toe sê hy so ewe aan die einde die mense moet hulself geniet en kan maar raas…. die ou oom en tannie hier langsaan sal nie omgee nie 😦

      Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s